Banke help ons nie!

banksDie banke in Suid-Afrika is nie hier om ons te help nie – period!  Inteendeel, ek dink hulle is selfs verantwoordelik vir die krediet gemors waarin baie is.

OK, ek is nie noodwendig finansieël intelligent nie, maar hoe maak hierdie sin – miskien is daar iemand wat dit vir ons leke beter kan verduidelik.

Kom ons sê Sipho (met ‘n gesin van 2) skuld R500,000 op sy huis met ‘n terugbetaling van R4,500 en kar en huishoudelike uitgawes van ongeveer R6,000.

Sy uitgawes lyk min of meer so:

  • Huis           R 4,500
  • Kar en res R 6,000
  • Totaal         R10,500

Hy gaan bank toe om sy verband te verhoog (kar, kredietkaart rente is heelwat hoër as huis verband rente) sodat hy net 1 hoofskuld het (hulle noem dit konsolidasie né).  Volgens sy berekening sal dit min of meer so uitwerk, wat sy maand-tot-maand situasie en kontantvloei sal verbeter:

  • Verhoogde Huis           R 6,000absa nedbank standard capitec fnb
  • Geen kar, maar res      R 3,000
  • Totaal                             R 9,000

Die bank sê nee want……dis konsolidasie, iets wat die bank(e) deesdae blykbaar haat – waarom?  Nee sê die bank, as jy jou verband wil verhoog om oorsee te gaan, of uit te splash is dit fine, maar nie om te konsolideer nie.  Sipho gaan leen vinnig geld by ‘n vriend, betaal sy kar daarmee en doen weer aansoek.  En siedaar, hulle keur die aansoek goed.  Uiteindelik is Sipho in ‘n beter situasie en in staat om gouer sy totale skuld af te betaal as in die vorige situasie waarin hy elke maand ongeveer R750 kort was.

Is daar iemand wat kan verduidelik waarom is dit so?  Want ek verstaan nie daai somme nie.  Dit lyk vir my asof die banke daarvan hou dat jy eerder in die moeilikheid is; net-net voor bankrotskap, as wat jy vooruit boer.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s