Kersfees nooi ons uit tot nuwe geloof (advent)

Luk 7:18-28

18/12/2009

Inleiding

Dis amper Kersfees…. en Kersfees is tradisioneel vreugde, blydskap, vrede…,
en tog is dit nie heeltemaal so nie.  Daar’s ‘n credit crunch, misdaad, persoonlike seer en gebrokenheid onder mense.  Almal het een of ander “seer” wat maak dat ons selfs wonder of Kersfees regtig ‘n vreugdefees is; wat wonder of Jesus regtig dié Een is? 

Johannes het self gewonder toe hy gevra het: “Is U die Een wat sou kom… “(Joh 6),  Johannes se vraag is dus in ‘n sekere sin ons almal se vraag.

Joh se Vraag

Johannes vra die vraag uit die tronk, in haglike omstandighede.  Hy het dalk selfs geweet hy is in die moeilikheid met Herodus (hy het Herodus vroeër tereg gewys). 

Johannes het ook hoë verwagtings gehad van Jesus; tipies Joodse verwagtings van ‘n Koning wat sou kom en Israel finaal sou verlos van die Romeinse juk en onderdrukking.  Die leeu van Juda.   Wat sien hy?  ‘n Koning wat soos ‘n slaaf leef; ‘n leeu wat die lam van God is. 

Geen wonder dat hy ook begin twyfel het?  As U die seun van God is, die Koning van die Jode….. waarom sien ons dit nie?  En om te dink, dis Johannes wat twyfel, die een wat Jesus se “voorloper” was, wat Jesus aangewys het as die lam van God.

Jesus se antwoord

Jesus se antwoord aan Johannes was ‘n oorweldigende JA… maar ‘n “onduidelike” ja.  Dit was ‘n “Ja” wat ook van hom ‘n stuk geloof gevra het.  Dis amper soos die gereelde vrae om God te bewys.  Ons kan baie bewyse opstapel, maar daar kom ‘n tyd en plek waar daar nie meer bewyse, of volledige bewyse is nie en wat dit geloof vra!  Immers, geloof is nie bewyse nie, dis om te glo in die dinge wat ons nie sien nie (Hebr 11).  Vir ‘n gelowige is daar dus meer as genoeg bewyse (die groot helaal, die kleinste organismes, die wonder van die skepping ens.), maar vir ‘n ongelowige is daar (wetenskaplik) eenvoudig net te veel “gaps”.  So is dit met Jesus se “Ja“.  Dis duidelik, maar dit vra iets meer as bewyse…

Jesus antwoord Johannes deur te wys op die vervulling van die profesieë, maar laat nogtans die ruimte om Johannes op te roep tot geloof.  ‘n “Ja“, maar nie ‘n ja vol bewyse nie.  Jesus se antwoord nooi Johannes uit tot nuwe geloof!; tot ‘n korreksie op sy teleurgerstelde verwagtings oor wie die “Koning van die Jode” moes wees (lees veral in die lig van sy haglike omstandighede).

Toepassing

As Johannes kon twyfel…. ons ook!  Ook ons het teleurgestelde verwagtings oor wat “Chrisenskap” of bekering moes teweeg bring, oor hoe en wat God moes antwoord op ons gebede.  Oor wat ons dink goed en reg vir ons is.  Dis ook nie verkeerd om, soos Johannes, te vra nie.  Om te vra wys ten minste dat

  • ons bly hoop op “iets beter”
  • ons bly dink dit behoort anders te wees; Kersfees, Jesus se koms behort ‘n verskil te gemaak het
  • ons nie hoop opgegee het nie.  Die wat nie meer hoop nie, vra nie meer of Jesus die “Een” is nie.  Hulle verwag niks eintlik meer nie.

Maar, die vraag moet ons ook weer opnuut oproep tot geloof!; tot regstelling van ons verkeerde verwagtings van wie Jesus is, wat Kersfees is of moes “doen” aan ons omstandighede; wat ons dink eintlik moes gebeur in en om ons lewe.  Kersfees wil dus jou opnuut uit nooi om te glo, om vas te hou aan die beloftes van God te midde van ‘n deurmekaar wêreld.  Soos vir Johannes, sê Kersfees “JA”, maar ‘n ja wat geloof ook vra!

Slot

Dis Kerstyd.  Het Jesus se geboorte ‘n verskil gemaak?  Verseker!  Maar, miskien effens anders as wat die Jode gedink het…..en miskien anders as wat ek en jy gedink het!

Immers, die kruis is uiteindelik God se volledige JA vir ons; bewys van Sy liefde!

Amen

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s