Welkom by “word of e-mouth” NG Kerk

Ek het die laaste tyd nogal goeie respons gekry van besighede nadat ek op “e-” (dis nou twitter, facebook, hallo-peter en ander sosiale media) gekla het oor swak diens.  Het sommer toe ook weer bietjie verder gelees oor die verskynsel van “word of e-mouth” en besef word_of_mouthhoe kragtig dit regtig is.  Toe lees ek die NG Kerk se kommentaar, ek vermoed die NG Kerk se ASK, oor lidmate se kommentaar op sosiale media…..

En ek wil maar net sê…..”Welkom by ‘word of e-mouth‘, NGK”.  Wag, die kommentaar was….

Media-polemiek

1. Die AS neem met sorg kennis van ’n groeiende tendens dat lidmate en leraars wat vanuit hulle persoonlike perspektiewe en oortuigings verskil met kerklike prosesse, besluite, uitsprake, benaderings en ampsdraers, kies om elektroniese kommunikasie en publieke forums te gebruik om veldtogte van verdagmaking, beskuldiging en selfs karakterskending te loots.

2. Terwyl die AS verbind bly tot openhartige publieke gesprek, betreur ons dit dat sommige van hierdie persone met sodanige veldtogte nie skroom om afbrekend, vervolgend en negatief te wees en selfs vergaderings en mede-gelowiges se integriteit af te kraak nie.  Sodoende is en word mede-gelowiges diep seergemaak en die Liggaam van Christus leed aangedoen.

3. Omdat die AS begrip het daarvoor dat daar altyd uiteenlopende perspektiewe en verskille in die kerk was, is en sal wees, wil die AS ’n ernstige beroep op alle lidmate en leraars doen om op ’n Christelike manier met mekaar in gesprek te tree sodat die uitkoms van uitklarende gesprekke tot opbou van die kerk van Christus sal wees.

4. Die AS verklaar daarom aan alle lidmate en leraars dat hulle sal weet dat die NG Kerk in al sy strukture en ampsdraers altyd oop en toeganklik is vir uitklarende gesprekke oor enige aangeleentheid in die gesindheid en styl van ons Here Jesus Christus. (vlg Matt 18).  Derhalwe word lidmate genooi om van geleenthede gebruik te maak en deur die beskikbare kanale aan gesprekke t.w.v. uitklaring deel te neem.

5. In die lig van reeds afgelope gebeure van misverstand, konflik en ongelukkigheid en ook nog moontlike sodanige insidente in die toekoms, versoek die AS die ASM om ’n ad hoc taakgroep aan te wys wat herstellende gesprekke in die gees en met die waardes van die luisterseisoen met en tussen betrokkenes kan bemiddel, sodat die kerk daadwerklik haar roeping tot en belydenis van die bediening van versoening kan uitleef.

word_of_mouthHoewel ek begrip het en saamstem met die feit dat kommentaar en die gesindheid/woorde vanuit ‘n Christelike perspektief inderdaad darem anders moet wees; meer moet spreek van genade, geduld en liefde jeens mekaar, wil ek ook vir die ASK sê (nie dat hulle juis na my sal luister nie…🙂 ) dat hulle gerus deeglik moet kennis neem van sosiale media kommentaar (lees: e-mouth) deur lidmate of nie-lidmate.  As maatskappye / organisasies op sosiale media gekritiseer word, is die normale reaksie om dadelik aandag aan die klagtes te gee en die “beeld” te herstel; ons het altyd gepraat van “damage control” – dis immers jou produk wat ter sprake is en “the client is always right” (al is hulle nie altyd nie).  M.a.w., om diegene wat kommentaar lewer, so aan te spreek soos hierbo en kommentaar sodoende te ontmoedig, is geensins helpvol nie.  As die ASK nie daarmee saam stem nie, hou dit vir julleself.  As daar iets is waarna geluister moet word, LUISTER!  En myns insiens is ‘n “general rule of thumb” – luister meer as wat julle nie saamstem nie.  Want dis die rou egte eerlike kommentaar en gevoelens van mense; lidmaat of te nie.  Ja, karakterskending is onnodig, maar soek die eintlike “issue” daaragter!

My gevoel, en ek gee toe dat ek heeltemal verkeerd kan wees, is dat die NGK met sommige van sy (of is dit haar) laaste sinode besluite heeltemal te veel probeer gedienstig wees aan mense i.p.v. om duidelik standpunt in te neem, al sou dit die verdwying van lidmate beteken.  Deur niksseggende “kompromie” besluite behou julle nie noodwendig almal nie; hulle loop steeds weg – julle weet net nie noodwendig daarvan nie.

Byv: die tradisionele belydenisskrifte….

  • is dit perfekte formulering?
  • is elke jota en tittel van die drie volledig korrek en onderskryfbaar?  Hoeveel leraars en lidmate het nie neswarwe met sommige artikels en bewoordings nie?  Nogtans is hulle “verpligtend” wat onderskrywing betref.
  • Maar wat Belhar betref, is dit skielik opsioneel!  Kan/moet die ander dan nie ook opsioneel word nie?
  • Of, is Belhar dan enigsens belangrik genoeg vir die NGK?  As dit die enigste een is wat opsioneel is, dan is dit nos nie regtig op dieselfde vlak as ‘n belydenisskrif nie?
  • Gee hierdie besluit lidmate en leraars nou ook ruimte om sommige van die ander belydenisskrifte se artikels te ignoreer?
  • Is daar enigiets onbybels in Belhar?  Indien wel, dalk in die ander drie?  Jy sê nie onbybels nie maar swak verwoord?  Sien dan punt 1.
  • En sommer om aspris te wees…..hoeveel lidmate weet wat staan regtig in die tradisionele drie belydenisskrifte, om nie eers te praat van Belhar nie?

En die slegste van alles…… die NGK is eintlik 25 jr te laat!  Regtig, ons is al in 2014.  Apartheid word wyd en syd as ‘n kettery en onmenslik en on-menswaardig beskou.  Daar is GEEN bybelse of Christelike regverdiging vir apartheid nie – inteendeel (EP Groenewald het dit absoluut verkeerd gehad, gaan lees gerus die debat van daardie sinode; myns insiens is hy in sy eer gekrenk gevoel en is die besluit van die vorige dag omgeswaai).  Daar is meer regverdiging vir anti-xenofobia; anti-ras en kultuur (nou is daar nie meer jood of griek, slaaf of vry nie, maar ……).  Dan het ek nog nie eers oor genade gepraat nie…..(byv. “are ou a self-made man?”)

Welkom by sosiale media!

word_of_mouth***

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s