Wit Genocide is ‘n pot strooi

Na die soveelste Facebook status wat praat van ‘n “wit genocide” gryp ek nou na my “pen”!  En terwyl ek nou nog my storie mooi agter mekaar kry, wonder ek stilweg of hierdie “wit-genocide-laweaaiers” nie dalk grens aan “haatspraak” nie.  Want wat presies bereik hulle anders as ‘n haat vir, laat ons nou maar eerlik wees en dit op die naam noem – swart mense!  die “wit-genocide” gaan mos nou oor swart op wit moorde…..  Maar wat is die feite!!!!!

Steve “post” ‘n foto van ‘n rugbystadion en beweer so ewe dat die stadion gevul kon wees deur soveel witmense wat al vermoor is vanaf 1994 en daarom is dit ‘n wit-genocide.  Sunnette Bridges voeg haar stem ook by hierdie lawaai met hierdie blog.  Maar wat sê die feite?

Ek beweer dit is ‘n pot strooi, want die feite korreleer nie.  Wag, laat ek dit net eers duidelik stel: DISCLAIMER: met hierdie blog probeer ek nie onsensitief wees teenoor enigiemand wat ‘n pa/ma/familielid/vriend/eggenoot/kind verloor het weens swart-op-wit of plaasmoorde nie.  Dis vreeslik; dis onmenslik en só onnodig.  Elke ontydige dood van elke mens, ongeag kleur, is onnodig en iewers treur ‘n ma/pa/eggenoot/kind/familielid.

Terug by die feite:  volgens statistiek word 3.6/100 000 witmense vermoor per jaar.  Dis baie en onnodig, maar interressant genoeg, is dit amper helfte van die wêreld moord syfer van 6.9/100 000 mense en ongeveer dieselfde as die Europese moord syfer per 100 000 per jaar.  Wat Steve en Sunette ons NIE vertel nie, is dat Suid-Afrika se inklusiewe moordsyfer ‘n skrikwekkende 31.8/100 000 mense is.  Nou, as jy genocidejou logika se effens gebruik, behoort jy nou alreeds te sien dat witmense van die gelukkiger mense in ons land is; waarskynlik omdat hulle die bronne het om hulself te beveilig.  Witmense het dus ‘n byna 9 keer minder kans om vermoor te word as swart mense!  In 2009 is bepaal dat 86% van moorde swartes was en slegs 1.8% witmense terwyl die witmense oor die 8% van die totale bevolking uitmaak2.  Klink dit vir jou na ‘n wit-genocide?  Vir my lyk dit eerder na ‘n swart-genocide!

Die tragiese is dat ene Steve en Sunette en ander wit-genocide-lawaaiers nie ‘n duit omgee vir die res van die 28.2/100 000 moorde nie, want hulle is nie wit nie!  Plaas dat Sunnette en Steve alle moord aanvat en daaroor blog, kies hulle wit-genocide en bou ‘n strooihuis wat nie argumente dra nie.  Gerieflik verwys meeste van hierdie “regses” na “die goeie ou dae” van Apartheid Suid-Afrika.  Wat hulle gerieflik NIE sê nie, is die volgende:

  • hoeveel swartes is in aanhouding deur “die sisteem” vermoor;
  • hoeveel swartes in deur die sisteem in konflik vermoor;
  • hoeveel swartes is gewoon in geweld in die “townships” vermoor, wat die SAP nie veel oor “geworry” het nie, want die meerderheid SAP het die wit bevolking beskerm.  Ek praat onlangs met ‘n swart kollega en vra hom oor die misdaad van post-apartheid SA.  Skokkend sê hy; dis maar nog dieselfde.  Al verskil is: township-misdaad word nou ook gereken en die SAPS bedien nou 50 miljoen mense en nie meer 10 miljoen nie.

So jammer dat ons nog so rasisties kan dink……

Verwysings:

  1. White Genocide, fact or fiction?
  2. The white genocide myth
  3. Boer Farmer genocide myth

***

6 responses to “Wit Genocide is ‘n pot strooi

  1. Ek stem saam met jou inskrywing, maar ek voel daar dis ook ander dinge om by te voeg.

    Ek dink nie die probleem van die wanpersepsie onder wittes dat ons spesifiek geteiken word is deur Steve en Sunette begin nie – ek meen dis onder meer ‘n gevolg van die manier hoe Naspers koerante in die 15 jaar of so sedert 1994 oor misdaad berig het, naamlik in bloedige detail oor moorde op wittes, en totale swye oor moorde op swartes en die misdaad waaronder hulle ly. My persepsie is dat dit eers in die laaste paar jaar verander het – miskien was daar ‘n besef iewers in Naspers dat hulle haat aanblaas op ‘n manier wat dalk hulle verkope in die baie kort termyn aanhelp, maar in die lang termyn groot skade aan die land en ook aan Naspers self kan aanrig.

    In elk geval is rassisme onder wittes nie beperk tot die nutcases soos Sunette en die manipuleerders met agendas soos Steve nie – dis totaal hoofstroom – feitlik elke wit persoon het dit. Diepgestelde rassisme is immers die gevolg van ‘n rassistiese stelsel.

    Verder is daar ‘n groot oneerlikheid onder die Engelstalige pers ook. Koerante soos die Mail & Guardian berig weer glad nie oor plaasmoorde nie – nie eers oor die uitwissing van die hele Potgieter gesin in 2010 nie. Daar is ‘n politiek korrekte en leuenagtige agenda aan daardie kant wat nie die pyn wat deur plaasmoorde veroorsaak word enige erkenning gee nie. Hulle berig wel breedvoerig oor misdaad deur Afrikaners.

    So daar is agendas aan alle kante – dis ‘n aaklige situasie.

    Like

    • TRUE !!!

      Ek onthou dat ek op ‘n stadium in die koerant se briewekolom juis dit aangeraak het – die manier van beriggewing wat daai gevoel gee wa tjy hier beskryf.

      Like

  2. Hoe lyk die statistiek as jy die getal moorde per blankes wat op plase woon vergelyk? Daar is ook ‘n ander sy verbonde aan volksmoord. Afrika-nasionalisme mag soos ‘n bus wees wat oor ‘n swermpie sprinkane ry. “We don’t mind and you don’t matter”.

    Like

  3. Jou argumente dra water, maar jy roer nie die volgende sake aan nie:
    1. Waarom gaan plaasmoorde met soveel brutaliteit gepaart? Dit spreek van haat.
    2. Waarom word so min gesteel? Is ‘n ou TV en ‘n selfoon die risiko regtig werd?
    3. Waarom word uitsprake pro-moord geduld? Dit lyk asof dit goedgekeur word. Vergelyk die EFF se plakkate, Zuma se “bring my masjien” etc.

    Like

    • Hallo, dankie vir jou koements. Inderdaad, ek roer nie jou 3punte spesifiek aan nie want dit was nie noodwendig my oogmerk nie. Maar ek maak graag die volgende opmerkings:
      1. “Dit spreek van haat”. Nee, ek dink dit is heeltemal te eenvoudig om so ‘n afleiding te maak. Die lewe en probleme in die lewe is veel meer as net een enkele oorsaak vir ‘n probleem. Ja, haat mag inderdaad ‘n rol speel, maar gewoon armoede, swak opvoeding, swak morele standaarde, “lack of consequences” vir oortredings ens. Kan ek nog ‘n “systems theory” klip in die bos gooi? Hoeveel invloed het apartheid nie gehad in die gebrek aan waardes en norme en goeie opvoeding van die grootste gedeelte van vandag se swart mense? Hulle gesinne is opgebreek a.g.v. pasboek wette, huisbediendes, mynwerkers ens. Ek het met baie ouer swart mans gepraat wat my al verskeie verseker het; die waardes en leefwyse van die oorgrote swart bevolking vandag, is nie “standaard” kultuur van die onderskeie groepe nie (Venda, Zulu, Zhosa ens.). Ek kan onthou hoeveel trots en respek vir mense lewe en waardes ouer Xhosas, Zulus en Tswanas met wie ek al kontak gehad het, gehad het. Dit mag dalk ‘n generasie vat vir dit om terug te keer. “Systems theory” gaan daaroor dat daar ‘n magdom invloede en omstandighede is wat maak dat mense optree soos hulle optree. DInk maar hoe jyself al verander het in jou denke soos wat wysheid, foute en odnervinding toeneem. Jy ken ook seker die hele “nature / nuture” faktore. Terug by plaasmoorde: weer, dis nie net ‘n plaasmoord probleem nie. Brutaliteit vind ook op ander plekke plaas, ewe erg. Ons hoor net nie daarvan nie, want dit gebeur nie in Houghton, Waterkloof en Clifton nie; en die koerante vertel ons ook nie daarvan nie, want dit “verkoop” nie. Praat bietjie met “abused” vroue en jy sal ewe verstom wees oor die brutaliteit wat in huishoudelike geweldplaasvind. En daarvan hoors ons niks, want dit word nie aangemeld nie weens vrees. Genoeg: ek ontken nie die brutaliteit nie, maar dis nie net haat nie en ek het my punt probeer maak dat ons nie net na paasmoorde meot kyk nie, maar na brutale geweld regoor ons land.
      2. Natuurlik is ‘n TV en selfoon nie die moeite werd nie, maar as jy vir weke nie kos gehad het nie, of jou kinders nie kos het nie, sal ‘n selfoon dalk net ‘n brood of twee wees. Asb, ek regverdig glad nie misdaad nie, ek probeer net weer perspektief bring in jou 2de punt. Verskeie misdadigers het al in onderhoude gese: hulle gaan nie o te moor nie, maar as hulle skielik bedreig word met teen reaksie, sal hulle natuurlik die sneller trek. Een van ons vriende het met ‘n rewolwer in haar handsak gery en in haar eerste kar-roof, die rewolwer gegryp en is geskiet. Onthou, hulle is gereed – hulle hoef net die sneller te trek. Ons moet nog eers die wapen uithaal waar dit ookal gebere word. Natuurlik gaan ons eerste geskiet word. Ons is ook al deur ‘n motor-roof en het vooraf besluit: gee die motor vir hulle met geen weerstand nie. Ons lewe is meer werd as die motor. Die rower het geen rede gehad om te skiet nie en het ook nie.
      3. Ja, die hele vryheid van spraak en regstelsel is onder druk. Dewani is pas vrygespreek – ek dink hy is skuldig maar die staat se vervolging het gefaal in ordentlike ondersoek en getuienisse. Oscar Pistorius…. dis nou in appel, maar dit gaan alles oor getuienisse en hoe dit aangebied word. En wat vryheid van spraak betref; dis dalk die prys wat ‘n mens betaal vir vryheid van spraak. Maar ek stem saam met jou op punt 3: pro-moord uitsprake behoort wortel en tak uitgeroei te word; t.s.v. vryheid van spraak.

      So, opsommend is ek van mening dat die probleme is baie groter as eensydige of oorvereenvoudige antwoorde. En dit was wat ek probeer skryf het: dat daar meer is as net Steve en andere se “white genocide” veldtogte. Wat van eerder ‘n anti geweld en misdaad veldtog; of van ‘n SA genocide deur misdadigers. Daarvoor sal ek stem; maar ‘n wit genocide…. daar is nie so iets nie.

      Like

Lewer kommentaar