Sou Jesus dit gedoen het ……?

Ek raak soms so effe geirriteerd wanneer ek “Sou Jesus dit gedoen het…” hoor.  Moenie my verkeerd vertsaan nie; ek het groot waardering vir die begeerte vwwjd2an diegene om eties-korrek te leef en regtig probeer om Jesus te volg in leer en lewe.  Maar, die ander kant van die penny is dat dit nie altyd so eenvoudig is nie.

Daar was op ‘n stadium ‘n aktiewe bediening veral onder jongmense om alles wat hulle oordink en doen, te meet aan “Wat sou Jesus doen” om sodoende meer kongruente lewe as Christen te leef.  En soos ek gesê het, is dit nie per se verkeerd nie.  My probleem is wanneer “WSJD” deurgetrek word na alles toe, raak dit soms selfs belaglik want ‘n mens kan eenvoudig nie alles wat ons as mense doen gelykstel aan of Jesus dit sou doen nie. En nie alles wat ons sou doen en wat Jesus “nie sou doen nie”, is noodwendig verkeerd nie.  Sou Jesus ‘n webwerf gehad het?  Dalk nie, maar dis nie noodwendig verkeerd nie.  Sou Jesus deelgeneem het aan debatte, gespreksforums, kletskerk…. dalk, en dalk nie.  Eweneens is dit nie noodwendig verkeerd nie.  My vraag is: om in alles “WSJD” te vra, stel ons nie soms Jesus daardeur gelyk aan mens-wees nie?  En mens soos ek en jy was Hy nie.  Tereg was hy volledig mens, en ja, selfs soos ek en jy; maar Hy was OOK volledig God.  Hy was ook nie soms mens en soms God nie.  In sy twee-nature was Hy te alle tye volledig God en volledig mens – weliswaar vir ons menslike verstand nie altyd begrypbaar nie.  Jesus was dus kwalitatief anders as ons en om dus te vra of Jesus “dit” sou doen, is nie altyd moontlik om te beantwoord nie en is nie altyd sinvol om te vra nie

‘n Ander punt is of Jesus dit altyd nodig sou vind om iets te doen of te sê?  Jesus het ‘n baie spesifieke opdrag en missie gehad met sy koms na hierdie wêreld, ‘n lewenstaak wat God hom opgedra het om te doen – om die Koninkryk van God te vestig en mense God se verlossingsplan, God se genade te kom duidelik maak.  Of Hy wwjd (1)dus met hierdie missie, ‘n webwerf sou wou gehad / gebruik het, of getwiet het is ewe moeilik om te antwoord en dalk irrelevant.  Wat Jesus wou sê en doen, het Hy ten volle suksesvol gedoen.  Hy het wonders gedoen waar en wanneer dit nodig was, en het dit nié gedoen nie, waar Hy gemeen het dit nie van pas was nie.  Sy antwoord was gewoon – as hulle nie wou luister nie; sal niks hulle laat lusiter nie, maak nie saak wat nie.

My ander probleem met “WSJD” is die onderliggende suggestie dat dit moontlik verkeerd sou wees.  Byv., die oomblik wanneer iemand iets doen en ek sou vra: “sou Jesus dit doen”, is daar alreeds ‘n sweempie van twyfel of dit gepas is om te doen en wek dit ‘n twyfel en skuldgevoel by jou op.  By die eerste oogopslag van die opskrif van hierdie artikel in die Beeld (Sou Jesus getwiet het?), wonder ‘n mens onmiddellik wie het wat getwiet en is die suggestie dat dit moontlik verkeerd is om te twiet. Die “verkeerd” lê nie in iets nie, maar in die manier hoe ons die “iets” doen/sê.  Ek onthou hoe Prof Johan Heyns eendag met ‘n sigaret in die klas ingekom het en sekere tokkelokke wou die piep kry.  Sy punt was gewoon:  is die sigaret sonde (menende dat as ek dit daar vêr van my af neersit, ek nie sondig nie); of is die sonde in ons sondige natuur, dit wat uit die hart kom.  Dus, ek sou kon twiet op ‘n manier wat God eer aandoen; én ek sou kon twiet wat God nié eer aandoen nie.  Dieselfde geld vir enigiets anders wat ons doen.  Sou Jesus na ‘n sokkie/bokjol gegaan het?  Waarskynlik nie (en tog dalk wél), maar dis nie noodwendig verkeerd nie.  Wat verkeerd sou wees is wat ons daar sou doen/sê/dink – m.a.w., wat uit die binneste van die mens in sy sondige natuur opkom.

Tereg sou ‘n mens seker baie ander argumente vir en teen kon gee; en selfs op hierdie argumente teenargumente kon opper.  Dis die lekker van Teologie: niks is sommer net so eenvoudig nie.  Maar dis presies my punt, of hoe?

Kliek hier vir ‘n interressante “What would Jesus do – specifically” blog.

One response to “Sou Jesus dit gedoen het ……?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s