Waai meneer, ons soek “pleps”

 

koshuisEk het vandag ‘n klip in my skoen.  Dit voel asof universiteits-beleide t.o.v. koshuis plek deesdae so klink: “Waai meneer, ons soek plek vir die “pleps” (disclaimer: glad nie neerhalend bedoel nie, ek wou maar net ‘n term gebruik vir ‘n eerstejaar soos deur die jare al gebruik is).  My klip klink so…

Na twee jaar in ‘n koshuis, met ‘n gemiddelde persentasie van in die 70’s, kon ‘n student nie sy/haar plek in ‘n koshuis verseker nie.  Hoewel ek begrip het vir die dilemma van skaars plek en al die dinge, kan ek egter nie verstaan waarom studente wat reeds 1, 2 of 3 jaar in ‘n koshuis woon, hulle plek hoef te vleroor vir 1ste jaars nie.  Daar’s mos ‘n normale rotering wanneer afgestudeerdes klaar maak.  Maak dan liewer ‘n nuwe reel dat jy nie as Honeurs of M Student onbepaald kan bly nie; maar voorgraads???

Die ander klip in my skoen is dan rondom ontgroening, koshuis trots ens.  Myns insiens maak hierdie beleid daardie oogmerke van enige koshuis (om trots, lojaliteit en al die dinge te bou in eerstejaars), ‘n futiele oefening want as ek koshuis trots en lojaliteit gebou het, watter

ek het ook so 'n foto in my album.....dankie tog ons is oor dit

ek het ook so ‘n foto in my album…..dankie tog ons is oor dit

lojaliteit is daar teenoor my as ek ‘n plek in my 2de of 3de jaar verloor.  Nog erger, ons weet dat 2de jaars ook nog nie al die voorregte het as ander seniors nie – so ‘n student wat in sy/haar 2de jaar moet uit, wat deur al die pyn gegaan het sonder om ooit al die senior voorregte te kon he.  “What a waste”!

Tesame met ervaringe oor die jare van koshuise (ek self was in ‘n koshuis met erge ontgroening, my vrou was, my kinders was), is my kontensie vandag dat ontgroening eintlik besig is om sy plek in die samelewing te verloor.  Ek wonder vandag wat het regtig “beter” (of dalk selfs slegter) geraak in my onmiddellike kring, wat direk of indirek gekoppel kan word aan ontgroening.  Dan wonder ek of dit regtig nog ‘n plek in ons moderne samelewing het?  En met hierdie beleid van her-aansoek van seniors; word die vraag vir my nog groter.

###

22 responses to “Waai meneer, ons soek “pleps”

  1. Dit lyk my mense wat wys dat hulle hulle kant bring, goeie punte behaal, selfs bereid is om verder te leer, nou moet terugstaan vir mense wat nog NIKS in hulle lewe bereik het nie, mense wie die universiteit nie eers SEKER is dat hulle sal presteer nie.
    Dis ook mos vir die Universiteit goed as mense nagraads studeer. Universiteite kry juis ‘n plek op die wêreldranglys deur die aantal M en PHD’s wat hulle verwerf. Nou word studente regtig ontmoedig.

    Like

  2. Stem 100% saam! Ek het ook ‘n hele paar keer moes buk vir “tekkie-party” wat my gat veel erger laat lyk het as daai foto, en PT gedoen tot ek gekots het, en met koue water my balhare moes skeer en daarna deepheat invryf en vir die seniors se genot met 20 ander eestejaars baklei oor ‘n emmer yswater om die brand te blus, en vir wat? Dit het in my eerlike opinie net mooi niks gedoen vir sogenaamde “koshuistrots” nie dit was net ‘n geboelie omdat hulle kon, en ons het as seniors weer presies dieselfde gedoen, en so sou dit vir ewig aangaan as mense nie begin wyser raak het en dit stopgesit het nie.

    Like

      • Dis net soos jy daar sê ‘n spiraal wat al hoe erger raak met tyd as niemand inspring en keer nie. In my eerstejaar is ons vieslik verneder en mishandel op maniere wat vandag vir weke die koerante sal besig hou. Ek het vir ses maande uitgehou maar een koue wintersaand in Augustus was die laaste stront. Nes jy dink jy ken al die seniors se tricks dan het hulle met ‘n nuwe een vorendag gekom, en daai aand was vir my die ergste. Hulle het dit genoem ‘fire & ice’ en dit het behels dat elke jar ‘n bakkie vol ysblokkies en water op die sitkamer se vloer sit, en dan doen jy kaalgat pushups bo-oor dit. Vir so lank as wat jy onder is moet jy jou, wel, “sensitiefste dele” in die ys hou, en vir so lank as jy bo is slaan die seniors jou boude met tekkies. Almal begin onder maar na ‘n paar minute raak dit so seer jy lig maar jou boude op en dan begin die pakslae, tot jy nie meer kan uithou nie dan sak jy maar weer af in die yswater in. Koud onder en warm bo en glo vir my as dit lank genoeg aanhou is altwee ewe pynvol. As die ys smelt moet jy self opspring en weer jou bakkie gaan volmaak uit die cooler box daar voor almal en dan lag en spot die seniors jou natuurlik oor die newe effekte wat koue water mos maar op ‘n man se selfbeeld het… Die volgende oggend het ek my blou boude vir die laaste keer onder ‘n koue stort gewas (daar was 2 storte vir eerstejaars waar die warm krane verwyder is) my tas gepak en al my sakgeld geblaas op ‘n Greyhoud bus kaartjie huis toe. My ma het daai aand my boude een kyk gegee en toe my pa oorreed om vir ‘n flat te betaal. Die ergste van alles was hoe seniors en selfs party van die eerstejaars wat my vriende was my skielik vermy het na dit.

        Like

      • Ag siestog, mamma se arme seun… Soos hulle in Englels sê if you cant stand the heat get out of the kitchen!! Daai fire and ice storie is presies wat koshuislewe soveel anders en beter maak as dorp want niemand gan dood nie en die wat dit kon handle sonder om na mamma weg te hardloop lag seker tot vandag nog daaroor want dit klink flippen snaaks!

        Like

      • Hein is jy van jou sinne beroof? In watter moontlike heelal kan daardie storie as “snaaks” beskryf word? Om mense kaal te laat uittrek en hulle dan te slaan en forseer om pynvolle en vernederende goed te doen is niks anders as SIEK nie! Ongelukkig weet ek dat sulke dinge (en veel erger) wel gebeur het en dalk nog steeds gebeur, want ek is self deur dit. En dis daai mentaliteit van jou soort dat alles net pret is wat ek nooit sal verstaan nie.

        Like

      • nee Stef ek’s nie van my sinne beroof nie ek’s maar net ‘n koshuisman wat trots is dat ek ontgroening oorleef en geniet het. Jy laat dit veel erger klink as wat dit was ons het dosyne sulke opf*ksessies gehad en soms was ons kaalgat maar almal het geweet waar hulle staan met hulle mede koshuisbroers en dit was nie siek nie en almal het later gelag. Tot vandag nog as ons kuier dan is dit juis daai mal ontgroening stories waaroor die manne lekkerste gesels en onthou so oor die brasivleisvuur. As jy nie deel was van dit nie sal jy nie verstaan nie en moet jy dalk eerder stilbly.

        Like

      • Hein jy sê as ek nie deel was nie sal ek nie verstaan nie, maar dis juis my punt – ek was deel van dit en was al 4 jaar op koshuis. My hele eerstejaar het ek elke oggend met yskoue water moes stort, en my senior gaan wakker maak met koffie soos ‘n slaaf en net altyd afkyk en sê “ja meneer, nee meneer” soos ‘n plep presies soos hierdie blog beskryf. Ja baie van dit was onskuldige pret en ja ek het aanvanklik baie goeie veiende gemaak, maar die gebrek aan toesig het die seniors heeltemal laat uithaak met die mag wat hulle oor ons jarre gehad het. En ja ek weet om kaalgat te wees in plekke soos storte en in die rugby se aantrekkamers is een ding waarmee meeste manne gemaklik is, maar ons is doelbewus verneder deur publieke naaktheid en dis iets anders. Vir ‘n jaar is ek gereeld geslaan met enigiets van ‘n plakkie tot ‘n stuk tuinslang, sleggesê en op allerlei kreatiewe maniere gestraf en verneder vir geen ander rede as dat die seniors dit kon doen en mekaar probeer oortref om te sien presies hoe ver hulle dit kon vat nie. Jou hare sal rys as ek moet vertel wat alles aan ons gedoen is en wat ek later jare moes sien gebeur. As senior het ek myself heeltemal uit ontgroening uitgehou en selfs dit het vir my vyande gemaak want dan kry jy mos reputasie dat jy nie ‘n “team player” is nie. Ek het tog uiteindelik my koshuislewe geniet, maar die ontroening was ‘n groot euwel en ek is bly dit word deesdae uitgeroei.

        Like

      • siestog Stef koue water, koffie en pak kry elke nou en dan dit klink soos die ergste marteling ooit jy kan bly wees jy’t oorleef… Hahaha, dis NIKS my maat ek twyfel regtig of jou stories my hare sal laat reis… Ons koshuis het ‘n reputasie gehad vir harde ontgroening en dit was groot deel van die respek en prestasies want ons was HARD en soos bloedfamilie wat jy net kry as jy so bietjie saam gesuffer het.

        Like

      • Is ek verkeerd om te dink meeste van die goed wat op hierdie blad bekryf word grens aan kriminele mishandeling en aanranding? Dit klink of meeste ouens dit so half met trots en heimwee onthou, terwyl dit alles vir my net aaklig is. Dalk is daar maar net twee tipes mense wat hierdie goed betref. Is daar enigeen wat hier lees wat bereid is om sy of haar standpunt te deel en dalk met my saamstem?

        Like

    • My knaters het ook gebrand (en my gat van pakslae en my mond van rissies eet) maar “boys will be boys” en solank dit nie dodelik gevaarlik is nie bou al daai games net lekker gees. Ek skat dit hang ook af van die groep ouens, ek was gelukkig en al vier jaar op koshuis was HARDE ontgroening maar almal het dit in goeie gees gevat, geniet en sterk vriendskapsbande gebou wat nou amper 30 jaar later nog steeds hou. Die tyd vir ontgroening is dalk nou verby, maar ek is nie een oomblik spyt dat ek dit ervaar het of self uitgedeel het nie.

      Like

      • Hoor hoor! Beste tyd van jou lewe wat jy nooit wil herhaal nie! Een van ons seniors het altyd as hy in die badkamers kom terwyl die eerstejaars stort so hardop gesnuif dan sê hy “Ek verstaan dit nie… ek sien eerstejaars maar ek ruik nie Deepheat nie, hoe kan dit wees?!” dan moet een van hulle vinnig spring en ‘n buisie gaan haal. Wat dan gebeur het kan dalk sensitiewe lesers ontstel, maar manne wat ontgroen is sal verstaan. Dis jammer as dit lelik handuitruk soos in die foto hierbo maar ek dink byvoorbeeld ook dis goed dat ‘n man minstens een keer in sy lewe so pakslae moet vat om te kan weet hy kan.

        Like

  3. Terug pieng: Die Pukke / Heil Hitler bohaai | ekke dink

  4. “My knaters het ook gebrand (en my gat van pakslae en my mond van rissies eet) ”

    … en partykeer al drie gelyk as jy regtig opgef*k het, hahaha! Ek dink ek weet in watter koshuis jy was want ek is ook deur dit. Ons het destyds niks snaaks gedink van dit nie, maar nou dat ek self seuns het wat volgende jaar koshuis toe gaan is ek nie so seker dat ek daarvan sal hou dat seniors met hulle doen wat ons destyds deur is nie. Om eerlik te wees is ek 100% daarteen! Daai jare is vir ewig verby, en dis goed so. Ek meen daar was seniors wat spesiale plankies gehad het soos onderwysers waarmee eerstejaars geslaan is basies net wanneer hulle wou en vir enige rede. Party oggende as jy uit die stort uit kom dan staan hulle so in twee rye aan weerskante van die gang vir jou en wag, dan moet jy die handdoek los en op jou kniee kamer toe kruip terwyl die houe val, sommer net om jou kastig op jou plek te hou. En as jy te vinnig kruip dan laat hulle jou omdraai en weer terug kruip, en dan weer ‘n keer terug. Kan jy jou indink dat so iets vandag in 2014 met ‘n 18-jarige jong man gebeur – dis mos niks anders as aanranding nie! Dis nou lekker om te lag en kop te skud as ek na die ou Polaroids kyk waar ek trots wys hoe blou my gat geslaan is, maar daar is beter maniere om gees te bou.

    Like

  5. Mense onderskat presies hoe sterk die invloed van ‘n koshuis kan wees. Veral jong mans kan heeltemal perspektief verloor oor die buitewêreld en so sterk identifiseer met ‘n koshuis en sy tradisies dat hulle amper enigiets sal doen of ondersteun as hulle dink dit is tot voordeel van die huis.

    Hier in die laat jare 80 was ek in ‘n koshuis wat op daardie stadium kon spog met verskeie groot sportmanne en politici op die alumni lys, en uitstekende sport- en akademiese prestasies. Vir sekere erge oortredings, herhaalde kleiner oortredings of swak akademiese prestasie kon die HK vir die koshuisvader vra om ‘n student uit die koshuis te skors, en daar was omtrent elke maand of twee ‘n student wat so uitgeskop kon word . Maar… as dit by ‘n skors-vonnis gekom het, is die student altyd eers die opsie gebied om dit “intern” op te los. Sulke interne tugsake was baie eenvoudig: ses van die bestes met ‘n rottang vir jou eerste vonnis, twaalf vir die tweede, agttien vir die derde, ensovoorts. ‘n Strafsessie het behels dat die student net in ‘n onderbroek geklee in die sitkamer aanmeld, met die hele HK teenwoordig. Dan moet hy ‘n oor ‘n stoel buk en ‘n kussingsloop oor sy kop trek sodat hy nie kan sien wie hom slaan nie. Dan trek die HK lootjies om te bepaal wie die slaanwerk gaan doen. Vier van die ander hou dan die arme student se hande en voete vas, en die lootjie wenner (of verloorder?) slaan ses van die bestes. En glo vir my, hulle het nie gespeel nie – dit was nie ongewoon vir bloed om te loop nie en ek het verskeie kere in die storte weke na ‘n vonnis gesien hoe die blou-pers hale nog wys op die ouens se sitvlakke.

    Nou, ‘n rasionele mens sou dink dis ‘n uitgemake saak dat niemand ooit hulleself so laat verneder en martel nie, maar dis waar die greep van die koshuis onderskat word. Ek weet nie hoeveel keer dit gebeur het in ander jare nie, maar in ’88 toe ek self op die HK was het 90% van die ouens wat tot skorsing gevonnis is eerder die lyfstraf gekies. En dis nie die ergtste nie: drie ouens het in daai jaar ‘n tweede vonnis gekry en gekies om twaalf houe te vat, en een van hulle het net voor die eindeksamen WEER ‘n keer drooggemaak en sowaar gekies om agttien te vat eerder as om elders te gaan bly!

    Ek is dus glad nie verras deur foto’s en stories soos hierdie nie, want ek het dit self deurgemaak en self gesien wat studente alles sal doen om deel te bly van ‘n koshuis en sy tradisies en kultuur. Ek glo vandag natuurlik dis ‘n euwel, maar destyds het ek ook vas geglo ons doen die regte ding. Wysheid kom maar net met ouderdom!

    Like

  6. Niks so formeel in ons koshuis gewees nie, maar die straf dink ek was baie erger. As die seniors voel die eerstejaars ruk handuit of het oortree was dit tyd vir wat hulle genoem het die Rooi Trein… Al die seniors staan wydsbeen met die gang af, elkeen met ‘n plakkie of ‘n tekkie. Dan vorm die eerstejaars die ‘trein’ deur op kniee en elmboe onder deur te kruip terwyl jy aan die ou voor jou se voete vashou met jou neus op die grond, en die houe val van bo. En moenie dink daar is beskerming nie, o nee, want jou broek en onderbroek moet om jou kniee sit, wat natuurlik beweging belemmer en maak dat jy stadiger kruip! Dit was vir die seniors die grootste grap om na die eerste sarsie te skree “dis nou maar eers ‘n PIENK trein! Nog ‘n keer!!” dan draai almal om en kruip weer terug in die ander rigting vir ‘n tweede, derde of soms vierdie loesing. My boude het baie gelyk soos in die foto hierbo. Die laaste trein waar ek self senior was en houe uitgedeel het was in 1993, maar al sulke dinge het blykbaar nou heeltemal gestop.

    Like

  7. Nooit gedink iemand sal uitpraat oor die Rooi Trein nie, en hier vat Google my reguit na dit! Kyk ‘n trein in die koshuis was erg en ‘n trein vir net een ou na ‘n tugsaak was erger, maar die trein op die plaas daar by die rivier was die ERGSTE. In my vyf jaar daar was dit tradisie om die rooi trein te laat loop die Sondag-oggend van die jaarlikse koshuis kamp, gewoonlik hier in Oktober. Eerstejaars was dan al onthef, maar die laaste rooi trein was die hoogtepunt van die ontgroening kalender want dit was vir die hele koshuis, nie net vir ‘n gang nie. So al 20 of 30 eerstejaars het deurgeloop by nagenoeg 100 seniors, daar op daai stuk rooi moddergrond tussen die lapa en die rivier. Ek het nou nog foto’s van ons eerstejaargroep wat halflyf in die rivier staan met ons rooi sitvlakke met die skinnydip na die tyd – soveel om die modder van jou neus en elmboë af te was as die koue water lafenis vir jou boude! Ek praat dit nie goed of sleg nie want dinge het anders gewerk in destyds se samelewing. Aan die een kant is ek baie trots dat ek dit alles soos ‘n man gevat het en baie goeie vriende gemaak het, maar nou dat ek ouer is weet ek eintlik ook dat ontgroening nie meer ‘n plek het in die samelewing nie.

    Like

  8. Weet nie hoekom is almal so geskok nie ek het gedink dis algemene kennis as jy koshuis toe gaan gaan jy pak kry. Binne my eerste uur op koshuis het ek geleer as ‘n senior vir jou sê Gryp ‘n toon! moet jy jou plakkies of tekkies uittrek en een vir die senior gee, en dan buk en jou vingers so ver moontlik voor onder jou tone indruk en hulle stewig vas trap. En dan kry jy pak 99% van die tyd ‘n paar ligte rapse sommer net om jou te herhinner wies baas maar as jy dit verdien het is jy gebl!ksem soos die manne in die foto. My ergste pak was toe ek ‘n fight begin het op die rugbyveld en die koshuis as gevolg van dit uit die liga geskors is daai jaar. Die Prim self het my gewetter met ‘n plakkie dat ek vir ‘n week nie kon sit nie seker maklik 50 houe, maar om eerlik te wees het ek dit verdien. Daar was nie meer diensplig nie, maar koshuis het van my ‘n man gemaak en ontgroening was ‘n groot deel van dit.

    Like

  9. Bring dit als terug vandag se laaities kan doen met meer dissipline en niemand is nog dood van ‘n goeie pakslae nie! Hardegat word sag!

    Like

  10. Hoor hoor! As myne meer pak gekry het en minder bier gedrink het op koshuis sou ek nie vir nog ‘n jaar se studies hoef te betaal nie! Soos dit nou lyk sal ek dalk self met die strap moet inspring as hy vir die vakansie huis toe kom!

    Like

      • Stem nie saam nie. My pa het altyd gesê “‘n Seun is nooit te oud vir ‘n pakslae nie, jy moet net bietjie harder slaan”. In die Oosterse lande slaan hulle nog kriminele met swepe en rottangs en die statistieke bewys dit werk. Ek self was 20 toe ek die laaste keer pak gekry het by my pa, en dit was 100% reg op daardie stadium.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar