Die Here gee…en die Here neem

Ek voel nou soos wat die Psalmdigter gesê het: “ek was jonk en ek het oud geword”. Dit is wat ek geleer het….die Here gee, en die Here neem.

Die Here gee vir jou dalk ‘n spesiale geleentheid en finansiële kennis om vermoënd te wees; maar Hy neem iets weg om balans te handhaaf. Die Here vir jou ‘n hoë IK, maar hy neem een of ander chemiese stof weg sodat jy op jou knieë kan bly en weet hoe afhanklik jy van God is. Geen één mens kan alles van alles hê nie. Balans en ewewig in die samelewing lyk vir my na ‘n eg Bybelse beginsel.

Terwyl ek hieroor nadink, pop daar talle skrifgedeeltes hieroor op, soos:

    Ek was jonk en ek het oud geword, maar nooit het ek ‘n regverdige verlate gesien of dat sy nageslag brood soek nie. (PSALMS 37:25 AFR83)
    … Daarom, sodat ek nie hoogmoedig sou wees nie, is daar vir my ‘n doring in die vlees gegee, ‘n boodskapper van Satan om my met vuiste te slaan. Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk. (2 KORINTIËRS 12:7-10 AFR83)
    moet julle wat nou oorvloed het, dié help wat gebrek ly. Dan, as hulle weer oorvloed het en julle gebrek ly, kan hulle julle weer help. So kom daar ewewig. Daar staan ook geskrywe: “Dié met baie, het nie te veel gehad nie, en dié met ‘n bietjie, nie te min nie.” (2 KORINTIËRS 8:14, 15 AFR83)

One response to “Die Here gee…en die Here neem

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s