Vadersdag 2004

Jos 24

Inleiding

Liewe gemeente, en liewe pa’s, dis vandag Vadersdag.  Hierdie dae word gewoonlik gebruik om ‘n bietjie erkenning te gee aan diegene om wie die dag gaan, erkenning vir wat hulle opoffer en doen vir ander.  Baie vroue dink nie mans het so ‘n dag nodig nie, omdat elke dag Vadersdag is.  Hulle meen “it’s a man’s world”.  Ek wil nie hierdie debat vandag begin nie, maar eerder konsentreer oor die rol wat pa’s in ons samelewing speel en behoort te speel.

Ons het die afgelope tyd skokkende dinge beleef.  Dit het begin toe ons lees hoeveel,  en op watter wyse, mense gesterf het tydens ‘n motorfiets “rally” in Sabie.  Daar was geen doekies omgedraai dat drank vryelik gevloei het en die rede vir dié sinnelose menseverlies was nie.  Toe hoor ons van die 7 jong mense wie in ‘n motorongeluk verbrand het nadat hulle van ‘n partytjie teruggekeer het.  En dalk het u ‘n eie storie gehoor oor wat regtig daar gebeur het.  Gelukkig bly ons in Witrivier en het ons nie regtig kontak met Nelspruit en sy mense nie.  Dit is opgevolg deur ‘n misdaad-aksie deur die polisie op ‘n nagklub in Nelspruit, en ‘n deursoek van die skoolterrein van Rob Ferreira.  Die naweek het ons die Sasol Rally in ons omgewing gehuisves.  Ek was Vry aand daar en was verstom en geskok oor die gedrag van die toeskouers; meeste pa’s of toekomstige pa’s.  En oor die jong mense wat uitlokkend en dronk saam met die volwassenes meedoen aan dié prettigheid.

Dan is daar natuurlik nog talle ander sake waarna ons kan verwys wat nie permanent op ons agenda is: tiener-seks, egskeidings, owerspel, bedrog, vigs en nog talle ander.

Wat sê al hierdie gebeurtenisse vir ons?  Wat wil God vir ons deur hierdie voorvalle sê?  Wat moet ons hoor uit dié tragiese gevolge?  Ek probeer nie God speel nie, maar dit lyk vir my redelik duidelik liewe gemeente, dat ons volk se morele waardes in ‘n ernstige krisis is.  En indien moontlik, probeer ons dit met geld reg maak.  Die spreekwoord is nie verniet: “Geld wat stom is, maak reg wat krom is” nie.  Dit lyk vir my asof ons iewers die pad byster geraak het, en ek wil dit waag om te sê dat die skuld voor die deur van ons mans gelê moet word. 

Hoekom?  Omdat ons die opdrag van God gekry het om as priesters van ons huisgesinne op te tree, om die rigting en koers aan te dui wat ons inslaan, om die geloofsoordrag, die stabiliteit, die leierskap die verantwoordelikhede te dra van die kleinste kern van die samelewing – die gesin.  En daar is ons dikwels

  •   of fisies afwesig, hetsy deur werk of egskeiding,
  •   of emosioneel afwesig omdat ons nie tyd het en tyd máák vir ons gesinne nie,
  •   of ons stel presies die voorbeeld vir wat ons die afgelope tyd gesien het.

 

Agtergrond

 Vader na God se Hart

Wat verwag God van ons?  Hoe lyk ‘n pa na God se hart?  As ons antwoorde op hierdie vrae soek, kan ons natuurlik nie anders as om die Bybel te vat en te bestudeer nie.  Die wêreld gaan nie vir ons hierdie antwoord gee nie.  Ons kan ‘n studie maak oor pa’s in die Bybel, en dan na voorbeelde kyk soos Abraham, Joshua, Dawid, Eli, Saul ens.  Maar die suiwerste vorm, karakter van wie ‘n pa is, is om God se karaktertrekke te bestudeer omdat God die Vader rol speel in die Drie-eenheid.  Hoewel dit ‘n hoë norm is om na te streef, is dit gelukkig nie onmoontlik nie.  Die Bybel sê dan: “Wees julle dan volmaak soos julle hemelse vader volmaak is” (Mat 5:48). 

Josh McDowell skryf in ‘n boekie dat daar vir hom 10 eienskappe is, eienskappe wat van God afgelei is as die perfekte Vader in die hemel, ons ware rolmodel vir vaderskap.   

1. Onvoorwaardelike liefde en aanvaarding

  •   Liefde en aanvaarding is enige kind se mees basiese behoefte, nie geld nie.
  •   1 Joh 4:19; Rom 8:38-39, Joh 13:31-35:  God het ons eerste liefgehad, nie nádat ons “liefdevol” geword het nie, maar toe ons nog God en ons naaste, ons sondige natuur, gehaat het.
  •   As jy nie jou kind onvoorwaardelik liefhet en aanvaar nie, wie sal?
  •   Wys jou liefde vir jou kind
  •   Kinders spel liefde T-Y-D. Hoeveel tyd spandeer jou kinders voor die TV in vergelyking met aandag/gesels van jou as pa?  Wie het dan die grootste invloed op hulle lewe?
  •   Gee hulle ‘n sin vir “ek behoort”.  Soek dit dan nie elders nie.
  •   Waarde Nber as prestasie.
  •   Gevolge: Bevoeg, geborge

2. Reinheid

  •   Navorsing toon dat kinders sonder pa’s meer geneig is tot promiskuiteit as diegene waar ‘n pa ‘n hoë morele lewenstandaard modelleer.
  •   Pa moet daar wees, aandag gee en hegte verhouding kweek
  •   Pa se teenwoordigheid kan teenvoeter vir groepsdruk wees
  •   Wat sien ons kinders oor morele waardes: As dit nie van pa afkom nie, kom dit van Media en Groepsdruk.  En wat leer die sepies en film oor reinheid?
  •   1 Kor 6:18; 1 Kor 10:8; Eff 5:3; Gal 5:19; Kol 3:5; 1 Tess 4:3:  God heg waarde aan reinheid.
  •   ‘n Vader na God se hart kommunikeer dat reinheid goed is. 
  •   Modelleer dit self.
  •   Kommunikeer dit.  Leer hulle oor God se standaard vir seksualiteit. 
  •   Leer hulle die voordele daarvan: seksueel-oordraagbare siektes, gemoedsrus teen onbeplande swangerskappe, ware intimiteit in die huwelik.

 3. Waarheid (Spr 12:22)

  •   Eerlikheid en integriteit is ‘n skaars item vandag.  Regering?
  •   Navorsing: 44% glo dat dit soms nodig is om ‘n leuen te vertel.
  •   Ook onder Christelike jeug: 66% sê hulle het afgelope 3 maande gelieg.
  •   Hoekom?  Nie net omdat Bybel so sê nie. Omdat God ‘n Vader vir waarheid is.  Hy ís waarheid.  As Hy nie sou wees nie, wat sou ons kon glo?
  •   Spr 12:22;
  •   Dan sal ons dit moet weerspieël in ons eie lewe
  •   Dit beteken ook dat ons soms self moet erken aan ons gesin as ons verkeerd gedoen het.
  •   Voordele: Rein hart voor God, reputasie vir integriteit. Help in huwelik en ander verhoudings.

 4. Betroubaar (2 Tim 2:13)

  •   Doen wat jy beloof, kom beloftes/afsprake na.  Man van sy woord. Dis vreeslik om as onbetroubaar deur te gaan
  •   2 Kor 1:19-20; 2 Tim 2:13; God is ons model. Hy is betroubaar
  •   Ook om aanspreeklikheid te aanvaar.

 5. Troos & ondersteuning, ‘n toevlugsoord

  •   Waar anders kan kinders troos en bemoediging kry as by pa’s
  •   Neg gevolge is mismoedigheid, ongeborgenheid.
  •   Ps 34:18-19; 2 Kor 1:3-4; Ps 18:2-3; Ps 9:10:  God is vir ons ‘n toevlug.
  •   Ons moet as verteenwoordigers, as pa’s God as Hemelse Vader se karakter weerspieël.

 6. Vader as vriend.

  •   Jak 2:23:
  •   God is vir ons toeganklik.  Hy wil vir ons ‘n vriend wees.

 7. Wat dissiplineer

  • ü  Weereens: God as model. Spr 3:12, Deut 8:5; Spr 23:13; 29:17.
  •   4 Style: Outokrasie (rebellie), Permissief (navorsing… dwelmgebruik), Traak-my-nie-agtig; Verhouding!
  •   En as jy dit nié doen nie, volg jy Eli se pa wat te esig was met die dinge van die kerk (1 Sam 2-4). Eli se diens aan die Here was nie goed genoeg om sy seuns op die regte pad te hou nie.  Hulle het ‘n pa nodig gehad.

 8. Vergifnis

  •   Vergewe. Onthou Kol 3… soos die Here ons vergewe het…; Eff 4:32.

 9. Respek

  •   Respekteer ander mense en hulle opinies.
  •   Respekteer eie liggaam, gesag, wette ens
  •   Respek vir jou vrou in die manier hoe jy haar hanteer.
  • ü  Respek omdat hy/sy ‘n medelid is van die familie van God.

 

U sien liewe gemeente, Pa’s, om hierdie karakter eienskappe in ons kinders te kweek en hulle so voor te berei om waarlik tot God se eer en verheerliking te kan leef, vra eerstens dat ons self dit doen.  Ons moet dit modelleer teenoor ons kinders.  As ons dit nie doen nie, hoekom sal hulle.  En dis waar my bekommernis lê.  Gaan dit op die oomblik in ons omgewing so sleg met ons jeug omdat hulle sleg is, of leef hulle maar net die voorbeeld wat ons self leef?

 Ek luister nou die dag na ‘n man wat inbel op RSG en sê sy seun het aan hom gevra hoekom moet hy ophou met dwelms as sy pa jare lank verslaaf is aan nikotien.  Wat is anders?  Dis ‘n verslawing.  Verstaan ons kinders dat ons mag drink, maar hulle nie?

 

Slot

Ek wil julle nie laat skuldig voel nie, want Jesus vergewe en verlos ons van al ons skuld en skuldgevoelens.  Dis juis wat ons vanoggend weer saam gaan vier in die nagmaal.  Wat ek glo die Here uit Sy woord en uit dit wat ons om ons sien gebeur vir ons wil sê, liewe Pa’s, is dat ons weer ons verantwoordelikhede sal opneem om Pa te wees, ‘n Pa na God se hart!  Dis al manier hoe ons seker kan maak dat ons kinders God verheerlikende lewens kan leef as hulle ons huise verlaat!  Josua het geen twyfel gelaat waar sy hart lê nie; Dawid se kinders het geweet waar hulle pa se hart is; Isak het geweet waar sy pa se hart is toe hy op die vasgemaak is om geoffer te word.

Kom ons maak die keuse vandag op vadersdag en wees ‘n Vader na God se hart.

Amen

One response to “Vadersdag 2004

  1. Pingback: 2010 in review « ekke dink

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s