Kinderopvoeding en dissipline… of is dit LYFSTRAF?

LOL (soos die jongmense sou sê), ek krap toe mos vandag so op my rekenaar rond en kom op hierdie opsomming af wat ek toentertyd gemaak het, wel dit moes omtrent 20 jr gelede gewees het toe ek met my eerste kind “die beste ouer(s) wou wees“.  Ons het toe James Dobson se boeke oor kinder opvoeding gelees; saam met ‘n paar ander (ek dink Arnold Moll s’n was ook onder die hopie).  Uit al my gelesery het ek toe hiredie opsomming op my rekenaar gestoor …

  • Dissipline – breek die wil, nie die gees nie
  • Onaangename gevolge – vermy gedrag
  • Aangename gevolge – herhaal gedrag
  • Moedig aan en leer aangename gedrag, en beloon (aangename gevolge).
  • Daar’s ‘n verskil tussen mag en gesag.  Het mag as jy groter en sterker is.  Gesag is iets wat jy verdien deur wyse van optrede.  Kind moet met sy pa kan identifiseer.

 

Tipes ouers

  1. Outoritêre ouer:  Gebruik mag om sy kind te dissiplineer.  Lyk baie gehoorsaam, maar verloor ook dikwels inisiatief en selfvertroue.  Breek weg as onder pa se invloed uit is.  Kind leer nie redeneer nie.
  2. Permissiewe ouer:  Abdikeer alle mag of gesag, omdat kind ‘n eie individu en reg het.  Moderne sielkundige neiging.  Kind is “vry” (dis nié vryheid nie).  Kind het beskerming en sekuriteit nodig.  Absolute vryheid bestaan nie; altyd onder gesag. 
    sien ook “Claims that Spock advocated permissiveness
  3. Begrypende ouer:  Gee duidelik reëls en leiding, maar help ook ‘n kind om te redeneer – wat reg en verkeerd is al is ouers nie by nie.  Gesag belangriker as mag; dus voorbeeld.  Begelei kind om lewensspel te speel volgens sosiale reëls.  Só ouer straf kind omdat hy kind wil leer wat verkeerd is; hoekom dit verkeerd is; waarom hy dit nie weer moet doen nie.  Hy moenie leer om vir ouer bang te wees nie; of om dinge weg te steek nie.  Straf moet ‘n positiewe boodskap hê.

 

Wenke om begrypende ouer te wees:

  • Lewe só dat jou kind jou kan respekteer.
  • Sorg dat jy self die reëls gehoorsaam wat jy neerlê.
  • Probeer om jou nie te dwing om iets te doen nie; eerder deur oortuig
  • Lyfstraf moet spaarsamig wees.
  • Nie te veel reëls nie.  Te beperkend is negatief – word gestraf maar daar is so baie reëls hy weet nie meer waarvoor nie.
  • Reëls moet sin maak.
  • Konsekwentheid!
  • Tug met 1 hand, troos met albei.  Tug dus minder as troos.
  • Kind moet ervaar jy as ouer is aan sy kant!

 

Beginsels

  • Moenie ‘n kind vir foute, ongelukke/mislukkings straf nie!  Sal nie skade herstel nie.  Was nie moedswillig nie.  Vrees vir foute vernietig selfvertroue.  Dit kan jóú oorgekom het (soos om n glas te breek)!
  • Moenie die liefdesband verbreek nie.  Kind moet steeds voel ouers is lief vir hom.  Vermy dus lang uitgerekte tye van kwaad-wees.  Kamer toe te stuur = afsondering = breuk in verhouding.
  • Moenie die kind se selfagting vernietig nie.  Vermy dus kritiek, veroordeling of verkleinering.  Dis nié dissipline nie.  Skel en skreeu ook nie.  Nié voor ander nie.
  • Moenie in ‘n wilstryd betrokke raak nie.  Kinders sal gesag trotseer.  REëL:  Die een-waarskuwing reël.  As kind nié reageer op jpu bevel nie, jy homnet één keer herinner.  Daarna straf, sónder verdere bespreking vna saak.
  • Vermy diktatoriale optrede – “Omdat ék so sê“.  Probeer soveel moontlik “ja” sê (dit vra natuurlik meer van jou as ouer).  Kinders sal ook meer geredelik wees om dán ‘n “nee” te aanvaar.  En kinders moet “nee” kan betwis.  Dus ouers moet goeie rede hê waarom “nee”.
  • Wees konsekwent.  Dieselfde oortreding vereis dieselfde optrede!  Moenie dreigemente maak wat jy weet jy nie sal uitvoer nie -> geloofwaardigheid!  Nie uit die bloute nie – hulle sal angstig raak omdat hulle nie weet wanneer iets hulle gaan tref nie.  Kinders moet dus reéls kén en gevolge verstaan.  Belê ‘n gesinsvergadering; en laat kinders help om reëls op te stel.  As hulle meegewerk het, is hulle meer geredelik om daaraan gehoor te gee.
  • Steun jou maat se outoriteit.  Ouers moet ‘n eenheid vorm.  Moet mekaar openlik ondersteun – stilswye kan ‘n boodskap van afkeur deurgee.  Dus moet ouers oor benadering saamstem.  Gevaar – een ouer mag nie slaan en die ander troos nie!!!

 

Tugtiging met die roede (Arnold Mol)

Vier basiese dissiplinêre metodes:

  • Laat die natuur sy gang gaan
  • Ignoreer die gedrag
  • Bewerkstellig logiese gevolge
  • Dien fisiese straf toe
  1. Laat die natuur sy gang gaan:  Laat kinders toe om uit foute te leer.  Wys gevolge van daad uit, maar belet nie om te doen nie.  Leer deur val-en-seerky.  Veral handig met sakgeld.  Voorbeelde:  As kind nie wil eet nie, moenie dwing nie.  Verduidelik net dat daar nie weer kos sal wees voor volgende ete nie.  Die keuse is syne!  Is natuurlik beperkinge.  Kan nie kind in die pad laat speel en wag vir logiese gevolge nie!
  2. Ignoreer die gedrag:  Ignoreer as kind aandag soek.  Gee kind keuse as hy wil kla, maar dan nie in gesin se teenwoordigheid nie.  Dis nie wegstuur (afsondering) nie.  Hy het ‘n keuse.
  3. Bewerkstellig logiese gevolge:  Lig die kinders in vangeovlge as wangedrag voorkom.  Byv; om nie tv te mag kyk as huiswerk nie klaar is nie ens.  As daar nie meer plek vir groente is nie, is daar ook nie meer plek vir roomys/lekkers nie.  As kind laat kom vir ete, kry hy eenvoudig nie ete nie (sal nie doodgaan nie).  Kan simpatie hê, maar dis ‘n ooreengekome reël wat toegepas moet word (Konsekwent!).  Skoene by skool weggooi; lat hom ‘n gedeelte bydrae by die aankoop van nuwes.  Ekstra rit vanweë onverantwoordelik – laat vir brandstof betaal.  As kinders laat is vir skool is dit hulle saak; jy sal betyds wakkeer maak.  Laat hulle die gevolge dra – by skool ens.  Moenie gevolge voorhou wat jy nie bereid is om deur te voer nie!  Dié dissipline maak kinders nie verbitterd nie.  Hulle word vooraf gewaarsku wat die gevolge is.  
  4. Liggaamlike straf:  Slegs liggaamlike straf by dié 4 oortredings:
  •  
    • Opsetlike minagting van outoriteit:  Doelbewus ‘n opdrag ignoreer.  Of “ek sal nie”.  Parmantigheid, terugpratery, teen-argumente ens.  Moet reg hê om opdragte te bevraagteken, maar dan op beleefde wyse.  Hoef nie net ouers te wees nie – ook ander volwassenes wat toesig oor hulle hou! 
    • Volgehoue wangedrag:  As hy na 2/3 waarskuwings nié reageer nie. 
    • Opsetlike oneerlikheid:  Diefstal of leuens.  Leuens is moeilik.  Kinders moet egter weet dat ouers hulle altyd sal glo, tensy die teendeel bewys word.  As jy kinders met agterdog bejeën sal hulle die boodskap kry dat hulle onbetroubaar is. 
    • Blatante wangedrag:  Dit behels elke optrede wat duidelik verkeerd is en opsetlik begaan is.  Byv; baksteen optel en deur ‘n ruit gooi!

Hoe?

  • Gebruik altyd ‘n instrument; verhoed impulsiwiteit en woede uithaal.
  • Hande is daar vir liefde.
  • Gee altyd ‘n rede.
  • Doel is help, nié vergelding nie.  Hy moet bewus wees van liefde tydens straf.
  • Slaan op anatomie wat daarvoor gebou is!🙂
  • Spreek vergifnis dadelik daarna uit.
  • Besin oor die oortreding.
  • Vra jouself af; “Hoekom wil ek nie hê dat my kind weer so iets moet doen nie“?
  • “Wat kan ek doen om my kind te laat leer waarom hy nie weer hierdie oortreding moet doen nie”?  Mat mors – pakslae sou kind net geleer het om nie op mat te moers nie; maar nie hoekom nie.  Laat hy skoonmaak (of ten minste help).  So leer hy waarom nie!

 

DISCIPLINE WHILE YOU CAN (DOBSON)

Wil vorming – Ses breë riglyne:

  1. Definieer grense vóór hulle afgedwing word.
  2. Wanneer gesag yuitgedaag word, reageer met vertroue en beslistheid!  (En ouers moet saam staan hierin).
  3. Onderskei tussen “Childish irresponsibility” en “willfull defiance“.
  4. Verseker liefde en leer ná konfrontasie verby is.
  5. Vermy onmoontlike opdragte.
  6. Laat liefde jou gids wees!

 

Lyfstraf?  Verseker!

  • …dis nié waar dat lyfstraf kinders leer om ander te slaan nie.  Lyfstraf is nié oorsaak van geweld nie; media eerder.
  • …dis nié waar dat lyfstraf die laaste uitweg is of moet wees nie.  Dit mag dit ook nie word nie!  Moet gebruik word as eerste stap waar “willfull defiance” voorkom!
  • …dis nié waar dat beloning en straf dieselfde konsekwensies het nie; en daarom kan eerder beloning gegee word as straf.  (Proefeneming met muise…mense is nie muise nie).
  • …dis nié waar dat dit die selfbeeld en waardigheid van die kind afkraak nie.  ‘n Kind weet wanneer hy oortree het.

 

Wanneer en hoe kan ‘n kind gestraf word?

Geboorte tot 7 maande:

  • Geen direkte dissipline nodig nie.
  • Baba kan nog nie begrip hê vir die oortreding nie.
  • Huis is nie sleg vir ‘n kind nie.  Moenie kind optel die oomblik wanneer hy huil nie. (4 min / week).

8 tot 14 Maande:

  • Begin om gesag te toets.
  • Dissipline?  – Gee kind ‘n alternatief; hul aandagspan is kort.
  • As konflik/wilstryd ontstaan, “win them by firm persistence but not by punishment.”
  • Moenie skrik vir huil nie.

15 – 24 Maande:

  • Terrible two’s“.  Kenmerkende “nee” tyd.  Kinders baie negatief.
  • Pa’s moet help!  Ma’s en kinders het hulle ondersteuning nodig.
  • Sagte lyfstraf kan begin tussen 15-18 mnde.
  • Slegs vir “willfull defiance“, en moet onreëlmatig wees.  Lyfstraf moet dis nie die reëlmaat word nie.
  • Oormatige lyfstraf kan ondersoekende/lerende gees breek!
  • Wees geduldig – gebeur nie oornag nie.
  • Nie met hande nie – met ‘n neutrale objek.
  • Moet seermaak, anders dien dit geen doel nie.
  • Moenie dreig nie.  Gee 1 waarskuwing; doen dat wat jy beloof het.
  • Dadelik – nie tydsverloop nie.  Kind van dié ouderdom kan nie so lank onthou nie.
  • Nie slaan vir gedrag wat natuurlik vir leer en eksperimenteer was nie.  Verwyder eerder waardevolle goed as om nee te sê en te slaan.
  • Belangrikste jaar in kind se ontwikkelingsfase.
  • Moeder speel kardinale rol!
  • Lewendige kommunikasie belangrik.  Gee kind ‘n “rich social life”.
  • Vrye beweging/toegang tot huis vir ondersoekende gees.
  • Gesinsverband belangrik.
  • Beste ouers is goeie organiseerders van huislike omgewing; goeie aandag aan kind se behoeftes; en ferme dissipline.

2 – 3 Jaar:

  • Hou jou sin vir humor.
  • Hou vol met kweek van respek vir gesag en gehoorsaamheid.
  • Hoe meer hy wen, hoe moeiliker word hy, en hoe meer toets hy gesag.  Dus…
  • Kind móét 2 boodskappe helder en duidelik hoor voor hy 48 mnde is:
  1.  
    1. Ons is lief vir jou.  Jy is ‘n besondere mens vir ons.
    2. Daarom leer ons jou gehoorsaamheid (Eff 6:1).  Dis al hoe ons jou kan beskerm teen gevare.
  • Probeer: – Laat kind vir 10 min stil sit en dink wat hy gedoen het.  Dis erg genoeg vir ‘n energieke 3 jarige om so lank stil te sit.
  • Inability to be firm is the commonest problem…

4 – 8 Jaar:

  • Fokus nie net op gedrag nie; ook op gesindheid.
  • Dit moet aangeleer word.  Kom nie vanself nie.
  • Hoe:
    1) Ouerlike modellering.  Voorbeeld van gesindhede wat ons wil kweek.  Wat ons hulle wil leer, moet ons self doen/leef.
    2) Deut 6:7-9 – Lewe die beginsels/vrugte van die Gees uit.  Dis nie ‘n vinnige sessie of nagsê gebed nie.
  • Wenk met ‘n negatiewe kind.  Definieer die veranderings wat jy wil hê.  Herbevestig/komplimenteer verbeterings.  Gesindhede/motiewe is abstrakte wat kinders nie verstaan nie.  Dus maak die teiken duidelik deur ‘n gesindheid-kaart (LW slegs vir die volgehoue negatiewe en disrespekvolle kind).
  • Verwarrings gebeur omdat grense nie duidelik gedefinieer is nie.  Vermy omstandighede/geleenthede wat gedragsprobleme veroorsaak! 

9-12 Jaar:

  • Elke jaar voortaan minder reëls, minder direkte dissipline en meer onafhanklikheid.
  • Leer om meer en meer verantwoordelikhede te dra.
  • Lyfstraf weer onreëlmatig.
  • Doelwit!  Om kind te leer dat sy gedrag onafwendbare konsekwensies meebring!
  • Laat kind gedeelte van konsekwensies self dra (Dobson p 62-63).

 

Algemeen

  • Breek die wil; nie die gees nie
  • Elke baba hét ‘n sterk wil.
  • Ouers moet balans kry in opvoeding.
  • Hoe kry jy dit reg?  Hoe vorm jy die wil én behou die gees?
    1) Deur redelike grense daar te stel.  Redelike grense wat deur ‘n kínd nagekom kan word.
    2) Hulle af te dwing mét liefde!
    3) Nié die idee te gee dat die kind ongewens, stupid, lelik, lastig ens is nie.
  • Dus; deur nie die selfwaarde/selfbeeld van die kind te breek nie. 
  • ‘n Ouer wat bang is om definitief/beslis te wees en konflik probeer vermy, veroorsaak woede in homself hoe verder die kind hom/haar uitdaag.  Gevolg: – ouer skree en dreig!
  • Dus; woede is ‘n ongematigde metode om kinders te probeer beheer.
  • Dissiplinêre aksies beïnvloed gedrag; woede nie!  Dit help nie om te skree en dreig nie.  Gaan oor tot aksie!
  • Voorbeeld:  Ma praat kind aan om te gaan bad.  Kind weet hy kan wag tot die 3de of 4de dreigement wat op ‘n spesifieke toonhoogte kom.  Dít moet vermy word.
  • Use action te get action – painful or praise”; afhangende van omstandighede.
  • Eerder duidelike riglyn, byv: oor 15 min moet jy gaan bad.  (Stel dan ‘n wekker en tree op, sonder om te skree, wanneer kind nie optree wanneer wekker afgaan nie.)
  • Kinders wéét waar hulle ouers se “breekpunt” is.  Hulle reageer, nie vanweë die woede/skree nie, maar omdat hulle weet agter daai breekpunt is ‘n pak slae en hulle het nog x om te gaan.  Vermy dus woede/skree episodes.
  • Kinder mishandeling is gewoonlik a.g.v. mense wat nie dissiplinêre aksie neem op die regte tyd nie, maar wat ge”crack” het op breekpunt.
  • Gevolg:  Kind het geen respek meer vir ouer nie.
  • Discipline with love!

 

Familie stryde

Kinders wat baklei…  Hoe keer ouers dít?

  1. Moenie inherente jaloesie op mekaar aanblaas nie.  Vermy sulke omstandighede.  Moenie hulle met mekaar vergelyk nie.  Passop vir witbroodjie.  Beteken egter nie dat individualiteit nie belangrik is nie; net dat elkeen moet weet dat ouers kinders gelyk ag in waarde.
  2. Bewerk ‘n stelsel van regverdigheid.  Een kind moenie wegkom met moord as hy gestraf moes word nie.  Duidelike huisreëls waaraan almal hulle moet onderwerp. Byv:
    • Niemand mag van ‘n ander een ‘n gat maak op destruktiewe manier nie.
    • Elkeen se kamer is sy privaatheid en reg van toegang voorbehou.
    • Jongeres mag nie oueres “harras” nie.
    • Hóéf nie met mekaar te speel as een alleen of met maats wil wees nie – vrywillig.
    • Ontlont konflik sonder om partydig te wees.
  3. Geheime teiken is “jy” as ouer.  “Rivalry capture attention of parents“.  Dus, bewys dit vir hulle as ‘n “nie-winsgewende” oefening en mors van tyd.  (Laat hulle buite, onder jou voete uit, baklei.)

 

How have times not change?”

Ek wonder hoe my kinders my sal “meet” vandag?  Was ek suksesvol?  Het ek die goed gedoen?  

Gelukkig weet ek ook vandag dat daar BAIE GENADE oor ons huis was en dat die Here my (ons) foute toegevou het my Sy liefde (en nog steeds doen).  Soli Deo Gloria.

Terwyl ek dié post voorberei het, het ek nog onthou an ‘n ander sinvolle boek – die titel was iets soos 1,2,3 discipline. – maar ons het James Dobson baie positief en gebalanseerd gevind, veral sy opvolg nadat sy kinders self toe ook ouers geword het.  Jong ouers, dis die moeite werd om te lees.

Hier is sommer ‘n lys van die boeke wat ek op my boekrak sien oor dissipline; almal die moeite werd gewees!:

  • James Dobson – Dare to Discipline
  • James Dobson – The New Dare to Discipline
  • C.H. SPurgeon – Spiritual Parenting
  • James Dobson – The Srong-willed Child
  • James Dobson – Hoe om seuns groot te maak
  • John Rosemond – Ouers in Beheer

24 responses to “Kinderopvoeding en dissipline… of is dit LYFSTRAF?

  1. Ek het groot probleme met jou stellings oor lyfstraf, bv:
    “dis nié waar dat dit die selfbeeld en waardigheid van die kind afkraak nie” en die stelling dat lyfstraf nie tot geweldadigheid lei nie – sonder dat enige rede gegee word oor hoekom dit so sou wees. Verby is die tyd dat mens dinge kan aanvaar omdat die dominee so sê.

    Like

  2. ek’s nie seker of Dobson ‘n ds is nie; ek vermoed so.

    Daar’s baie pro en anti-argumente oor die saak; beginnende dalk met Dr Spock se veelbesproke siening. Baie reken hy’s verkeerd aangehaal! Elkeen moet maar hul eie keuse neem oor die saak. Ek dink nie die opsomming gaan enigiemand oortuig nie; maar wie ookal hieruit iets kan leer t.o.v. eie opvoeding – GREAT.

    Die stelling is waar indien lyfstraf in die regte omgewing/konteks/verhouding plaasvind. Natuurlik sal dit afkraak as dit verkeerd gedoen word (en daarvan is daar talle getuies!). Soos ek s^e: hierdie blog gaan nie iemand se opinie verande rnie.

    Maar wat my betref; ek is gefoeter in baie liefde en ek het die ongelooflikste verhouding met my pa gehad. En daars’ bloggerol met my selfbeeld verkeerd. En ek is allesbehalwe geweldadig; dalk selfs nader aan ‘n outydse sissie. Was op skool nooit betrokke in daai tipiese kringetjie-vuisgevegte nie. Altyd myself daaruit weggepraat of weg gewangle.

    Lyfstraf sonder “die res” is afbrekend. Lyfstraf “met die res, op die regte tyd/manier”, nog nooit skade gedoen nie!

    Like

  3. Ons was goed gefoeter en vandag is my ma baie trots op die mense wat ons uitgedraai het en skryf dit aan lyfstraf toe. Ek het nog nie kinders nie en dit is seker ‘n besluit wat ek eendag saam met my man moet maak, maar ek is glad nie ‘n voorstaander van lyfstraf nie.

    My gly het gekom toe ek begin het om mense se optredes te bevraagteken. Daar was byvoorbeeld die een onderwyser (in my broer se skool) wat in smaak vertel het hoe hy terug verlang na die dae dat daar bloed aan die muur was nadat ‘n kind pak gekry het. Daar was ‘n meisietjie wat na elke rapport blou geslaan is, maar tog het haar punte nooit verbeter nie. Ek gee toe die mense het nie die “reels” soos hierbo uitgesit gevolg nie.

    Wat my nog verder laat dink het is dat ‘n kind nie noodwendig hulle optrede aanpas wanneer hulle aan ‘n moontlike pakslae dink nie. Selfs nadat hulle pak gekry het, sal hulle steeds die optrede herhaal. Dink aan die baie mense wat in die tronk is, wat wel by die huis pak gekry het. Dit is asof die lesse wat geleer word nie hou nie.

    Dit is ‘n baie goeie skrywe, maar daar is ‘n paar goed wat vir my uitstaan. Eerstens, wilful defiance: ek sou doodgeslaan word, maar sou nooit iets gedoen het wat ek nie wou doen nie. Selfs as klein dogtertjie al. Tweedens: die minagting van gesag. Jy moet my respekteer, want ek gaan jou slaan as jy dit nie doen nie. Dit is nie hoe ek respek in die grootmens wereld kry nie, hoekom dit by my kinders so kry?

    Ek stem saam dat kinders baie liefde moet kry. ‘n Kind het ook dissipline en straf nodig, maar pak is nie die enigste straf nie. Ek is nie oortuig dat ‘n kind wat lyfstraf kry, geweldadig sal uitdraai nie.

    Ek steun nie noodwendig die wet teen lyfstraf nie. Ek is net nie oortuig dat dit die enigste of selfs beste manier van kinders grootmaak is nie.

    Like

  4. ek stem; lyfstraf is nie die enigste manier van kinders grootmaak nie, maar dis nie noodwendig taboe nie. Natuurlik is daar BAIE veranderlikes. Een van my kinders het baie min pak nodig gehad; ‘n ander een bietjie meer!

    Soos ek s^e, ‘n pakslae is nie UIT nie, maar dikwels die laaste opsie. Hou dit as die laaste van laastes!

    Interressant dat almal konsentreer op die lyfstraf deel van die opsomming; en nie op die ander uiters noodsaaklike goed van opvoeding nie: respek, liefde, erkenning, konsekwensies ens. Gaan lees weer. Die opsomming van 2 skrywers oor opvoeding verwys na lyfstraf, maar dis nie asof die boeke daaroor gegaan het nie (ek hoop nie my opsomming het dit so uitgelig nie). Daar’s tog baie meer as lyfstraf!

    Like

  5. Ekke

    Nou nie dat ek in die rondte wil redeneer nie. Maar jou opskrif lig lyfstraf as die kern uit.

    Goed, ek is onnodig moeilik!😉

    Oor die res: Eerlik, ek het nog nie sover gedink nie.

    Like

  6. Ek is nie ‘n ouer nie, maar vind jou inskrywing interessant vanuit ‘n leer/onderrig oogpunt.

    Die tipe strawwe wat jy noem, verskil t.o.v. die ouderdom van die kind en ek aanvaar dat dit tot ‘n mate afgelei is van die ontwikkelingstadia van die mens (Kohlberg en Piaget). Ook herinner dele van jou inskrywing aan die behavioristiese leerteorieë (dat korrekte gedrag gemodelleer moet word, sowel as straf/beloning manipulasie).

    Intussen (ná die 1950’s) weet ons darem alreeds veel meer van hoe leer plaasvind, en is daar méér sosiale onderhandeling betrokke tydens die skep van kennis; jou kind leer dus nie nét AS GEVOLG VAN lyfstraf en dissiplinering nie – maar ook (dikwels) TEN SPYTE VAN. (Die argument dat “ek gefoeter is as kind en vandag ‘n goeie mens is” impliseer nie noodwendig ‘n “as gevolg van” kousaliteit nie.)

    As jy James Dobson ‘n bietjie google, sal jy sien dat sy aannames deur verskeie wetenskaplikes en organisasies bevraagteken word. Die evangalistiese paradigma waaruit hy die sielkunde beskou, blyk sy aannames te beïnvloed en maak sy afleidings t.o.v. gesinswaardes onwetenskaplik.

    Like

  7. mnr muller, toegegee. Daar is nuwere navorsing; het ook bietjie ontwikkelingstadia geswot in my M. Hierdie opsomming was laat 80’s gedoen (voor my M). Ek moet egter sê:

    1) net omdat daar wetenskaplikes is wat sy teorieë bevraagteken, maak Dobson s’n nie noodwendig ongeldig nie. So is daar talle wetenskaplikes wat met mekaar verskil oor sekerlik duisende onderwerpe; soos ewolusie, die bestaan van God, ontwikkelingstadia, Freud, Spock ens.

    2) ek het nie ‘n probleem met “sy evangeliese paradigma” waaruit hy die sielkunde beskou nie. Hoekom kan wetenskap nie vanuit ‘n evangeliese/Bybelse paradigma bestudeer word nie. Iewers het die wêreld die idee gekry dat jy net nie wetenskap mag bedryf van ‘n evangeliese/Bybelse paradigma nie, so asof dit ‘n wetenskaplike “vloekwoord” is.

    3) al het ons nuwere kennis opgebou, moet ons ons ook nie so meerderwaardig beskou oor ouere wetenskap nie. Die mens wie hier ter sprake is, het nie verander nie. Dis dieselfde sondige mens. Die Bybel sê nie verniet dat daar (eintlik) niks nuuts onder die son is nie. Dus, al is dit positief dat ons meerdere kennis het, sien ek dit dikwels eerder as addisionele kennis op wat ons oor eeue gekry het, as vervanging van die ouere kennis (soms natuurlik wel).

    Dit lyk dus vir my, “the proof” is maar in die pudding!

    NS: Ek sal darem nie waag om myself “‘n goeie mens” te noem nie, nie eers te impliseer nie. Dawid en Paulus het eeue uit mekaar al gesê: Niemand is goed nie; ons het almal ontaard! Wat ek wel gesê het is dat ek geen emosionele letsels teen my ouers hou nie. Trouens, terugskouend weet ek presies waarvoor dit was, en besef ek ook baie goed hoe nodig dit in die situasie was.

    Jou “kousale” punt is dus eintlik nie ter sprake nie. Wanneer dit by menslike ontwikkeling kom, is daar dikwels maar min kousaliteit, juis omdat menslike interaksie, dinamika, “mens-wees” soveel dimensies en leerareas bevat.

    Like

  8. BTW:, ek sien ander hou nie daarvan om “te verskil” nie. Ek geniet dit nogal! Vind die “questioning” van jou eie gedagtes nogal “challenging”!

    Like

  9. Hallo weer🙂

    Ek vind die ontwikkelingstadia- en behaviorisme-koppelinge nogals interessant; ek wou maar net hoor of die strawwe-ouderdomme daarop geskoei is of nie.

    Tans praat die meeste leerteorie-wetenskaplikes van konstruktivisme (en al hoe meer van konnektivisme), maar dit maak nie vorige leerteorieë irrelevant of onsuksesvol nie. (Ek wonder eintlik hardop of kleuters en jong kinders nie juis nodig het wat jy voorstel nie, hehe, net om die aanvanklike neuronpaadjies daar te stel.)

    1. Dit het my opgeval dat Dobson besonder baie gekritiseer word oor die wetenskaplikheid van sy benaderings, bv. hy sal bevindinge uit ander se artikels buite konteks aanhaal om sy (teenoorgestelde) punt te bevestig. So skep hy wanbeelde van wat ander eintlik sê.

    2. Christenskap hoef nie ‘n probleem te wees nie, maar ek vermoed in Dobson se geval is dit wel. Hy aanvaar as premis byvoorbeeld dat gay-wees sonde is en voer dan in ‘n wetenskaplike milieu argumente teen inklusiewe skoolkurrikula aan. En dan buig hy bevindinge om by sy oortuiging te pas. In wetenskap moet jy die bevindinge op die tafel plaas en dan eerder vra hoe jy die nuwe gegewens by jou verstaanraamwerk kan inpas. Nie andersom nie.

    3. Daar is meriete in “ouer” kennis en veral in waarhede/wyshede vanoor die eeue. Soos hierbo genoem, is ek juis geïnteresseer in die moontlikheid dat behavioristiese modellering van gedrag en die toediening van straf/prys dalk juis nodig is t.o.v. kinders in ‘n prekonvensionele denkstadium – issues waaraan, vermoed ek, konstruktivisme e.d.m. nie soveel aandag skenk nie.

    Wat kousaliteit betref, het ek eintlik verwys na Adrie se openingsreël: “Ons was goed gefoeter en vandag is my ma baie trots op die mense wat ons uitgedraai het en skryf dit aan lyfstraf toe”. Ons stem dus saam dat sulke afleidings nie soseer geldig is nie.

    Like

  10. oe, ek het dit mis gelees (Adri).

    ek stem saam met jou punte hierbo. Ek het nog nie veel verder navorsing gedoen oor die behavioristiese modellering nie, maar ek is inderdaad nogal daarin geinterreseerd; soos byv. die rol wat volwassenes en rolmodellering speel in die etiese en gewetens ontwikkeling van jongmense.

    Like

  11. Janee, dis juis t.o.v. die modellering wat ‘n mens jouself moet afvra of die toediening van lyfstraf vir jou as ouer (persoonlik) regverdigbaar is. Want watse tipe moraliteit modelleer jy? Dat jy geklap word as jy nie luister nie? Of moet ‘n mens juis reg/verkeerd vestig met ‘n oorveeg? Modelleer jy dus geweld of modelleer jy goeie waardes? En tot watter mate kan ‘n kleuter reg/verkeerd “verstaan” as hy dit nie aan sy bas voel nie?

    Omdat ek nie ‘n ouer is nie, voel ek skugter om ‘n opinie te waag, maar ek hoop graag dat ‘n mens sonder lyfstraf ‘n goedgemanierde kind kan grootmaak. En ek dink, veral as ‘n kind al effens ouer is, dat ‘n pakslae moontlik eerder geweld kan modelleer en dus nie die gewensde reg/verkeerd-boodskap oordra nie.

    Like

  12. Ek het 2 kinders dogter nou 18 en seun nou 13. Ek is n voorstaander van lyfstraf(pakslae op die boude) nêrens anders. Definitief nie n oorveeg nie. Kinders kan dikwels hardkoppig wees en hardhorend. Ma sal dreig met n pakslae as ongehoorsaamheid voortgaan en dan toets hulle soms om te kyk of hulle ma verder kan druk op n punt. Dis dan wanneer dit nogal vrugte afwerp op te sê “gaan badkamer toe en wag vir jou pak” Dit werk soos n bom, mens moet dit nou nie elke 2de dag doen nie, nou en dan. Kinders se geaardhede verskil ook en ma moet dit ook in ag neem. Party kinders luister na n rede en is gehoorsaam, n ander kind hoor jou rede maar wil nogsteeds nie opdrag ens uitvoer nie. As dissipline goed toegepas word tot en met so 8 of 9 jaar oud sal pakslae nie daarna nodig wees nie. Dan begin jy voorregte wegneem en dit werk uitstekend met tieners. Werk beter as pakslae. Ek self het ook pakslae gekry tot omtrent 9 jr oud en vandag is ek bly. Werk tans by n kleuterskool en kan sien kinders kry nie meer pak nie, dis n jammerte. Ek dink daar is meer voordele as nadele aan verbonde. Maar soos my ma altyd gesê het, enigiets met n “te” aan verbonde is nie goed nie. Behalwe liefde, te veel pak gaan natuurlik n negatiewe effek hê. Dis maar my mening. Ek is nie n geleerde op die gebied nie, eks maar net n ma.

    Like

  13. Sorry dis baie geskryf nie alles gelees nie. Ek het 4 en ek wikkel hulle as hulle nie luister nie, net die 3. Die ander een is nog te klein. Al 3 van hulle het goeie maniere, goeie selfbeeld en genoeg selfvertroue om op ‘n verhoog te staan en praat voor mense. Jy moet kinders “gebonde” laat voel met reels en limiete, hulle moet weet daar is gevolge as hulle nie reels nakom nie!

    Like

  14. Sorry dis baie geskryf nie alles gelees nie. Ek het 4 en ek wikkel hulle as hulle nie luister nie, net die 3. Die ander een is nog te klein. Al 3 van hulle het goeie maniere, goeie selfbeeld en genoeg selfvertroue om op ‘n verhoog te staan en praat voor mense. Jy moet kinders “gebonde” laat voel met reels en limiete, hulle moet weet daar is gevolge as hulle nie reels nakom nie!

    Like

  15. Sorry dis baie geskryf nie alles gelees nie. Ek het 4 en ek wikkel hulle as hulle nie luister nie, net die 3. Die ander een is nog te klein. Al 3 van hulle het goeie maniere, goeie selfbeeld en genoeg selfvertroue om op ‘n verhoog te staan en praat voor mense. Jy moet kinders “gebonde” laat voel met reels en limiete, hulle moet weet daar is gevolge as hulle nie reels nakom nie!

    Like

  16. Ja ek glo in paksla my pa het ons oor n bankie laat le met ons kaal sit vlak en ons die pak van ons lewe gegee, en dit het ons nie slegte mense gemaak nie.

    Like

  17. Ek en my man sukkel bietjie met die opvoeding en disipline by ons 8jarige seun, hy is aandagafleibaar en steer hom net nie aan ons nie. Ons moet eers 10 keer praat, dan dreig en as ons begin skree dan sal hy dalk luister.
    Hy kry sy pak so dan en wan, maar ons hou nie een daarvan nie. Ek glo sterk aan n goeie pak op sy tyd. Ek is al raadop en moeg van skel. Ouerskap is veronderstel om n plesier te wees maar dit is nie meer vir my nie.
    Ek gaan nou van bogenoemde probeer en kyk of dit nie werk nie.
    Baie dankie vir mense soos u wat ons bietjie leiding kan gee.

    Like

  18. Pingback: 2010 in review « ekke dink

  19. Pingback: Snaakse soekterme « ekke dink

  20. Pingback: kinderopvoeding & lyfstraf | ekke dink

  21. Ek sal graag wil weet, hoe gemaak met ‘n kind wat ongehoorsaam in die klas is (grR). Hoe maak ek dat dit nie weer gebeur nie? Dis amper elke week dan kom praat die onderwyser met my. Hyt dalk sy werkies vooruit gedoen of hy rammel sy werk af of hy luister net eenvoudig nie (ignore)

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s