I want it NOW and I want it ALL

Ek besef vanoggend hoe die gees van die tyd, media en vandag se “kits” mentaliteit ons opvoeding befoeter.

Ons is geleer, of laat ek liewers sê, ons kom uit die era toe jy nie alles op een slag mag gebruik het nie.  My ma se:

  • dis nou genoeg, more is nog ‘n dag
  • as iemand jou koekies aanbied, neem jy nie die hele bak nie
  • los vir môre ook
  • “don’t overstay your welcome” ens…..
  • ek sal nooit vergeet nie; my pa se broer het gekla omdat hy ‘n kleiner skeppie pap gekry het as kind waarop my ouma ‘n 3-poot pot pap gemaak het en hom verplig het om alles op te eet.  Nodeloos om te sê: dit het nooit weer gebeur nie en het so indruk op ons gemaak dat ons dit nie eers probeer het nie (want net dalk probeer my pa dieselfde truuk).  Maar goeie punt gemaak: oordoen is nie lekker nie!

Die punt was dat ons geleer is om net te neem/gebruik wat nodig is vandag, en om ons behoeftes uit te stel.  Dit laat my dink aan die Israeliete tydens die uittog: dieselfde beginsel het God hulle ook geleer deur hulle te belet om meer manna te neem as wat nodig is (en toe hulle wel, toe vrot dit); God sal môre voorsien wat nodig is.  Hierdie beginsel kom deurgans in die Bybel voor en leer ons eintlik ook om God te vertrou vir ons daaglikse behoeftes.  Opgaar is nie noodwendig goed nie, en het die gevaar om te “vrot”.  Opgaar, ook in finansiële terme, maak dat ons nie meer hoef te vertrou nie (OK, moet nou nie die dam onder die eend pluk nie; ek stel nie onverantwoordelikheid voor nie).

In teenstelling hiermee, leer vandag se jongmense (en ons oueres ook maar eintlik) die teenoorgestelde.  Ons leer om op te gaar; ons leer om te vat want jy gaan nie weer kry nie (korrupsie?); ons leer dat as die pap loop, moet jy skep!  Ons wil nie meer wag vir daai hoë pos en salaris nie; ons wil dit nou hê.  Ons wil begin waar ons ouers geëindig het – groot huis, smart kar….  Ek wil dit nie net alles hê nie, ek wil dit ook nou hê.

Snaaks dat hierdie ook in ons kos en eetgewoontes oorspoel.  Ons koop nie 1 lt melk nie (want in die ou dae sou dit die volgende dag suur gewees het); nee ons koop sommer 2 of 3 2lt melke want hulle gooi soveel “rubbish” in dat dit nou 18 dae kan hou (opgaar).  Ons maak nie meer ons eie brode nie, want dit vat te lank – te veel moeite, maar ons koop brood met GMO’s en chemiese goed wat die rak tydperk verhoog.  Ons geniet nie meer net die geleentheid nie; ons suip ons so dronk dat ons 3 – 4 dae moet herstel (met groot pyn en ongemak) i.p.v. om te stop wanneer dit gepas is, dit te geniet en selfs dalk môre ook weer ‘n drankie te kan geniet.

Hoekom moet ons eet, drink, vry, verhoudings he “as if there is NO tomorrow“?  Hierdie eenvoudige beginsel het geweldige waarde op alle vlakke van ons lewe.

  • moenie jou oorvreet as iets verniet gegee word nie; dis ongeskik en ongesond
  • moenie leef as getroudes met jou ou/meisie nie, wat van “môre”?  Wat bly oor?  Dis ook “vraatsugtigheid en kan “vrot”.
  • moenie die “deur matjie” deurtrap nie; die vriendskap / verhouding kan suur raak
  • tree af / uit op ‘n hoogtepunt (rugbyspelers, presidente); moenie wag dat mense bid dat jy uittree nie (Zuma)

I want it NOW and I want it ALL; as if there is NO tomorrow.

Kom ons draai die gety!

***

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s