kinderopvoeding & lyfstraf

Dit is week-na-week vir my interressant hoe ‘n ou blog van my, “Kinderopvoeding en lyfstraf” steeds die meeste gelees word.  Wat netdissipline een ding eintlik sê; dat soooo baie ouers worstel om die regte ding te wil doen wat opvoeding betref.  En, dat soooo baie ouers actually regtig dit reg wil doen en omgee.

Die blog is alreeds ‘n goeie 4 of 5 jaar oud, maar die “ergste” is, die boeke wat ek daarin aanhaal en opsom is meer as 20jr gelede se “opinies” en sienings.  Nie dat alles wat oud is, verkeerd is nie, maar “things have indeed changed a lot over the past 20 years”.

Vir een ding, my kinders is nou almal groot en hoewel enige ouer seker altyd wil terug kyk en vra “Hoe het ons actually gedoen“, is daar net één woord wat oor my en my vrou se poging geskryf kan word….. GENADE.

Ja, ons het baie foute gemaak; van …. wag, ek voel selfs skaam oor sommige van ons foute.  Maar ten spyte daarvan, het God deur Sy genade, regstellend en helend in elkeen van ons gewerk dat ons vandag almal ryker en sterker is; elkeen oppad met sy/haar “pelgrimstog” na die potensiaal wat God “by default” (by verstek) in elkeen geskep het.  Ek kan met ‘n oop hart my gesin voor die Here bring en sê: “Hier is wat U aan my toevertrou het”.  Want, al was daar foute, is daar ook vergifnis en herstel.  Immers, alles werk ten goede mee né.

Wag, ek preek nou…. Wat ek eintlik wil sê is:  die interressantheid as ons so terugkyk, is dat ‘n mens besef nie net die kinders het groot geword, gegroei en verander nie, maar selfs ons as ouers ook.  Hoeveel dinge het met ons as ouers en dus as gesin nie al gebeur die afgelope 20 jr nie; werkloosheid, beroepsveranderings, verdere studies, mediese terugslae, finansiële druk en tye van meer finansies, huisbou, veranderde opinies oor sake (“what’s good of a mind if you can’t change it”); en natuurlik baie val-en-opstaan!  En deur dit alles is jy “ouers” en moet jy jou kinders groot maak om die volwasse wêreld so gebalanseerd as moontlik voor te berei.  Daarom dat ek sê: jy kan weet, lees, doen, glo wat jy wil, maar sonder ‘n GROOOOOT dosis genade, is enige pogings met kinderopvoeding “bound to fail“.  OK, miskien nie noodwendig so sterk nie, maar wat ONS betref, is dit net deur genade dat ons gesinnetjie leef en hopelik ‘n bydrae maak tot die welwese van die skepping en die mense/wêreld om ons.

DUS; handleidings, boeke en raad is handig, maar soos Ps 127 sê, as die Here die huis nie bou nie, werk ons tevergeefs daaraan.

O ja, so ter afsltuiging:  wat sê ek vandag van lyfstraf?

  1. Ek dink nog steeds ‘n pak slae kan op sy tyd, plyk en manier, en gesindheid (en obviously tonne liefde) goed wees; maar dit kan maar gerus die héél laaste opsie wees.  Links-en-regs slaan is nie wat dit ooit bedoel moes wees nie.
  2. Tweedens dink ek dat dit al hoe minder sinvol is hoe ouer kinders raak; waarskynlik nie meer goed na 10 of so nie.
  3. Daar MOET ‘n onmiddellike versoening in liefde en aanvaarding wees.  Die “gebrokenheid” moet herstel word; die rede moet verstaan word; vashou ens.  Ons verwerp tog die oortreding, nie die mens nie!  Dieselfde mate van onaangename “fisiese kontak” moet met aangename fisiese kontak gevolg word.
  4. Kinders verskil – as jy jou doel bereik het met ‘n ander vorm van dissipline a.g.v. die kind se persoonlikheid, het jy jou doel bereik!  Waarom nog verder karring….
  5. As ‘n vorm van dissipline nie gewerk het nie; vra jouself af wat JY kan verander aan die manier hoe jy dit toepas, aan jou humeur; aan jou gesindheid, motiewe ens. – dit geld vir ‘n pak slae sowel as ander vorme. Moet beslis nie slaan as jy humeurig is nie.  En altyd minder en sagter as wat jy wil.  Een hou kan genoeg wees – dit gaan nie daaroor om die persoon half-dood te slaan nie, maar dat die kind duidelik sal besef dat dit onaanvaarbare gedrag is/was.  En een hou kan m.i. daai spykertjie diep genoeg stopinslaan.
  6. Slaan maar liewer as wat jy ‘n kind emosioneel (en met woorde) afkraak.  Soms sou ‘n hou of twee minder skadelik gewees het as aanhoudende verwerping, sleg sê ens.
  7. Wees groot genoeg om JAMMER te sê as jy t.o.v. die dissipline ‘n fout gemaak het!
  8. As jy woedend is en wil storm….STOP!

In elk geval, ek’s nie ‘n kenner nie en daar’s baie wat met my hewig sal verskil.  Ek’s maar net ‘n ouer wat nou volwasse kinders het en as ouer trots en dankbaar is op hulle; en dankbaar is dat God deur Sy genade en kragtige werking elkeen van hulle toegerus het met die nodige om ‘n gelukkige en geseënde sinvolle lewe te leef; met darem nie te veel scars & issues nie (🙂 almal het mos maar eintlik issues oor een of ander ding).

***

One response to “kinderopvoeding & lyfstraf

  1. Laat ek jou nou vertel dit werk net so goed vir ouer seuns, ook! Eerste naweek op universiteit wat ons kon huistoe gaan kom haal my pa my by die koshuis en vra wie my “koshuispa” is van die seniors. Ek gaan stel hulle toe voor en toe sê my pa vir hom as ek droogmaak of as my punte swak is moet hy my regsien, want hy betaal swaar om my daar te hou en verwag van die koshuis om seker te maak ek raak nie die pad byster nie. “Wat bedoel Oom ‘regsien’?” vra ou Willem toe ewe onskuldig. My pa was nooit een vir doekies omdraai nie, so “Bl!ksem sy gat aan die brand, jy’t my volste toestemming en dis buitendien al wat werk.” was bloot die antwoord. En bl!ksem het Willem vir my gebl!ksem daai jaar, met een van daai harde plakkies wat ons elke jaar saam met ons klere vir die rugbytoer gekry het. Ek moes al my klastoetse, take en semestertoetse se punte vir hom wys en enigiets onder 60% was ‘n sessie met die plakkie in die badkamer, waar die hele gang kan hoor en sien, om nie te praat van hoeveel ek gespot is oor my rooi sitvlak in die storte nie! Hoe laer die punte hoe langer hou die pakslae aan, maar dit het gewerk! Ek dink ek het seker 20 of 30 keer pak gekry daai jaar, van ‘n paar ligte rapse tot vier of vyf sessies wat my boude laat lyk het soos in daai ander foto op jou ontgroening post, indien nie erger nie. Die keer toe ek drie klastoetse wat ek gedop het probeer wegsteek het en toe nog drie ekstra onderbroeke aangetrek het toe Willem uitvind was “memorable”, soos die Engelse sê, want die broek en onderbroeke moes waai …😉 Maar ek is allles deur, met twee onderskeidings ook nog, en ek en Willem is tot vandag beste vriende. Hier in my derde jaar het ek weer begin droogmaak, maar toe het my pa self ingeklim met die strap as ek naweke by die huis kom, en dit het net so twee of drie keer gevat om my weer voor die boeke te kry. Vandag is ek ‘n ingenieur, maak ;n goeie lewe en is dankbaar vir ‘n koshuis wat my nie net ‘n wonderlike huis en familie op kampus gegee het nie, maar selfs ook vir Willem en daai verdomde plakkie!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s