Algemene Sinode 2015 en die “Gay besluit”

Vergewe my as ek oningelig klink, maar ek is teleurgesteld met die NG Kerk se onlangse besluit oor “Gays”.  Verstaan my mooi – ek veroordeel nie!  Ek is ‘n ng kerkabsolute voorstaander daarvoor dat die kerk juis die ruimte is vir sondaars om rus, vergifnis, liefde en innerlike vrede te vind.  Dis tog immers wat Jesus gebring het deur ons in genade aan te neem en al ons sondes vry te spreek.  My ongemak en teleurstelling gaan dus NIE oor veroordeling nie – die Bybel leer ons telkemale dat dit juis nie is wat ons behoort te doen nie en dat oordeel alleen die prerogatief van God self is.  My teleurstelling gaan oor die “reg verklaar” onder populêre druk.  Wat is volgende?

Kom ek verduidelik:  daar is vir my ‘n wesenlike verskil tussen iets reg verklaar en iemand te aanvaar in liefde.  Ek het geen probleem dat ons gebroke mense (soos ons almal, gays ingesluit) verwelkom in die kerk nie; my probeem is dat die kerk sê dis “reg“.  Kan ‘n alkoholis, prosituut, egbreker, kleptomaan en watter ander “alternatiewe lewenskeuses” daar ookal bestaan, met dieselfde slagspreuk vorendag kom?

  • ‘n Egbreker / Poligamie:  liefde is liefde; ek kan nie help dat ek vir meer as een vrou/man lief is nie.  Ek is van nature so geskape.
  • prostitusie:  ek het ‘n groter behoefte aan seks as ander en verwag nie my vrou om dit te bevredig nie.  Ek is so van nature.
  • Pedofiel:  ek het ‘n voorkeur vir jonger mense.  Ek is van nature so geskape.  Liefde is liefde.
  • “Bob Hewitt”:  Liefde is liefde!  Ek is so gemaak.  Ek kan nie help nie.
  • Diefstal:  Ek was honger; daar’s nie genoeg werk vir almal van ons nie.
  • Pornografie:  ek kan nie help nie.  Ek is van nature gemaak met ‘n behoefte na seksuele stimulasie.
  • Alholisme:  ek is geneties so saamgestel.
  • Dobbel, leuens, dwelm afhanklikheid ens.

Die kerk is tog een instituut wat weet dat “Liefde is liefde” nie so eenvoudig is nie.  Dat liefde ‘n werkwoord is; dat dit oor meer gaan as net ons natuurlike drange.

In my opinie, het die kerk weereens, soos met apartheid en al die ander modernistiese uitsprake wat die kerk vroeër gemaak het, ‘n standpunt ingeneem wat aanvegbaar is en wat oor 50 jaar dalk belydenis oor gedoen kan word.  Prof Groenewald het die Sinode in die 60-ger jare geswaai dat apartheid Bybels gefundeer is.  Skrifstudie het dit nou weer gedoen.  Ek is seker elkeen van bogenoemde sake sal iemand een-of-ander Skrif interpretasie kan maak wat dit sou regverdig.  So kan ons mos nie met die Woord omgaan nie.

Malan Nel skryf in sy boekie, Om uit Genade te leef, dat om vergifnis te ervaar is juis om verantwoordelikheid te aanvaar vir my sondeen dit te bely.  As ek nie my sonde eerlik erken nie, of regverdig met allerlei redes of skrif bewyse, kom ek nie by die punt om die Here se vergifnis te ervaar nie.  Hoekom sou ek, dis mos “reg”? Soos hy dit stel; om my sonde te regverdig hou my eintlik weg van die Here en ontneem my die ervaring van vergifnis.

Sou dit nie meer post-modernisties en meer verantwoordelik gewees het as die kerk eenvoudig kon sê:  Ons het nie ‘n amptelike standpunt oor hierdie saak nie.  Ons weet eenvoudig nie genoeg nie.  Daar is waarheid in albei kante van die spektrum (vir en teen).  Daar is verskil in teks interpretasie.  Ons laat dit oor aan lidmate om verantwoordelik met die Woord en Gees om te gaan om hulle lewe te leef “Coram Deo” – in die teenwoordigheid van God!  Dit is nie ons taak om te oordeel nie.  Daarom verwelkom ons alle sondaars om in die genade van ons Here Jesus te kom leef.  Jesus het gekom om ons almal se gebrokenheid te kom herstel; hetsy dit seksuele orientasie, afhanklikheidsvormende gedrag, of watter ander gebrokenheid ons elkeen in ons eie lewe kan erken.  En maak geen fout nie – ons ALMAL is gebroke.

En ironies genoeg; Belhar wat Bybels korrek is, is nie aanvaar nie!?!

 

###

3 responses to “Algemene Sinode 2015 en die “Gay besluit”

  1. Jy skryf dit gaan nie oor veroordeling nie – maar noem homoseksuele in dieselfde asem as pedofiele! Dit is veroordeling, of jy dit nou so noem of nie. Ek kan nie sien hoekom homoseksuele hierdie soort neerbuigende en veroordelende liefde sou wou hê nie.

    Die kerk is niks meer as ‘n bewaarder van konserwatisme nie:
    In apartheid, kolonialisme, vroueregte, die regte van swart mense wereldwyd – in elke saak waar ‘n wrede, of mens-onvriendelike stelsel of siening oorwin moes word, het die kerk die ou orde tot die laaste verdedig – tot dit onhoudbaar geword het, en op die ou end moes die kerk in elke geval toegee dat die morele leiding van die progressiewes reg was. Met die regte van homoseksueles is dit weer so. Die patroon is baie duidelik.

    Like

  2. Ja, dis ‘n moeilike een. God haat die sonde, maar het die sondaar lief.
    Ek is bly ek was nie deel van die sinode se besluit nie: Sou hulle Gays afkeur, is hulle geslag, keur hulle dit goed, dieselfde.
    Maar aan die einde moet ons besluit: Gaan ek vir God gehoorsaam, of vir mense?
    Interessante skrywe, dankie.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s