Laat ek dit net eers dadelik stel voor ek my gedagtes verder vaspen…..ek glo nie in voorspoedsteologie nie.
Goed, met dit agter die rug, sit ek met ‘n klompie gedagtes wat ek net moet neerskryf. Ek het groot geword in die “baby boomer” tyd; ouers wat uit die depressie jare van die 1930’s hulleself opgewerk het tot relatiewe finansiële sukses. Ek het groot geword in redelike gemak. Ek het in my jong werk dae lekker erg geworstel om my behoeftes en spandering te befonds. Vandag sit ek met ‘n goeie werk, ‘n goeie salaris; gemeeet aan ander kan dit seker ook beter, maar ek is dankbaar! Ek sukkel steeds om alles te befonds, maar ons kom reg. Ek dra ‘n groot huishouding en spandeer ‘n groot persentasie van my inkomste om my kinders die beste te bied wat ek kan.
Dit die agtergrond….maar vandag wonder ek of dit waar is wat ons ouers ons geleer het: “geld kan nie geluk koop nie”. Is dit nie ‘n stuk piëtistiese-victoriaanse-Calvinistiese voorveronderstelling wat eeue nou al kom maar wat eenvoudig nie waar is nie? Die Calvinistiese of Gereformeerde teologie het ‘n swaar klem gelê op “suffering”. Egtheid van geloof word getoets aan “suffering”. Jou karakter word gebou deur “suffering”. Eendag in die hemel sal ons ons beloning kry……ens. En ek sê nie dis alles verkeerd nie, maar ek hét ook al geskryf oor die teologie wat van Christenskap ‘n “pie in the sky” gemaak het; asof hierdie lewe pynlik en ondraaglik MOET wees om ware Christen te wees en dat ons eendag “alles” sal hê; die strate van goud. IS DIT SO!?!
Is dit ‘n Bybels gefundeerde siening van geld en rykdom. Ja, die Bybel waarsku teen verkeerde rykdom, teen rykdom wat jou afhanklikheid van God wegneem, maar is dit noodwendig so dat God téén geld is; dat geld in die domein van die duiwel behoort? Kyk ek na die OT dan het God telkens seëninge, aardse seëninge ook aan die geloofshelde laat toekom. Goeie nuus van die koms van God se Koninkryk is mos nie goeie nuus as dit vir jou net vertel van al die “suffering” wat jy “moet” deurgaan nie? Wie sal dan enigsens daaraan gehoor gee. Ja, ek weet dit lê dieper as dit, “but hear me out”.
Sekerlik kan geld ons nie noodwendig gelukkig maak nie, maar beskikbare geld maak dat ons dinge kan doen wat wel ons “geluksfaktor” verhoog. As die wêreld en al sy stress en druk ons ons ewewig-skaal van tevredenheid laat tip na die “ongeluk” kant, moet ons dinge doen wat weer die skaal kan balanseer – dis sekerlik die basiese van geestesgesondheid. Maar, daardie dinge kos geld en sonder geld, het ek geen manier om die skaal van tevredenheid tot ‘n ewewig te bring nie. Om te gaan kuier by vriende en my sosiale bande te verstewig, kos geld in terme van ‘n kar en petrol. Om my stokperdjies en belangstellings uit te leef, kos geld. Stokperdjies is dikwels die eerste item wat sneuwel as ek my verantwoordelikhede moet befonds.
Armoede! Vertel vir die miljoene Afrikane wat onder die broodlyn leef dat geld nie geluk kan koop nie.
So, geld kán dalk geluk koop of hoe? En dis nie noodwendig onchristelik nie of hoe?
Ander mans se geld kan. So in my geval. Suksesvolle. MD v rekenaarmaatskappy. Bly in Meintjieskop…ek is geen gelykke
LikeLike
Alles my fout. Wolf vertrou met my skapie
LikeLike
Igonoreer boonste pos. Moet dit nie lees of glo nie
LikeLike
Ander mans se geld kan. So in my geval. Suksesvolle MD in gegoede buurt naby uniegeboue. Ken die persoon 4 jaar. Het ons albei teen hom vasgedruk en gese hy is lief vir ons. Ons het die persoon gerespekteer. Die valse man. Geen waarde v n huwelik siende hy het nou die 3de huwelik opgeneuk. Saam met sukses, arogansie, selfvetroue en hoogmoed en geld. Genoeg vir my vrou. Ek is vlenters. Help
LikeLike