God se Alwetendheid?

Ek sit dikwels en wonder oor God se alwetendheid.  Wat weet God presies oor die toekoms?  Tradisioneel is die vinnige antwoord: God weet alles; dus ook alles oor die toekoms.  Maar dit skep ‘n effense ongemak…

Kom ek gee ‘n praktiese situasie.  Weet God dat ek oor 2 jaar … kom ons sê, bedrog gaan pleeg?  My ongemak met hierdie tradisionele siening is: as ons sê God het dit geweet ;

  1. dan is Hy mos nou al teleurgesteld met/in my😦
  2. kon Hy dit mos verhoed het deur my op ‘n ander plek te laat wees; wat natuurlik weer ‘n hele nuwe lomp opsies open
  3. en wat van ek wat tussen vandag en oor 2 jr bid en oortuig raak om…, ja, sendingwerk in Mosambiek te gaan doen.  Dan is ek nie waar bedrog gepleeg sou word nie
  4. Is God dan onkant gevang, of het Hy dit óók geweet?  As Hy dit ook geweet het en dus dan ook geweet het dat ek NIE die bedrog sou pleeg nie, dan het ek nie…; maar dan’t ek weer iets anders… en so kan die argument al om die punt aangaan!
  5. OK wag, kom ons vat ‘n ander een.  Het God geweet Eva sou ongehoorsaam wees? 

Jy sien, in my opinie is die tradisionele siening ‘n “te maklike” antwoord wat, sodra ‘n mens ‘n bietjie verder daaroor dink, jouself eintlik vasdink. 

So hoe dink ek dan daaroor?

  1. Wel eerstens, dink ek ons dink verkeerd oor God en tyd.   Ons dink oor tyd liniêr, m.a.w. daar’s ‘n begin (jou geboorte) en ‘n einde (jou dood).  Wel, dit al klaar is betwisbaar.  Het ons ‘n einde?  Ons lewe eintlik vir ewig – na die aardse lewe gaan dit voort (weliswaar in ‘n ander gedaante) in die ewigheid (of die ewige dood of die ewige lewe). Terug by die punt: Terwyl ons liniêr dink, dink ek oor God en tyd in ‘n sirkel.  God het geen begin of einde nie.  God was voor tyd al daar!  In hierdie tydsbegrip-konsep is die uitverkiesing (Eff 1) dan nie iets wat doeeer in die verlede plaasgevind het nie (ons tydbegrip, maar dit kon natuurlik in God se tyd-konsep, of selfs dalk anders), maar eintlik iets wat elke dag plaasvind!  God, as ‘n dinamiese lewende Here, is in elke oomblik betrokke by my, Sy kind, en neem laat dinge toe of nie toe nie.  En as iemand nou besluit om, onder leiding van die Heilige Gees, die Here te aanvaar as sy Verlosser, dan “het die uitverkiesing so pas plaasgevind” – of so iets.  Jy sien, ek glo dat niemand eendag kan sê, “ek was nie uitverkies by die grondlegging van die aarde nie, en daarom kan God ook nie eintlik my veroordeel nie”.  

    En net om dit finaal moeilik te maak – ons kan natuurlik net hieroor wonder!  Daar is nie ‘n manier hoe ek God volledig kan verklaar nie!  Eenvoudig, as ek sou kon, sou Hy te klein wees om “MY GOD” te wees.

  2. Tweedens wonder ek dan of dit nie eerder is dat God nié weet oor die “bedrog wat ek oor 2 jaar sou pleeg” nie.  Nie omdat Hy in Sy grootheid aangetas word nie, maar eerder omdat dit nie eintlik die punt is nie.  As God in ‘n lewendige verhouding met my staan en ‘n dinamiese God met my is elke dag, dan gaan dit nie oor môre nie. 

    Maar ook omdat God sonde haat en dit nooit sal/wil inreken in Sy raadsplan nie (so glo ek daaroor), daarom “weet” Hy nie oor die “bedrog” nie.  Wanneer dit wel plaasvind, dan tree Hy in en laat dit ten goede uitwerk (Rom 8:39 ev ).

  3. En derdens (wat ook ‘n topic op sy eie kan word), as Hy dit “weet”, dan moet Hy in sommige gevalle, selfs sonde “organize” om hierdie vooraf beplande (blouplan) ten uitvoer te bring!  En dit kan nie!!!

So hoe het dit gekom dat ek hieroor wonder.  Ek glo ek is in ‘n posisie geplaas deur God se toedoen.  Die “odds” is duidelik dat God gehelp het.  As dinge sleg en verkeerd loop, (wat natuurlik ons eie skuld ook kan wees!), dan, as jy in die tradisionele siening glo, wonder jy waarom Hy jou uit jou vorige “goeie” situasie geneem het na die slegter een.  Dit kan antuurlik ook wees ter wille van jou groei!, maar dis ‘n volgende punt.  So, het God geweet van die moeilikheid in die posisie waarin “hy jou geplaas” het?  Ek dink nie so nie.  Maar nou dat dit daar is, nou help Hy jou en “laat alles ten goede” uitwerk. 

Sjoe, lekker deurmekaar, maar dis hoe gebrekkig ons oor God kan dink, want ons ken maar ten dele!

Hoe’t die Grieke vir Paulus gesê: “Ons sal jou weer hieroor wil hoor” :0

Wat sêg medebloggers ….

One response to “God se Alwetendheid?

  1. Mooi gestel. Ek dink daai eerste punt oor God se tydsbegrip het die antwoord in. En iemand soos ek kan nie eers die vrae reg stel om te pas by God se tydsbegrip nie. My “wat as….?” vra byvoorbeeld seker “wat nadat ….”

    Ja, God weet. Maar dalk weet Hy nie vooraf nie, oor hy nie in eendimensionele voor-en-na tyd leef nie? Hoe sal ons weet?

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s