hoe weet ek jy maak ‘n grap?

So tussen my en mykopop het ons elkeen op die ander “gekoement” (soos kopop dit noem :)), maar dit kon maklik (as dit nie dalk het nie) ‘n misverstand veroorsaak het.

Wat my by my punt vanoggend bring, ‘n punt waarvan ek almeer bewus raak so tussen my kinders deur se gepratery deur; en in my navorsing.  Moderne kommunikasie mediums wat vir ons byna daagliks bygevoeg word, is wonderlik: twitter, vuisboek, blogs, wikis, koements, mxit, sms, skype ens.  Die één ding wat die goed nié kan doen nie, is non-verbale kommunikasie oordra.  Nou, die geleerdes vertel ons dat slegs 7% van kommunikasie verbale kommunikasie is.  Die ander 93% is non-verbaal waarvan gesigsuitdrukkings, stemtoon, intonasie, atmosfeer, houding ens is.  En dis juis dié deel wat nié in ons moderne kommunikasie vasgevang kan word nie.  Ek sien die kinders kan maklik, veral met die teenoorgestelde geslag, oor mxit en sms kommunikeer, maar ai, as hulle “face-2-face” is, dan sluk hulle hulle woorde en alle gemak verdwyn (nou ja, dit het natuurlik ook in ons tyd gebeur, maar dalk minder).  Of  ‘n ander ding wat al tussen my en my dogter gebeur het: ons koement so oor en weer met mekaar, en toe ons ons weer kom kry, toe koement sy iets wat ek nie gedink snaaks is nie, terwyl sy haar breek.  Toe koms ons aggter, as sy ‘n smiley bygesit het, sou dit iets van die “non-verbale” kommunikasie weergegee het.  O ja, dit het ook al gebeur in ‘n sarkastiese sms wat die ontvanger nie gevang/verstaan het nie.

En ampoer het dit hier tussen my en mykopop gebeur.  Miskien kan iemand vir ons maniere uitdink hoe ons gevoelswaarde en al daai lekker non-verbale goed oor teks kan weergee.  Miskien kan die joernaliste vir ons help.

3 responses to “hoe weet ek jy maak ‘n grap?

  1. Ongelukkig probeer ek myself gewoonlik net in woorde uitdruk, wat my gereeld in die sop laat beland omdat ek vergeet dat mense nie my innerlike stemtoon kan hoor en agterkom dat ek die draak steek nie.

    Miskien moet ek ook meer van die smiley’s onthou?🙂 (En dis ‘n ander probleem op WordPress – as jy nie al die kodes vir smileys en dinge ken nie gee dit partykeer ‘n lollery af, wat jy nie weer kan verander nie!)

    Like

  2. Ek glo dat ‘n goeie skrywer emosies kan uitdruk sonder ‘n smiley. Shakespeare en ander skrywers van weleer het immers nie smileys gebruik nie. Maar ons het ‘n probleem, want met SMSe en MXIT en blog-kommentaar en forums skryf ons minder talentvolle mense, wat nie so goed gevoelens uitbeeld nie, deesdae ook.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s