Pensees / Gedagtes / Snippets

Soos Pascal se Pensees; kort gedagtes waaroor ek dink.

… oor Afrikaans

  • Die Afrikaanse debat lyk heeltemal te veel na ‘n verskanste debat oor die instandhouding van rassisme .  Om swart kinders/studente weg te hou deur aanspraak te maak op Afrikaanse as onderrig medium, gebeur dikwels by skole as ‘n manier om swart kinders weg te hou.  Dieselfde skole het dalk nie ‘n probleem om engelse “wit” kinders in te neem nie.  Interressant genoeg, het die standaard en persentasies van goeie engelse skole wat swart kinders het, nie afgeneem nie (Boys High).  Dubbel-medium skole is vir my die antwoord aangesien dit wel moedertaal-onderrig insluit (en ons kan gerus seker maak/help dat swart kinders ook moeder-taal onderrig kry!), maar terselfdertyd wit en swart kinders die geleentheid gee om te sosialiseer; gewoond te raak aan mekaar.  In die lewe na skool is daar geen bevoorregting vir wit kinders nie (inteendeel).  Dan moet wit kinders kan aanpas in ‘n normale, oorwegend swart samelewing.
  • Het geen probleem met Engels as onderrig-medium op tersiêre vlak nie – dis immers meer navorsings-gerig.  Meeste handboeke is ook in Engels.
  • Is dit nie wonderlik om by ‘n prysuitdeling te sien dat die top 3 in Gr 10 almal swart kinders was nie.  Waar sou hulle gewees het met afsonderlike ontwikkeling en swart-skool beleide soos pre 1990?  Dankie tog apartheid is weg!

… oor die Bybel

  • Die Bybel is ‘n lewendige boek en móét binne konteks gelees word; dit beteken die oorspronklike leser, skrywer, tyd en tipe boek moet in ag geneem word.
  • Alle bybel-lees is interpretatiewe lees.  Niemand lees die Bybel objektief nie.  ‘n mens moet daarvoor begrip hê en suinig wees om te sê: “die Here sê…”.  Omdat dit ‘n lewendige dinamiese proses is, is die beste wat ons kan sê dat die “lig” wat ek nou het, is dit hoe ek die Here se Woord hier en nou interpreteer.  Dit bly altyd menslik, subjektief en onderhewig aan veranderings soos ons “oppad” is.  Selfs amptelike vertalings, so na as oorspronklik as wat jy kan kry, is interpretatiewe vertaling want ons het eenvoudig nie al die woorde en nuanses, idiome as wat die oorspronlike lesers en skrywers gehad het nie.  Byv. Die hel is in Grieks gehenna.  Gehenna is ‘n verwysing na die Hinnom vallei buite Jerusalem.  ‘n Plek waar daar baie oorloë en doodsbeendere  was.  Later is vuilgoed daar verbrand, vandaar die “vlamme, brand” gedagtes.  As Jesus verwys na die hel, het elke Joodse leser presies geweet waarna Jesus verwys.  Ons het oor die jare ‘n prentjie gevorm wat ons dink die hel is (en dit mag selfs verskillend wees vir verskillende mense / volkere se oorvertellings).  Dink net watter implikasies het dit vir ons evangelisasie-prediking! (2 Kron 28:3; Jer 7:31-32).
  • Die Bybel is lewendig, daarom is die verhale in die Bybel nie net outydse verhale van Adam, Abraham ens nie, maar ook ons verhale.  Adam & Eva se worsteling en val is ook ons daaglikse worsteling & val.

…oor Genade

  • Moenie oordeel nie.  Ons is almal besig met ons eie geloofsweg; pelgrimstog, pad van heiligmaking en kan dus nie oordeel waar die ander op sy/haar pad is nie.  In elk geval, waar is JY?  
  • Hoekom “haal God nie die slegte mense uit” nie?  Omdat Sy liefde en genade so onverklaarbaar groot is.  Oftewel, dan moet Hy almal van ons ook “uithaal” want almal het gesondig en is vêr van God (Ps, Rom, Jak 1:14).  Of reken ons ons is “nie so sleg” nie?
  • König verduidelik die verskil in die Oosterse en Westerse siening van genade aan die hand van ‘n verduideliking oor Oosterse en Westerse teologiese denke.  Het aanklank daarby gevind want het al baie gewonder waarom die Gereformeerde teologie (Westerse) geloof so ‘n “swaarmoedige” saak gemaak het.  Dit ten spyte van “Wees bly, ek herhaal…” en die hele betekenis van “Evangelie – GOEIE nuus”.  Waar het die Goeie nuus heen gegaan.  Soos gereformeerdes dit uitleef, het die “goed-heid” daarvan heeltemaal verdwyn en byna alleenlik ‘n geestelike dimensie aangeneem – asof geloof net “a pie in the sky” is; eendag vêr, vêr in die toekoms.  Nee, geloof, goeie nuus, vreugde en vrede is ervarings vir HIER en NOU!  Twyfel of dit die oorspronklike Gereformeerde denke verteenwoordig; waarskynlik ‘n ontwikkeling wat beïnvloed is deur die peïtisme van die boere, tesame met die Victorianisme en laastens ook die invloed van modernisme.
  • Wat was Paulus se “doring in die vlees”.  Weet nie, maar die eintlike punt is dat hy die Here 3 maal gevra het om dit van hom weg te neem… en al wat die Here gedoen het was om hom te laat verstaan dat dit nie oor die doen van die “verkeerde” ding (doring) is wat die kwaliteit van sy verhouding bepaal nie, maar die Here se genade!  Kan ek dit sê?  Ek dink so.  Paulus het dalk gemeen dat die “doring” hom die heel tyd weer aftrek, weer laat struikel, hom weer “uit die hemel” gooi; hom nie werd maak ‘n apostel te wees nie ens.  Maar die Here se antwoord was nie om die doring weg te neem nie (dit sou Paulus dan moontlik “volmaak” gemaak het, maar dat dit die Here en Sy genade ALLEEN is wat hom in die hemel kry en hou!  2 Kor 12:7 sê dat hy die doring gekry het sodat hy nie hoogmoedig moet raak nie.  Dis dus iets wat hom nederig hou en heel tyd bewys hou daarvan dat dit uit genade is dat hy gered is.  Terloops, as Hy die Here 3 maal gevra het om dit weg te nee, veronderstel dit dat hy dit ook nie na die eerste belydenis “reg” gekry het nie.Wat was die doring in die vlees ?  Sonde, liggaamlike swakheid.  Dit lyk meer na ‘n sondige swakheid as ‘n liggaamlike swakheid aangesien dit vir hom gegee is deur ‘n “boodskapper van Satan om hom met die vuis te slaan”.  Maar dit sou ook gewoon voortdurende irritasies of moeilike omstandighede wees, soos vervolging, gesel, met klippe gegooi, gestrand ens .  Dit sou enigiets kon wees en die punt sou steeds geldig wees: Ons word uit genade gered, nie omdat ons geen swakheid of struikeling het/beleef nie.  Kan ADHD ‘n “doring in die vlees” wees?  Laastens, God wou nie gehad het dat ons moes weet nie, maar dat ons sal verstaan dat ons uit genade en genade alleen gered word.  Hierdie vers kan ook goed saam met 1 Kor 10:12 gelees word !
  • Vervulling van die wet.  Die Jode het moontlik van die wet ‘n “checklist” gemaak.  Jesus het vir hulle kom wys dat hulle die punt heeltemal gemis het; dat dit nie gaan oor wette of gehoorsaamheid wat afgetiek kan word terwyl daar geen “hart”, liefde in is nie.  In dié sin is die wet dus vervul – m.a.w., al die checklists is afgetiek – Hy het alles kom tiek; uit genade!  Los nou die wet en leef as gelowige in ‘n verhouding met Hom. 

…oor God en Bewyse

  • God kan nie volledig bewys word nie.  Indien jy God volledig sou kon bewys, verg dit nie meer geloof om in Hom te glo nie.  Geloof is om te glo in dit wat jy nie sien (en nie kan bewys) nie (Hebr 11).
  • As ek God volledig kan beskryf, is Hy te klein om “God” te wees.  Daar moet altyd ‘n stuk misterie rondom God wees.  Daar moet onbeantwoorde vrae rondom gesprekke oor God wees – Hy is immers baie meer as al ons dogma en gesprekke!

…oor Jesus

  • Jesus was al van die begin af daar.  Gen verhaal praat van “kom Ons maak…”.  Opgevolg met Joh 1.
  • As Jesus nie opgestaan het nie, is alles waardeloos; dan is ons mense sonder hoop (1 Kor 15).

…oor Kerk-wees / Godsdiens

  • Its all about a relationship, not religion.  Godsdiens maak dood, ‘n verhouding is lewendig.  Godsdiens is wetties, verhouding is vry.  Godsdiens plaas morele laste op mense; verhoudings maak ons vry.
  • Geloof, “godsdiens”, verhouding met God is tog baie meer as aktiwiteite by en deur ‘n gemeente.  Gemeentes en kerke kan so besig wees dat die vruegde van “die verhouding” verlore gaan.  Die volgende stap is skuldgevoelens en morele las op mense (Narramore, 1974b).  
  • ‘n Mens is aktief omdat hulle in ‘n lewendige verhouding met God staan; nie sodat hulle ‘n verhouding met God kan vestig nie.  Dis soos om kinders te kry om ‘n huwelik te vestig.  Nee, daar’s ‘n verhouding tussen ‘n man en ‘n vrou en ‘n konsekwensie van (dikwels ook van die kwaliteit van daardie verhouding) daardie verhouding is dat kinders uit die huwelik gebore word.  So ook is betrokkenheid/aktiweite die konsekwensie van ‘n verhouding met God.
  • Die “kerk” is lief daarvoor om wette (dikwels mensgemaaktes) en reëls (moets en moenies) neer te lê.  Hoewel genade gepreek word, is die ondertoon van wettisisme baie sterk in die gereformeerde kerke (sien Oosterse invloed).  Kol 2:16 sê duidelik dat dit oor baie méér gaan as oor reëls en gebruike; dat Jesus soveel méér is as om wette en reëls na te kom. 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s