Bloggerol! Of nie? Moet werkgewer blogs stop?

Komaan bloggers, los bietjie jul komments op die volgende vrae asb:

  1. Kan julle vuisboek/blogging wikis doen van die werk af?
  2. Dink julle, werke/organisasie behoort internet toegang tot blogs/wikis/vuisboek te stop, of dalk beheer?
  3. Dink julle vuisboek/blogging wikis lewer ‘n bydrae tot jul organisasie se “kennisbestuur”?  M.a.w. is daar waarde daarin vir ‘n organisasie om hul werknemers dit te laat doen?
  4. en laastens; omtrent hoeveel uur / dag spandeer julle (in werk tyd natuurlik) aan vuisboek/blogging/wikis?
  5. Is jy ‘n blogger of ‘n bestuurder?

Dankie!  Groot dankie!  

As jul gewonder het, ek moet nou daardie “policy” skryf en besluit.

19 responses to “Bloggerol! Of nie? Moet werkgewer blogs stop?

  1. 1. Vuisboek van 17h00 – 08h00, res van die dag geblok.
    Blogging… jip
    2. Beheer (Mmm, ek dink ons word klaar op vuisboek beheer 🙂 )
    3. Ek sou nie sê dit lewer ‘n bydrae to “kennisbestuur” nie. Waarde, beslis, mens moet darem iets in jou tee en lunch tye kan doen 🙂
    4. Mmm, het nog nooit getel nie, seker hier by die 1 uur of WAT rond.
    5. Sjoe…

    Sjoe, dink mooi voor jy daardie “policy” skryf hoor!

    Like

  2. Ek het facebook nodig om kommunikasie by mense uit te kry…so dis deel van my werk, yay! Maar ek kan obviously nie heeldag daarop boer nie. Ek sit ook nie heeldag in die kantoor nie.

    Like

  3. 1. Volle toegang 24/7
    2. Ongelukkig ja. In ‘n ideale wêreld sal werknemers genoeg integriteit hê om Blogging/ Bakkiesboek/ Wiki te beperk tot etensuur en teetye, maar in praktyk werk dit ongelukkig nie so nie. Om dit totaal te stop is dalk teenproduktief, maar beheer definitief. Op die manier kan misbruik identifiseer en aangespreek word sonder om matige/verantwoordelike gebruik in te perk.
    3. Kennisbestuur nee. Maar weereens, indien daar genoegsame mate van integriteit bestaan by die werknemers kan toegang tot sosiale netwerke gedurende kantoorure bydrae tot algemene harmonie in die werkplek
    4. Gemiddeld 1 uur tydens, maar 2 – 3 voor/na gewone ure
    5. Beide

    Like

  4. 1. Yip
    2. Ek sal nie ‘n probleem hê met beheer as dit misbruik word nie, maar as die werk op datum is en die workers is happy…. baie beter werksomgewing.
    3. Dit gaan oor integriteit. Verwys na punt 2. Ek sou nou nie sê Kennisbestuur nie, maar wel happy workers.
    4. Bitter min in ‘n gewone werksdag, miskien uur. Maar dan kan dae opdaag – soos laas vrydag waar ek die hele dag poker op fb sal speel want werk is op datum.
    5. Beide

    Like

  5. 1. Ja.

    2. Ja en Nee. Ek dink dit hang van persoon tot persoon en hulle werksomstandighede af. FB was op ‘n stadium gestop, maar weer oopgestel.

    3. Ek is nie seker van FB vir van die ander mense nie, maar in my geval is dit selfsugtig. My persoonlike blog ook. Daar is wel ander blogs wat wel ‘n bydrae lewer.

    4. 10 ure? Ek moet byvoeg dat baie van my werk op die internet gedoen word. Sonder internet kan ek nie my werk na behore doen nie.

    5. Beide

    Internet misbruik gaan met engaging hand-aan-hand. As werknemers reg aangewend word, is die kanse skraal dat hulle die internet gaan misbruik. My internet misbruik het begin die dag wat die soveelste projek van my weggeneem is, omdat iemand gevoel het dat dit meer sy gebied is. Vandag, 2 jaar later, trek die projek net daar waar ek dit gelos het. Hy kom nie deur alles nie en het in elk geval nie die passie vir dit wat hy wou he nie.

    Oor my werk kan daar nie iets gese word nie. Ek het die kennis wat van my verwag word en meer, ek is (mbv die internet) een stap voor die res, ek doen wat ek moet doen en presteer bo verwagting. Eintlik lei my sosiale lewe meer onder my internet verslawing as my werk.

    Like

  6. 1. Ek het my eie besigheid en leer baie uit skrywes op die Internet.

    2. Ek dink dat integriteit wel ‘n probleem kan wees en internet toegang beheer moet word.

    3. Blogs en wikis (forums) kan volgens my met baie sukses vir ‘kennisbestuur’ gebruik word. As die besigheid se fokus IT is, selfs meer…

    4. Ek self gebruik internet vir navorsing en bemarking – dit kan selfs 3ure per dag wees of geen…

    5. Albei!

    Like

  7. 1. Werk = huis. M.a.w. ja.
    2. Ek dink dit hang af van die bedryf self. Kan indink dat ditvoordelig en nadelig kan wees.
    3. Beslis in my bedryf.
    4. Maksimum halfuur.
    5. Beide

    Like

  8. 1. Ek het 24/7 toegang. Ons IT wou ‘n policy skep maar MD het gese ons is groot genoeg. As jy wil rond speel terwyl jou werk daar onder ly moet jy die gevolge kan vat. Hulle kyk nie juis hoeveel uur jy op FB spandeer nie. Hulle het wel filters ingebou om porn te bekamp.

    2. Het by een van die groot banke gewerk en daar het nie almal toegang tot internet nie. Die wat wel internet privileges het kan egter nie op FB gaan nie. (Paar ander sites was ook geblock)

    3. Daar is blogs wat bydraes lewer tot ons Kennis bestuur maar in my geval is dit vir ontspanning en rondneuk… 🙂

    4. Opgetel, so tussen 1 en 2 uur ‘n dag

    5. Beide

    Like

  9. 1. Ja ek het toegang tot gesigboek/blogs, ens.
    2. Ek dink nie hulle behoort dit te blok nie. Daar is wel die moontlikheid dat werknemers dit in werksure sal “access” (soos ek juis nou doen). Ek dink egter dis beter om jou werknembers soos volwassenes te hanteer en te vertrou op hulle integriteit. Daar kan eerder nagevolge wees indien die gebruikstyd oorbodig raak. My werkgewer se internet beleid is juis dat alle internet toegang gelog word en dat dit op ‘n “random” basis blootgestel kan word aan ‘n oudit. Onvanpaste gebruik kan dus aangespreek word indien nodig.
    3. Ons is nog bietjie vroeg in die era van die benutting van multi-kanaal inligtingsbronne, soos dis moeilik om te antwoord. Vir sekere beroepe sê ek definitief ja, bv. ek dink dis noodsaaklik vir ‘n joernalis. Ander beroepe kan voordeel daaruit put, bv. ‘n blog oor dinge wat gebeur in kerke oor die wêreld kan ‘n pastoor/dominee help met sy werk. Net so ook kan enige “indsutrie gefokusde” blog voordele bied. My ervaring huidiglik is egter dat meeste maar die internet gebruik as ‘n elektroniese seepkassie, maar nie veel gesaghebbende dinge word rerig gesê nie.
    4. Soms amper my hele dag. Dan voel ek of ek van my werkgewer gesteel het en probeer weer die tyd op maak. Onder tye spandeer ek minder as ‘n 1/2 huur per dag op blogs/gesigboek en persoonlike e-pos.
    5. Ek is ‘n blogger.

    Groetnis en sterkte met die beleidsdokument.
    Burns

    Like

  10. A.

    1. Ja. Maar chess.com is geblok. Presies dit wat ek nodig het vir 5 of 10 minute elke tee- of etenstyd.
    2. Nee. Werkgewers moet hulle werknemers se ‘performance’ meet en as dit goed is, is dit hulle eie saak wat hulle tussenin doen.
    3. Nie regtig nie, dit kan na gelang van die werksfunksie, maar merendeel maak dit van die persoon ‘n ‘voller’ mens, ons is nie masjiene nie, onthou?
    4. Min deesdae.
    5. Ek het ‘n blog. Maak dit my ‘n blogger?

    B. Ek claim kopiereg op die woorde blokkerol of bloggerol, ek het sedert 22 Julie 2007 ‘n Blokkerol i.p.v. ‘n Blogroll, sien http://mykopop.wordpress.com/2007/07/22/blokkerol-vriende/

    Like

  11. 1. Ja, want ek werk in die IT dept so ek kan die beperkinge omseil. Blogs en Facebook is geblog vir die ander mense, maar nie wiki nie. (Hierdie reels is nie deur my bepaal nie, haas ek my om by te voeg)
    2. Nee, as iemand nie genoeg werk het nie, sal hy ander dinge doen om hom besig te hou, byvoorbeeld om te sit en gesels. En mense wat sit en gesels maak dit moeilik vir ander in hul omgewing wat wil werk, om dit gedoen te kry. Soos mykopop ook uitwys, is om die werkers produktief besig te hou ‘n bestuurskwessie.
    3. Wikis en blogs ja, Facebook nee
    4. So tussen niks en 1 uur. (Slegs blogs, ek doen nie Facebook nie)
    5. Blogger

    Like

  12. Terug pieng: hoe weet ek jy maak ‘n grap? « ekke dink

  13. 1. Niemand, behalwe ek het toegang. (Ek het dit so gemaak, want (1) mense misbruik soms werkgewers se goedheid en (2) ek glo nie in “ja, maar my werk is klaar so ek het niks om te doen nie”. As dit nie tee tyd of etenstyd is nie, SOEK werk om jou besig te hou.)
    2. Hang af watter bedryf jy in is obviously.
    3. Nee.
    4. 1 uur
    5. Albei.

    Like

  14. 1. Nee
    2. Beheer eerder as stop. Want ‘n gelukkige werker sal meer produktief wees.
    3. Nie by my werk nie
    4. So 15 min. Hoe so, as ek dan nie internet-toegang het nie? Ek dink aan goed wat ek nog op die ‘net wil skryf, reaksies op forums/blogs waar ek wil kommentaar gelewer het die vorige aand, dan tik ek dit solank en neem dit huis toe op my flash drive.

    Like

  15. 1. Ja
    2. Nee, geen beheer nie, tensy dit ‘n invloed het op beskikbare bandwydte, veral as video-streaming betrokke is.
    3. Dit kan maar dit is nie so eenvoudig nie en baie maatskappye het nie die tyd en energie om dit werklik te laat werk nie.
    4. Werktyd? So 20 minute.
    5. Beide.

    Like

Lewer kommentaar