Watter nut het die Opstanding

Een van die lekkerste dinge vir my, is wanneer ek ‘n preek voorberei en Sondag oggend “vir myself preek”.  Want dis dan dat ek besef dat die Woord van God kragtig is en verby jou eie insigte, persepsies, ingesteldheid, of vooropgestelde idees strek.  So het ek gevoel met hierdie preek wat ek net na Opstandingsondag gepreek het.  Dit was ook in die tyd van hierdie blog….  Alles genade!opstanding

As die opstanding nie jou lewe verander nie, watter nut het dit dan om daarin te glo?

Inleiding:

Watter verskil maak dit in jóú lewe dat jy in die opstanding glo?  Lina Spies het pas “uit die kas geklim“en openlik erken dat sy die NG kerk gaan verlaat onder meer, omdat sy nie meer kan bely dat sy in die fisiese opstanding van Jesus glo nie.

Opstandingsondag word in baie gemeentes nie noodwendig uitgelig as ‘n besonderse gebeurtenis nie; in elk geval nie in vergeleke met die kruisiging op Goeie Vrydag nie.  En miskien lê die rede daarvoor in twee teologiese tradisies ….

Soos Prof König iewers aandui: die Westerse tradisie het veral gekonsentreer op die kruis-gebeure, die offer van Jesus, Sy kruising en sterwe ter wille van ons…, terwyl die Oosterse tradisie meer klem gelê het op die opstanding, die oorwinning oor die bose en alle ander magte, lewe, krag, hoop!

Watter verskil maak dit…

Dink jou vir ‘n oomblik in die dissipels se skoene…. daar sit hulle die Saterdag na Jesus se kruisiging; verward, bang, onseker.  Het hulle ‘n fout gemaak om alles te gelos het en Jesus te volg?  Wat van hulle vrou en kinders?  Wie gaan vir hulle sorg?  Moet hulle teruggaan na hul vorige beroepe?  Waarskynlik ‘n goeie dosis wanhoop en teleurstelling….

Maar, as Jesus LEWE, sou dit ‘n radikale verskil aan die dissipels se gemoedstoestand daardie Saterdag gemaak het.  Dan wás dit nie tevergeefs nie!  Dan hét Hy oorwin!  Dan wás Sy boodskap waar!  Dan hét hulle nog ‘n opdrag en roeping.  Kan jy vir jouself indink watter verskil dit aan hulle sou gemaak het as hulle toe al geweet het dat Jesus nie “dood” is nie?  Dis wat die Sondag more moes deurbreek in hulle lewe….

So, watter verskil maak dit in JOU lewe dat Jesus lewe?  As hy nie opgestaan het nie, dan is Hy nog dood; dan is daar geen oorwinning oor alle magte en die bose nie; dan was die dood inderdaad die laaste “angel”.  As westerling is dit wonderlik om te weet dat Jesus se kruisdood sondes vergewe het, maar as daar nog geen oorwinning was nie…. As Jesus net gekruisig is en nie opgestaan het nie, dan was dit dalk net ‘n “halwe” boodskap, met alle respek gesê.  WANHOOP!

Maar nou lééf HY!  Nou hét Hy oorwin!  Nou déél ons in die oorwinning, in die opstanding.  Nou ís daar hoop!  Inderdaad, die osptanding verander wanhoop in hoop, verander dood in lewe!

Slot

Gaan lees gerus die gedeeltes na die opstanding….die opstanding van Jesus het beslis ‘n reuse verskil in die dissipels se lewe gemaak.  HK 45 vra ook: watter nut het

ek was bevoorreg om daar te wees!

ek was bevoorreg om daar te wees!

die opstanding?  Die antwoord is so duidelik:

  • die dood is oorwin
  • dit het nuwe lewe geskep
  • dit waarborg ons eie opstanding

Liewe gemeente, die opstanding verander wanhoop in hoop; dit waarborg dat die oorwinning behaal is en dat ons saam met Jesus kan deel in die oorwinningslewe; nie eers net eendag nie, nou reeds!

As die opstanding jou nie kan uitlig uit wanhoop na hoop nie, is Hy nog “dood” in jou lewe.  Maak dit ‘n verskil in jóú lewe?  Ek hoop so……!

AMEN

 

***

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s