Bestuurder opleiding

Ek en my seun was getuies van die mees “horrific” ongeluk wat ek al gesien het. ‘n Voertuig het beheer verloor en gerol en geflip en Car Accidentuiteindelik bo-op en oor ‘n ander voertuig gerol en agter hom tot stilstand gekom. Vyf van die 7 passasiers van die ‘vlieënde’ voertuig is opslag dood, waaronder ‘n baba.

Wat dit egter so grusaam gemaak het, is dat ons op die toneel gekom het sekondes nadat die voertuie tot stilstand gekom het. Die ontblote dooie liggame moes dus bedek word deur ons en die ander vroeë arriveerders. Later is die bestuurder van die ander voertuig, waar die ‘vlieënde’ voertuig op die dak geval het, ook dood a.g.v. beserings.

Die rede vir my blog is die tragiese toestand van bestuursvernuf, opvoeding, bedagsaamheid en polisiëring van verkeer in ons land. Ek is daagliks getuies van mense wat of roekeloos jaag en deur besige verkeer vleg, of in die geelstreep voort jaag omdat hulle eenvoudig nie die bedagsaamheid en opvoeding het om ‘hul beurt’ af te wag nie. Ons almal is haastig en wil graag by ons bestemming kom. Val in die tou soos ons almal – waarom moet jy verby jaag in die geel streep, of oor ‘n dubbelstreep?accid

Baie word oor die skool stelsel en kurrikulum gesê, maar ek dink dat as die regering verkeer en bestuursvaardighede, bedagsaamheid en pad maniere op skoolvlak kan infaseer, is ek oortuig die volgende geslag bestuurders sal beter begrip hê van die gevare van roekelose bestuur, spoed en gordels. Ek sal selfs wou sien dat ‘advanced training’ programme gesubsidieer word sodat daar motovering kan wees vir bestuurders om sulke opleiding te ondergaan. Dit sal ook help as kort termynversekeraars afslag kan implimenteer wat as verdere motivering kan dien vir gevordere bestuursopleiding.

Kom ons hoop dat iemand hierdie tydbom in ons land kan bestuur en voorstelle maak vir oplossings voordat dit ontplof.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s