Geskiedenis en NOU…..

Ek lees vanoggend ‘n interressante blog oor die nuutste “viral” ontdekking naamlik die “Gospel of Jesus’ Wife“.  Omdat ek nog altyd belang gestel het in geskiedenis, het hierdie blog my aan die dink gesit….(cognito ergo sum).

Geskiedenis speel ‘n belangrike rol in ons lewe en baie mense is bv. van opinie dat geskiedenis hom gereeld herhaal.  Hoewel ek hou van geskiedenis, het ek nog nooit van daardie stelling gehou nie omdat dit die gevaar inhou dat God ‘n deterministiese God “word” – Iemand wat nie ingryp in die daaglikse lewe van mens en skepping nie.  Dit negeer die her-skepping van God, asof ons (en die hele skepping) aangeskakel is en nou net van dag tot dag aan beweeg op die “voorgeskrewe” baan.  Nee, ek glo dat God ‘n lewende dinamiese Skepper én her-skeppende God is wat die loop van geskiedenis daagliks kan (en wil) verander deur Sy Goddelike ingrepe.  En daar is ook talle voorbeelde daarvan.

Met dit as basis dan, speel geskiedenis tog ‘n belangrike rol in ons lewe.  Soos die blog dit stel, met verwysing na Michel de Certeau:

… “an endless labor of differentiation” between a former period and the present. That is, meaning is formed through the process of negotiating the past and present. Such differentiation, according to de Certeau, takes place “along the margins which join a society with its past and with the very act of separating itself from that past” (The Writing of History, 37). It is only when accounts of the past and their interpretation in the present meet that something new is created. It is a “back and forth” between two poles of the “real.” The goal of historiography for de Certeau is the relocation of the past (preserved) into the conceptual (and narrative) framework of present discourse that unfolds or resuscitates the lost through labors of differentiation.

Brite C. Jones gaan voort om te verduidelik hoe geskiedenis ons identiteit vorm.  Ek bv. het ‘n lewendige belangstelling in genealogie.  Deur genealogie, die families, die troues onder mekaar, die Anglo-Boere-oorlog – alles vorm deel van wie ons (ek) is; dit vorm my denke oor oorlog, dit vorm my denke oor waar ek inpas en watter rol ek (ons) speel in bv. Suid-Afrika.  Goed of sleg, geskiedenis speel beslis ‘n rol in die vorming van ons opinies en denke oor verskeie sake.  Die politieke diskoers en elkeen se opinie oor hoe Suid-Afrika moes of kon wees, is gekoppel aan ons geskiedenis.

Brite C. Jones se blog het my dus laat dink aan die “agenda” waarmee sommige historiese artefakte en ontdekkings aan ons voorgehou word.  Soos Jones self sê, hierdie papirus ontdekking word só oorbeklemtoon (hele uitgawe van ‘n tydskrif word daaraan spandeer, wetenskaplike chemiese toetse word gedoen om outentisiteit te bevestig ens.), terwyl ander, non-kontensieuse papirus ontdekkings gewoon deur historici ondersoek word, dat ‘n mens tereg wil afvra wat hulle “agenda” is?  Wat wil hulle bereik?  Dat die evangelie nie waar is nie?  Dat Jesus nie die Messias was nie?  Dat die hele Christendom “fake” is; ‘n opmaaksel is van ‘n klompie dissipels?  Selfs Bono van U2 het in ‘n video opname gesê: “of Jesus was eg, of “nuts” maar as hy sien hoeveel miljoene mense se lewe deur Jesus geraak is, is dit vir hom ondenkbaar om te dink dat dit nié waar is nie, of dat Hy “nuts” was.

Maar wag, ek dwaal af:  my vraag is – wat wil diegene bereik deur so groot ophef van hierdie ontdekking te maak, terwyl ander ontdekkings rustig bestudeer word en opgeneem word in die historiese artefakte van ons wêreld?  Wil hulle my geloof bevraagteken?

Persoonlik moet ek sê:  as ek mooi daaroor dink, maak dit vir my geen duit verskil aan die persoon, identiteit of lewe en werk van Jesus of Hy getroud was of nie.  Dit lê vir my op dieselfde vlak as of hy ‘n skrynwerker of ‘n visserman was – “whatever“.  Hy is steeds volledig mens (met emosies en gevoelens) en volledig God (twee-nature leer); selfs as moontlik ‘n getroude.  Hy is steeds die Seun van God, die Messias, die EEN wat gekom het om vir ons sondes aan die kruis te sterf.  Alles is vir my steeds waar.

Proudly a Christian!

 

***

One response to “Geskiedenis en NOU…..

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s