Aggrieved

Ek voel vandag gegrief!  Ek is die een ou wat nie kon wag vir die onreg van apartheid om tot ‘n einde te kom nie.  Ek was in die SAP, ek was daar in 1976….dit is waarskynlik net my opvoeding / huislike omstandighede / studies wat gemaak het dat ek nie self betrokke was in die struggle nie.  Soos my familie ook sê:  die EEN ANC logoou wat pro die ANC was, pro die verkiesing, pro die vrylating van Mandela, so byna self ‘n lid was van die ANC (hulle het my aansoek verloor).  Ek was die één ou wat die ANC regering ‘n kans gegee het; nooit moed opgegee het nie; altyd geglo het dat ons dit net ‘n paar jaar moet gee sodat die “nuwe” kan stabiliseer; wat ‘n regerings pos geneem het om te help waar ek kan; nooit gedink my wit-geid sal so teen my tel nie…

En hier sit ek vandag: meer as 20 jr later…..gegrief, teleurgesteld, ontnugter.  Hoekom?  Want dit gaan nie beter nie!  Eintlik slegter!

  • korrupsie:  is daar enige aanduiding dat dit gaan minder raak?  NEE.  Hier bring die AG hul verslag uit met R24 m “unaccounted for“.  Het daar enigiets met enigiemand al gebeur?  Gaan daar?  NEE.  Wie gaan vir wie aanvat.  Die president homself se hande is skynbaar nie skoon nie.  En as hy durf aan iemand vat, “they will spill their beans“.  So, almal sjarrup en almal behou hul werk.  Ek praat met die ouditeure die ander dag – selfs hulle is frustreerd want hulle bring ‘n “qualified audit” uit en wat gebeur…..NIKS.  Oe, almal vreeslik jammer in die pers, op ‘n bestuursvergadering, maar die persoon verantwoordelik word nie afgedank nie, geskuif na ‘n hoër poisisie en selfs die moontlikheid van ‘n hoër salaris.  Die AG het ook aangedui dat die “qualified audits” nie verminder het nie, maar VERMEERDER het – soos die hoeveelheid geld wat nie verantwoordbaar is nie….
  • mors: die AG se verslag het net “unaccounted” geld aangedui.  Daar is geen aanduiding van hoeveel geld gemors word, waar die nodige papierwerk daar is sodat die AG dit nie as “unaccounted” kan aanwys nie.  Tenders en kontrakte wat astronomies gelaai word sodat almal in die lyn van “approval” sy/haar geldjie kan kry.  Ek sien dit aldag rondom my.  EK is self al ‘n offer aangebied….. Ek kan nie detail noem nie “to protect the inicent“, maar dis daar!  En is daar enigiemand wat dit wil uitwys?  NEE.  As die AG vra, dan word mooi verskonings uitgedink.
  • beskerm mekaar: dink julle daar’s iemand wat bereid is om hierdie goed aan die groot klok te hang?  Nope; want soos daar vir my reguit gesê is; as jy praat is jy 6 voet onder die grond.  Kyk na ‘n paar “whistleblowers” binne die ANC wat nou reeds 6 vt lê; ek weet van ten misnte een na die 2010 stadion debakel.  Of, jy of jou familie sal nooit in der ewigheid weer ‘n werk kry nie.  Of, jy sal besweer word deur die toordokters.  Dus, niemand praat nie.  O ja, en die wat dalk nog bereid sou wees om te praat, is self nie onskuldig nie….so almal sjarrup!
  • diskriminasie: ek het saam geglo dat regstellende aksie tydelik moet plaasvind om ewewig te bring.  EN nou?  Die skaal het lankal na die ander kant geswaai; wittes verarm en bly “onder”; ek word gereeld te nagekom omdat ek wit is; o, hulle sal dit nooit erken nie, maar dis duidelik!; die eintlike swart armes is nog net so arm (en selfs meer); en intussen word “incompetent” mense aangestel in posisies waar hulle nie hoort nie en nie die werk kan doen nie.  As jy wil deploy, deploy dan ten minste “competent” mense.  Ek hoor die Lugmag gee vlerkies vir swartes al het hulle gedruip.  En waar gaan dit eindig?  Op ‘n woonbuurt se dak?  Lyk dit asof dit gaan regkom?  Nooit!  Lyk dit of die regering BEEE wil stop?  Tot nou die dag nog rapporteer die regering met afkeur hoe dat wit mans steeds meer bestuursposte beklee.
  • kultuur: ek het geglo die kulture kan nader na mekaar beweeg.  Dit lyk nie so nie!  My swart kollegas vertel my daar’s nie ‘n meisie wat nie reeds ‘n kind het nie.  Daar’s blykbaar statistiek beskikbaar van hoeveel gesinne van wie die oudste nie uit daardie gesin kom nie.  Vroue wat vrede het dat hulle mans hulle gaan verneuk; solank hulle net nie daarvan weet nie (trouens, jong bruide word so ingelig deur die oudstes voor ‘n troue).  Kinders word by ouma gedump – een ouma maak 12 kinders groot.  Waar’s familie lewe?  Waaar’s familie waardes en die noodsaaklike ontwikkelingstake waardeur kinders gaan?  Ons praat oor verkragting, en hulle grap daaroor – dis ‘n normale deel van hulle lewe; ongerieflik, maar glad nie die afgryse wat ons daaroor het nie.
  • demokrasie: ek het geglo ons kan ‘n demokrasie word soos in ander lande.  Maar daar’s nie ‘n kans nie.  Twintig jaar later en die ontevrede ANC ondersteuners gaan stem nie.  Maar om vir ‘n ander party te stem?  Nimmer as te nooit.  Daardie lojaliteit is te hoog (wat natuurlik boekdele spreek oor wat ek hierbo ook genoem het).  En kan ons ‘n regeringsmasjinerie hê wat loop ongeag wie aan beheer is?  Nimmer as te nooit – die amptenare bedryf hul ANC politiek sommer vanuit hul werkplek.  Voordeel word gegee aan die ANC op allerlei maniere en inligting word eenvoudig van die opposisie weerhou.

Ek wens so ek kan vandag sê ek is verkeerd; ek is onnodig sinies en wanhopig.  Ek wens so ek kan weet dat dit regtig beter sal gaan, ter wille van my kinders en hul werksloopbane.

Al wat my enigsens nog staande hou, is die feit dat die opstanding van Jesus Christus wanhoop kan verander in hoop……

4 responses to “Aggrieved

  1. 20 Jaar terug was ek 17, ek kon toe al “sien” watse poef is oppad…. dit is net BAIE erger as wat ek ooit kon dink. NOU is baie spyt oor hulle besluite 20 jaar terug, die “groot” mense van daai tyd. Daai “groot” mense is nou ou mense, die einstes wat uitgemoor word.

    Like

  2. UPDATE | UPDATE | UPDATE

    Ek luister gisteroggend na Dr Ramphele Mamphele oor Radio 5 en toe het die hoop van 20 jaar gelede weer opgevlam. As sy kan regkry waarvoor sy staan, dan sien ek weer hoop. En as daar ‘n paar miljoen is wat saam met haar stap, kan ons die ANC onttroon. En sy was ‘n stoere ANC-lid….daar is dus mense wat staan vir die regte beginsels en nie vasklou aan die “struggle” nie.

    Like

  3. En nou, na Gupta-gate, lyk dit my daar is nog ‘n paar manne en vroue in die ANC geledere wat bietjie omgekrap raak. Ja, dalk gaan die juniors se koppe rol en nie die eintlike skuldiges nie, ek weet nie. Maar wat ek vermoed is dat Gupta-gate ‘n stok in die hand van onder andere Mamphele Ramphele en ander opposisie partye gaan word. Die ANC gaan net meer en meer verdeeld raak. En wie weet, dan kan mense soos Mamphele Ramphele dalk die gety begin draai.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s