Belhar onbybels? Ds se argument dra nie water nie….

Ek lees in die Beeld van 18 Junie 2013 van ‘n ene Ds Pieter Prinsloo wat reken dat die Belhar Belydenis onbybels is.  Hy’t natuurlik reg op sy eie standpunt, maar sy motivering grens so effe aan die belaglike.

Hy skryf dat “As daar ’n arm mens by die sinode instap en skree: “Julle f****n Christene . . .”, dan moet bekering aan hom verkondig word. Dan is God nie aan sy kant nie.”; en gaan dan voort om te sê dat God nie gekaap kan word vir een samelewingsgroep (siende dan nou die noodlydendes, arme en verontregte) nie.

Eerstens stem ek nie met hom saam dat die afleiding gemaak kan word dat iemand wat hulle “julle f****** christene” noem, noodwendig oppad hel toe is en aan hom bekering verkondig moet word nie.  Enigiemand kan so ver gedruk word om op ‘n punt te kom om Christene so te vloek.  Trouens, as ek so na hom en die weerstand oor die Belhar belydenis luister, kan ek my baie goed voorstel hoe ‘n goed gelowige Christen op ‘n punt kan kom en vir die sinode sê: “Julle f****** (witgepleisterde skynheilige) Christene” (sou ander sekerlik nog wou byvoeg).  Frustrasie kan hoog raak….. Ek het al erger gehoor.

Tweedens, kom ons aanvaar vir ‘n oomblik die ds is reg dat die persoon bekering nodig het.  Dan is my vraag; wie is die ds “after all” om te sê dat God nié aan sy kant is nie?  Het Jesus dan nie self gesê dat hy gekom het vir die wat siek is nie?  Was Jesus dan nie ook aan die kant van die prostitute, die moordenaars en ander sondaars nie?  Was Jesus (God) nie aan die kant van die moordenaar wat langs Hom aan die kruis gehang het nie?  Ek dink die ds se redenasie lyn en aanname in hierdie opsig is onbybels.

Derdens, die ds moet inderdaad besondere vermoeëns hê om so te kan weet dat iemand wat dit sou sê, per se nie ‘n Christen kan wees en daarom bekering nodig het nie.  Wat is sy punt?  Dat enigiemand vloek nie ‘n Christen kan wees nie?  Dat Christene nie sonde doen nie?  Dat ons mense so in boksies moet druk sodat ons bekering aan hulle kan verkondig?

Nee wat, ek is maar bly ek was nie in daardie sinode nie en die tragiese is: ons is actually nog baie vêr van versoening en vrede en ‘n nie-ras-gebasseerde volk af (sien ook my blog hier).

Sien ook ander blogs oor Belhar

belharbelydenis2

kort opsomming

belharbelydenis1

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s