4 Waarhede vir die huwelik

Eff 5; Gen 2:18-24; Ps 127:1

21/05/2011 – Huwelik

Inleiding

Die huwelik is in ‘n sin ‘n mini-samelewing; ‘n mini geloofsgemeenskap.  Terselfdertyd het die duiwel sy mes behoorlik in vir huwelike want hy wil lewens verwoes en in die proses mense (en hul getuienisse) neutraliseer.  Daarom “kla” hy ons ook gedurig aan; maak hy “ons stem stil”.  Oor die jare het ek 4 waarhede oor die huwelik geleer wat ek graag vandag wil deel.

1. Liefde

Liefde is nie net ‘n gevoel nie, aar ook ‘n wilsdaad.  Dis duidelik as ons sien hoeveel keer die Bybel ons die opdrag gee om mekaar lief te hê; selfs ons vyande.  Waar ons sou dink dat ‘n man en vrou van nature mekaar lief het (dis immers hoekom hulle uiteindelik besluit het om te trou), vind die Bybel dit nodig om mans en vroue opdrag te gee om mekaar lief te hê.  Dit sê net een ding – alhoewel dit van nature kom, is daar ‘n opdrag kant aan liefde binne die huwelik.  Daar waar jy skielik twyfel, geirriteerd raak…. daar raak dit ‘n opdrag want die huwelik is vir God uiters belangrik.  Dis ‘n mini-samelewing; die plek waar kinders voorberei word vir die lewe!

2. Mekaar se helpers

Die verhaal in Gen 2 vertel waar Adam al die diere moes name gee en dan verklaar dat hy nêrens een kon kry wat soos hy is nie, wat by hom pas nie.  Dan volg die skepping van die vrou en skielik “sing” Adam dit uit (in Hebreeus is dit in ‘n vorm van ‘n lied): “Nou is daar een soos ek…”  Julle is mekaar se helpers; julle is die een wat God aan jou gegee het wat jou “volledig” maak, wat jou help om jou volle potensiaal te laat ontwikkel.  Dis die een wat jou bystaan, verstaan, geduldig is, vriend en kameraad is.  Koester daardie verhouding – julle het mekaar nodig om “mens” te wees.

3. Vergifnis

Al is vandag so mooi en romanties, ons is ongelukkig nog nie in die hemel nie.  Vergifnis gaan daarom ook ongelukkig nodig wees.  Die Bybel sê ons moet mekaar vergewe “soos die Here julle vergewe het”.  Dis ‘n bykans onmoontlike opdrag!  Daar was en is geen oortreding wat jy kon begaan wat groter is as Jesus se vergifnis nie.  Daar is geen oortreding wat te groot is vir Jesus se kruis-dood nie.  So het Jesus jou vergewe; onvoorwaardelik.  Ja, selfs nadat jy dieselfde dinge oor-en-oor doen.  Hy hou nie boek nie; Hy tel nie.  Só moet julle mekaar vergewe!  Sewe maal?  Nee, 70 x 70 keer; m.a.w., wanneer jy vergeet het om verder boek te hou….  Leer om mekaar te vergewe, al het jy hoe seer gekry!

4. Egskeiding

Mal 2 is omtrent die krasste oor egskeiding in die Bybel: “God haat egskeiding“.  Een van God se bedoelings met die huwelik is om ‘n veilige ruimte te skep waar “Godly children”, m.a.w. ‘n nageslag vir Hom voorberei word.  Daarom moet ons alles in ons vermoë doen om ons huwelike te beskerm.  Dis die moeite werd; dis God se opdrag; dis Sy wil!  Ek het al talle kinders deur belydenisgroepe gehad; al talle kinders in jeugbediening mee gesels en nog nooit het ek kinders gesien wat bly is of as wenners uit ‘n egskeiding gestap het nie.  Ja, deur die genade herstel die Here wonderbaarlik lewens in talle gebroke huise; maar dis nie SY oorspronklike doel en plan gewees nie en ons moet daarteen waak met alle krag en mag tot ons beskikking!

Slot

Die huwelik is ‘n mini samelewing en ‘n mini geloofsgemeenskap.  Daar, in die huwelik, moet dieselfde beginsels geld:

  • liefde
  • vergifnis
  • weerstaan die duiwel
  • wees mekaar se helpers
  • bou mekaar op

Amen

29 responses to “4 Waarhede vir die huwelik

    • Louis
      Ek kan getuig dat God bonatuurlik ingegryp het en my huwelik in Desember gered het. WANT die vyand wil steel en verwoes. Wat God saamgevoeg het kan GEEN mens skei nie, baklei vir jou huwelik baklei vir daardie beloftes wat julle voor God afgele het – spreek lewe in jou huwelik – LIEFDE bedek ALLES – God sal jou help om te vergewe … Ek bid vir julle en intussen kan ek vir jou Psalm 91 gee – skuil onder God se vlerk – HY sal jou die krag gee! Groter is Hy wat in jou is, as hy wat in die wereld is!

      Like

    • My naam is Johan Visagie. My huwelik van 25 jaar is op die rotse en ek weet nie waarnatoe nie? Is daar enigiemand wat kan help aub? Beste groete, Johan

      Like

      • Hallo Johan
        Daar is beslis baie hulp beskikbaar. Vnd uit of iemand Imago beradingstegnieke gebruik en gaan soontoe. Daar’s ook ‘n groep beraders in Pretoria…ek sal hul wewerf hier post.

        Like

  1. Ek en my man is so ver uit mekaar uit dit voel my huwelik is op die rotse help asb of gee raad ek kan nie slaap nie dink vreeslik baie

    Like

    • Gaan op jou kniee en begin vertrou die Here. Moenie dat satan vernietig nie!!! Rom. 12:12 gee ek vir jou en moenie laat los nie…… nooit!!

      Like

  2. My huwelik gaan ook deur n storm ,maar ek het dit voor die voet van Jesus neergesit en los dit vir Hom wat my lief het om te genees. ek het net besluit dat satan NIE my huwelik gaan verwoes nie. ek is gehoorsaam en herinner die Here aan Sy beloftes en werke en glo aan krag in gebed. As die Here met ons , wie kan teen ons wees?

    Like

  3. Vader ek kom na U met n gebroke hart U ken my lewe Vader ek bid in U naam om asb my man aan te raak in dit wat hy doen Here die vrou wie hy my voor gelos het laat dai mag wat sy op hom het bestraf word en deur U vernietig verklaar word staan tusen hule My God Here U weet hy het aan my gese hy is onseker oor sy gevoelings vir ha My God breek dai gevoel van onsekerheid sodat hy my kan lief he meer as ooit Hera wa hy so ver van my geskei is vra ek U my God bring hom trug na my toe red my huwelik sodat ons mekaar kan lief he kan respekteer en bemin Here U het ons saam gebring vir 36 jaar bring ons weer saam vir nog 36 ek mis hom so U ken my hart Here raak hom aan sodat hy na my trug keer in U naam vra ek Jesud help my antwoord my gebed U is almagtig by U is niks onmoontlik ni Ek vra dit in die naam van Ons Vader Amen

    Like

  4. Dit is werklik hartseer om al die seer in die huwelike vandag te sien, mense is raadop en in baie gevalle sien hul geen ander uitweg as om te skei nie.

    Dit is verstomend om te sien dat die eens brandende vuur wat daar in die verhouding was nou net as oorgebly het.

    Ek glo uit my hele hart dat huwelike kan herstel, deur die genade en hulp van ons Heer. Die vyand staan teen alles wat vir God goed is en sal alles in sy vermoë doen om n huwelik op die rotse te kry, nie net breek hy n huwelik op nie maar hy kry dit ook reg om generasies wat uit daardie gebroke huwelik te beinvloed.

    Ek dink n huwelik is nie op die rotse mits ons sê dit is op die rotse nie, bedoelend dat ons alle hoop in onsself, ons metgesel asook God verloor het..

    Ek werk al die afgelope 9 jaar met gebroke huwelike en het al telkenmale gesien hoe God alles omdraai net omdat die egpaar n keuse gemaak het om hul rol en funksie in die huwelik op n Godelike manier vertolk en God die middelpunt van alles maak.

    Vir diegene wat dalk al moed verloor het, en nie kans sien nie, wil ek net sê…….liefde is n gawe van God, en om onvoorwaardelik lief te hê beteken om ander te aanvaar en lief te wees soos God my lief het.

    1 Joh 4:1-21
    We love because He first loved us
    He that dont love dont know God.
    God is love therefor we can love

    rouvain@gmail.com
    0782794776

    Like

  5. Het hulp nodig. Huwelik op die rotse na vrou 4 maande n verhouding gehad het. Pille. Drank. Kinders. Alles net te veel help

    Like

  6. Ek het vanoggend gebid oor die saak en gevra vir God vir ‘n antwoord. My worsteling is seker nie so groot soos baie van die hier bo nie… Ek het eintlik gegoogle waar in die Bybel staan dat God 70×70 keer vergewe, en het begin wonder wat gebeur as 70×70 keer opraak.
    2 jaar terug het ek my man gelos, ek wou skei oor pornagrafie, dit het hom so vas dat dit alles van ons huwelik weg gekou het. Ons was 3 maande uitmekaar uit, ek’t ‘n egskeiding ingedien, die selfde week wat die brief afgelewer word, het ons weer bymekaar gekom.
    Dis 3 jaar weer daarna, ons het ‘n pragtige baba dogtertjie en ‘n 12jarige dogtertjie. Ek het vanoggend weer afgekom op klomp pornagrafie, onderandere Teen Porn. My hart is in stukke, ek het soveel keer al vir hom gese dit is vir my net soos egbreek pleeg, en watse tipe voorbeeld vir pa is hy en voorbeeld vir ons kinders as ‘n rolmodel ens. Lang storie kort… Ek kan nie so aangaan nie, ek gaan nie myself so verneder elke keer en laat opweeg teen die vrouens waarna hy so smag nie. Ek kan nie meer nie, ek wil uit.
    Ek besef niks wat ek kan doen, kan hom help nie, nie as hyself verlof wil word daarvan nie. Hy’t al mense gaan sien-van die bestes, ek’t trane voor die Here gebid en gehuil – niks…want hy wil nie regtig self loskom van die verslawing nie. My ma sê let go and let God, en ek moet die saak hanteer soos God sal… maar ek sit al met die probleem al vir jare – ek het net nie weer krag hiervoor nie

    Like

    • Hallo Lize

      Ek verstaan heeltemal jou seer. Dis ‘n komplekse probleem. As ek kan help, sal ek probeer. Ek stel voor julle gaan sien professionele hulp oor die “verslawing”. Julle moet ook “War Room” saam kyk – dit spreek die probleem direk aan.

      As jy my wil kontak, stuur vir my ‘n persoonlike boodskap na umfundise by gmail.

      Terloops, 70 x 70 was juis ‘n antwoord van Jesus wat dui op ‘n oneindige getal. Wie hou boek van 4900 oortredings? :-). Maar ek weet dit los nie die probleem op nie….

      Groete

      Like

  7. Ek vra dringend gebed om my huelik te red My man het teen my en kinders gedraai satan besig met hom .Hy bid ni meer nie gaan ni kerk toe ni beledig my val my gebede aan weerhou my van kerkbywoning ek bly dom in sy oe”en werverp my totaal geen kontak isoleer hom van ons ek weet nie wat in hom gevaar het nie Net God weet en kan hom verlossing gee Net God kan verharde hart versag sy negatiewe gedagtes genees en hom terug bring na ons Net God kan wonders doen Bid saam asb Baie danki

    Like

  8. Goeie More Susanna

    Al wat ek vir jou kan sê – Het jy al die rolprent “War Room” gekyk? Gaan kyk dit ‘n bietjie.

    Die duiwel is baie lustig vir goeie huwelike, ek weet dit myself – maar ons het ‘n God wat wonders kan verrig wanneer ons dink daar is niks meer hoop nie.

    Ongelukkig moet jou man ook toeganklik wees vir God om te werk, God staan by jou deur en klop, Hy vorseer Hom nie self in nie, want Hy gee ons as mens die keuse watter pad ons wil neem in die lewe, Hy maak dit nie vir ons nie – Dit is waar die hele Geloof geheim lê. Dit is nie tesê God kan glad nie met ‘n mens wek wat nie toeganklik is vir Hom nie, maar dit is waar jy die grootste rol speel, God gebruik ons op aarde om ‘n voorbeeld te wees vir ander, en Sy liefde en beeld en voorbeeld uit te straal na ander, wat hul dan honger maak vir dit wat jy het. Ongelukkig is dit nie ‘n oornag verandering nie, maar baie tyd op jou knee voor God, baie geduld, baie trane en deursettings vermoe – en deur jou kan God stadig werk aan jou man.

    Wees eerlik met jouself, ons vrouens kan maklik soms net uitbars en dinge kan net te gou teveel raak, en in daardie oomblik van swakheid kan jy alles wat jy tot dan op gebou het verloor – God sal jou moet sterk maak sodat Hy deur jou kan werk na jou man toe. Maak dit sin?

    Die grootste voorbeeld is “War room” doen jouself ‘n guns en kyk dit – jy sal nie spyd wees nie.

    Baie sterkte vir jou.

    Liked by 1 person

  9. Hi my naam is jonathan my vrou Se naam is Veronique Syster ons is 5jaar getroud ons is nou n Maand weg van mekaar AF,sy is by haar ma haar ma het haar kom haal omdat Ek nie n werk het nie sy gaan agter haar ma aan…bid asseblief DAT sy terug moet kom…dankie

    Liked by 1 person

  10. ek kom vra na hulp asb ek en my man gaan des vir 6 jaar getroud ons was 2 jaar uit mekaar en ek het nie opgehou bid en glo ni hy het in tussen n kind saam n ander vrou maar eks is berheid om dit te anvaar ons is nou weer so maand saam nou se hy hy voel nie die sele oor my nie en wil als op skop asb ek wil hom nie weer verloor nie ek het hom lief….hy se hy wil nie meer saam my wees nie ons het ook n pop van 5jaar oud en sy sien my elke dag huil…asb wat kan ek doen

    Like

    • Ai, so jammer om dit te hoor. Die beste is dat julle saam iemand gaan sien. Love is not a feeling but an act of your will – dis ‘n wilsbesluit om lief te BLY vir jou man/vrou; nie altyd maklik nie, maaar die “beloning” is onmeetbaar. My kinders is nou al almal groot en dank ons gereeld dat ons nog bymekaar is in ‘n wêreld waar egskeiding so volop is. Dalk is egskeiding niks anders as selfsugtigheid nie… :-0

      Like

  11. Hi, ek versoek gebef asseblief. Ek en my man van 14 jaar getroud gaan deur n baie slegte tyd. Ek het hom glad nie gerespekteer nie en heeltemal versmoor. Asseblief bid vir ons huwelik want hy het angedui hy is klaar en wil nie meer aangaan nie. Ek het begin bid en vergifnis gevra vir my verkeerde dade. Dankie almal.

    Like

  12. Hi. Ek is laasjaar met n man getroud met 3 kinders. Sy vrou is oorlede aan kanker so die kinders is in sy sorg. Ek het ook 3 van my eie maar hulle is al op hulle eie. My man is n dierbare mens maar ek voel soms of ek agterwee gelaat word. Ek verstaan hulle het sy aandag nodig maar ek ook. Voor ek hom ontmoet het was ek in n verhouding waar n man my verkleineer het en rondgeslaap het. So ek het n tiepe van n kompleks. Soms weet ek nie waar ek regtig inpas nie. Die jongste seun is n baie goeie rugby speler. So ons is elke saterdag by die rugby. As daar iets op die whats up groep of op facebook gepost word reply hy dadelik maar as ek iets op facebook van hom plaas om te se dat ek hom liefhet of dankie vir als wat hy vir my doen of beteken lees hy dit nie eers nie. Dae later as ek hom daaroor uitvra se hy hy het die nie eers gesien nie. Maar ek Tag hom. Dit maak my so seer. As ek iets wil doen is hy altyd moeg maar as ons 6 uur soggens moet opstaan en ry vir rugby is daar niks verkeerd nie. Sy besigheid gaan nie so goed nie. Ek bid vir hom. Soms sal ek my hand op hom sit asof ek net aan hom moet raak en vra die Here om sy grondgebied te vergroot. Hy ken die Here maar dis of hy vergeet. Ek weet nie of hy wel met God praat nie want hy se niks. Ek kan nie en sal nie die man vir satan gee nie. Hy is n wonderlike man en ek is baie lief vir hom. Ek raak net moedeloos oor ek nie aandag kry nie. saans is dit TV an naweke rugby. Ons spandeer nooit tyd alleen nie. Ek glo nie dis soos n huwelik moet wees nie. Ek vra dat almal saam my vir hom moet bid asb

    Like

Lewer kommentaar