#HeynekeMustFall

Een ding wat die onlangse studente opstande oor studiegelde ons gegee het, is ‘n nuwe “# slogan” – #xxxxmustfall.  Verskeie variasies hiervan het die lobolladownloadafgelope tyd alreeds opgeskiet soos; #blademustfall, #zumamustfall, #vacationfeesmustfall; en een van my gunsteling, #lobolamustfall.  En natuurlik, na gisteraand se wêreldbeker wedstryd om die brons medalje tussen die Springbokke en Argentinië het die nuutste een verskyn: #heynekemustfall.

Laat ek eerlik wees, ek was ‘n voorstaander van Heyneke oor sy passie, eerlikheid en wat hy destyds met die Bulle reggekry het (met die klem op destyds, want duidelik is dit ou spel styl).  Maar gisteraand se wedstryd het hom geen guns bewys nie.  Inteendeel, ek dink meeste mense in Suid-Afrika sou hom nog ‘n tweede kans gegee het na die nederlaag teen die All Blacks verlede naweek, maar na gisteraand is ek eens met die #heynekemustfall beweging.

Soos iemand tereg gisteraand getwiet het – die Supersport paneelbespreking was meer opwindend as die rugby, met @AshwinWillemse aan die voorpunt, goed bygestaan deur @NaasBotha10.  Ashwin het aanvanklik baie huiwerig begin om te vra wat hy wou vra – ‘n mens het amper die gevoel gekry hy wil maar kan net nie want hulle is mos veronderstel om onpartydig te wees.  Maar letterlik, hoe later – hoe kwater.  Uiteindelik het Ashwin die bul by die horings gepak en gesêtweet4 wat almal van ons, swart en wit terloops, wil weet.  As dít is wat hy kon oplewer na 4 jaar se voorbereiding – en toegegee, daar was ‘n reuse verbetering tussen die welbekende Japan wedstryd en die kwarteindstryd – maar nogtans, as dit is wat hy opgelewer het in ‘n wedstryd wat ideaal geskik is vir “Franse flair“, dan is ek maar bly ons het verloor teen die All Blacks want die Ozzies sou ons verwoes het!

Saam met Ashwin se baie diplomatiese manier om die vrae op die tafel te sit – en dankie Ashwin, dit was inderdaad ‘n opwindende paneelbespreking – wil ek graag die volgende weet (disclaimer: ek is nie’n rugby kenner nie, maar net nog een van die 40m ondersteuners):

  1. Hoekom het Siya Kolisi (@kolisi1) nie een enkele game gespeel nie???  Ja Schalk is fantasties, maar Francois Louw kon, veral met sy beserings, ewe goed vervang gewees het deur Kolisi en hy sou beslis nie SA in die steek gelaat het nie.  Trouens, ek dink Kolisi sou selfs beter gewees het want ons flanke het nie in elke wedstryd goed gedoen nie.  Inteendeel, hopeloos teveel balle is afgestaan!
  2. En dan die veelbesproke 3-min-Paige.  Wat ‘n klap in die gesig van alle Suid-Afrikaners.  Om vir Rudy Paige 3 minute te laat speel.  Hy sou strate beter as Ruan Pienaar gewees het, nie net gisteraand nie, maar die hele toernooi deur!  Ruan het die plot, myns insiens, lankal verloor!  En gisteraand, behalwe vir die eerste 10 minute se opwindende spel, het hy alles weggeskop – geen wonder Argentinië het 70%+ balbesit gehad nie?
  3. Hoekom wil jy vir Bryan Habana afhaal as hy ‘n rekord jaag (dalk was die jaag van die rekord deel van Habana se probleme gisteraand, maar dit daar gelaat)?
  4. Hoekom kon Mvovu nie afgewissel gewees het met JP Pietersen nie?  Mvovu is nie vêr agter JP Pietersen se spelpeil nie.
  5. Hoekom het die spelers na die opwindende eerste 10 min, teruggekeer na die “game plan” wat ons al die jare nog laat verloor het?  Heyneke het van ‘n opwindende Willie le Roux, ‘n stil skopperige Willie le Roux gemaak.  Handré se breuke het ns nou al gesien, maar nee – skop (wat duideik nie sy strategiese beste is nie).  Van Ruan wil ek nie eers verder praat nie – hy moes nooit eers gegaan het nie.  Saam met Rudy Paige kon Reinach eerder gegaan het.
  6. Wat gaan Heyneke die volgende 4 jaar anders doen?  Is dit in sy denkraamwerk om heeltemaal weg te beweeg van hierdie rugby na dit wat Japan so laat vorder het; wat Argentinië so laat vorder het; wat van ‘n lae Australië 18 maande gelede in die finaal laat vorder het; wat die All Blacks nou al vir 8 jaar of wat die nr 1 span maak?  Kan Heyneke die “Rubicon” oorsteek?  Ek twyfel.tweet1

Ek is seker daar is heelwat meer vrae wat die kenners hopelik inderdaad vir Heyneke gaan vra wanneer daar nabetragting gehou gaan word.  Maar ek hoop ook, SARU het gisteraand se paneelbepsreking opgeneem om vir Heyneke terug te speel.  En terwyl SARU hopelik nabetragting reël, doen sommer die moeite om die “hashtags” en twiets van @SSRugby, @AshwinWillemse, #SSRugby, #Paige te lees.  Sommige harde woorde, maar die een refrein is oral duidelik en “trend” al amper – #heynekemustfall.

One response to “#HeynekeMustFall

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s