Madiba

Nou dat Madiba weer in die hospitaal is, wil ek tog ietsie skryf….madiba1

Eerstens, ek het ongelooflike waardering en respek vir Madiba.  Vir iemand wat die beste tyd van sy lewe agter tralies spandeer het, en in die laaste 20 jaar van sy lewe soveel vermag het, wil gedoen wees.  Hy het sekerlik die volste reg gehad om gegrief te wees; hy’t die tweede hoogste prys betaal vir vryheid en demokrasie, nogtans was hy sekerlik die grootste kampvegter vir versoening “ever”, wêreldwyd!  Dit laat my altyd dink aan een van die saligsprekinge….geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.  O, natuurlik gaan daar sekerlik ‘n klomp wees wat Mandela gaan uitkryt as ‘n terroris, iemand wat nooit in die samelewing moes hoort nie.  Ek sien hoe sekere mense kommentaar lewer op youtube videos oor hom; in my oë is hulle hulself ekstremiste.  Ek wonder net wat noem jy die ou SA regering dan?  Mense wat braai terwyl iemand verbrand word.  Wat noem jy die sterftes in die polisieselle, soos Steve Biko?   Nee wat, mense wat in glashuise woon moet liewers nie klippe gooi nie.  Kan iemand inherent ‘n terroris wees wat soveel gedoen het vir vrede en versoening, wat soveel gedoen het vir kinders?

Tweedens, ek kan verstaan dat die pers so te kere gaan oor hom; hy is immers ‘n wêreld ikoon.  Maar ek wonder of die pers dit nie oor hul hart kan kry om hom en sy geliefdes te laat om hul laaste dae/maande/jare in vrede te mag geniet nie?  Om so uit te kamp voor sy huis, die hospitaal, is regtig nie nodig nie.  Ek kan verstaan met ‘n hofsaak soos Oscar s’n, maar Madiba?  C’mon, die land sal hoor as hy ontslaan word uit die hospitaal; en ons sal hoor as hy dit nie gemaak het.Madiba3

Derdens, ek dink dit was belaglik, grens aan skande, hoe die ANC leiers die vorige keer by Madiba gaan kuier het en dit gebeeldsend het.  Vir die hele wêreld was dit waarskynlik tragies om hom sO te gesien het; …… en JZ sê ewe: “he’s up and about“.  Oh pleeeeazze!  Gaan kuier by hom, maar los die kameras buite!  En as jy iets wil sê, asb, moenie ons intelligensie onderskat nie!

So Tata, dankie vir wat jy vir ons land en sy mense gedoen het.  Dankie dat jy jou lewe gegee het vir Suid-Afrika.  Inderdaad, ons vir jou Suid-Afrika (nie dat ek eintlik Madiba2ooit van dié slagspreuk gehou het nie omdat dit my laat terug dink aan ‘n minder goeie tydperk in ons land se geskiedenis, maar dit is gepas hier).

Amandla

***

2 responses to “Madiba

  1. Hy was in die tronk vir ‘n rede … NIE oor hy so goed was nie. “Ek wonder net wat noem jy die ou SA regering dan? Mense wat braai terwyl iemand verbrand word.” Wat noem jy die ANC regering wat partytjies hou, rond vlieg, geld verduister, hulle self elke dag meer en meer verryk …. Terwyl OU mense op plase gemartel, gebrand en vermoor word … ? Vrouens EN mans word in tronke verkrag …..

    Like

  2. Pingback: Mandela ‘n terroris! Wat dan van die NP regering? | ekke dink

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s