Ilse Bigalke: Dis ook nie so eenvoudig nie…

Ilse Bigalke skryf in die Burger se webwerf “Brandpunt: NGK dwing só nie respek af nie”.  Hoewel ek met haar saam stem oor die kritiek op die NGK wat die Belhar belydenis betref (sien vorige blogs ook hieroor), is die kommentaar aan die einde oor die gay debat en die grondwetlike hof sekerlik ook nie só eenvoudig nie.

Ek wil nie vir of teen “gays” praat nie, maar gewoon die meriete van haar argument oordink.  Nie dat ek my uitgee as ‘n regskenner nie, maar ek sou sekerlik dink dat enige hof, en so ook die Grondwetlike hof ‘n organisasie sou toelaat om sy eie reëls te hê en toe te pas.  Dit sou ‘n kwade dag wees as ‘n Christelike kerk nie meer volgens sy/haar eie beginsels en belydenisskrifte sou kon handel nie, omdat ‘n sekulêre hof haar daarvan weerhou.  Ironies genoeg, sou ook dít neerkom op skending van regte – maar net weer ‘n bewys dat menseregte altyd twee kante het.  “Ek het die reg om te rook en jy het die reg om nie my rook in te asem nie….. Ek het die reg om nie te assosieer met gays nie, net soos jy die reg het om wel“; ens.  So, ek sou meen dat die NGK dus wel die reg sou hê om te bepaal dat gays nie toegelaat sou kon word tot die bediening nie (indien hulle dit eendag sou wou sê🙂 ); al sou so ‘n besluit dan inbreuk maak op ander se regte.  kerk

Maar wat Belhar betref, is dit jammer dat die NGK so ‘n bangbroekige besluit geneem het.  Miskien moet die NGK nou maar vir eens en vir altyd opstaan; die bul by die horings pad en hard en duidelik sê:  Mense van Suid-Afrika; die NGK glo voortaan só (na aanleiding van die pas afgelope sinode se “major issues”):

  1. Die duiwel is nie ‘n persoon nie….
  2. Belhar word ten volle as 4de belydenisskrif anvaar….
  3. Homoseksuele ingesteldheid is net so normaal soos heteroseksuel en ons sal daarom ook sulke huwelike besleg…. (want hoe kan jy dit aanvaar en dan uiteindelik mense hulle regte ontneem om hulle nie te trou nie)……

Dan kan diegene wat nie daarmee saamstem nie, weet waar hulle staan en vir eens skeur en klaar skeur.  Dalk kan die huidige NGK herenig met die VGK; en die beswaardes kan eenvoudig besluit om voort te gaan as die NGK.  Elkeen sal presies weet wat hulle kry; waar hulle staan.  Maar soos dit nou is, kan jy in ‘n NGK instap waar Belhar reeds deel vorm van die belydenis; net om volgende week op ‘n ander dorp te kuier waar Belhar verwerp word en die bestaan van die duiwel omarm word.  Dan sal die “Wynand Louws” vir eens en vir altyd weet waar hulle staan.

Miskien is ek radikaal, maar ek dink dis beter dat die NGK ruggraat kry, besluite neem waarin hulle glo en dat die kerk kan skeur en klaarkry.  Dit sal nie die eerste of die laaste keer wees nie.  Maar so kan osn sekerlik ook nie aangaan nie.

***

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s