#HeynekeMustFall

Een ding wat die onlangse studente opstande oor studiegelde ons gegee het, is ‘n nuwe “# slogan” – #xxxxmustfall.  Verskeie variasies hiervan het die lobolladownloadafgelope tyd alreeds opgeskiet soos; #blademustfall, #zumamustfall, #vacationfeesmustfall; en een van my gunsteling, #lobolamustfall.  En natuurlik, na gisteraand se wêreldbeker wedstryd om die brons medalje tussen die Springbokke en Argentinië het die nuutste een verskyn: #heynekemustfall.

Laat ek eerlik wees, ek was ‘n voorstaander van Heyneke oor sy passie, eerlikheid en wat hy destyds met die Bulle reggekry het (met die klem op destyds, want duidelik is dit ou spel styl).  Maar gisteraand se wedstryd het hom geen guns bewys nie.  Inteendeel, ek dink meeste mense in Suid-Afrika sou hom nog ‘n tweede kans gegee het na die nederlaag teen die All Blacks verlede naweek, maar na gisteraand is ek eens met die #heynekemustfall beweging.

Lees voort