Volksvergadering

Ek hoor gister ‘n advertensie van die herdenking van die nagmaal van Jesus, en luister skielik want dit klink mos na ‘n mooi gedagte. Daar is vir my min dinge so wonderlik soos ‘n nagmaal; dáár waar jy herinner word dat jou sondes inderdaad vergewe is, en jou ewige lewe, vryspraak, regverdiging gewaarborg word. Maar wag, ek dwaal….


Die advertensie eindig met: gaan na http://www.volksvergadering.co.za vir meer inligting. Nou ja, daar het die eerste gevaar liggie aangegaan. Ek besoek toe dié blad en, wel, genoeg om te sê dat ek geskok is hoe bewegings godsdiens kan misbruik om ‘n saak te dryf. Ek het nie ‘n probleem dat daar mense is wat graag selfbeskikking wil hê nie; of wat weer ‘n volksvergadering wil skep nie. Eke mense word die reg tot assosiasie gewaarborg in ons grondwet. Maar om die persepsie te skep dat dít nou eintlik die ware Christelike, die piëtistiese weg van geloof is, is verregaande.

Jy’s welkom om met die volksvergadering te assosieer; en natuurlik is dit gaaf as jy ook ‘n christen is. Maar asb, moenie Cristenskap, of die profete, of die OT, of Jesus se lewe en werk gebruik as die fundering van jou beweging, asof jy teen Christus sou wees as jy nie ook positief is oor die volksvergadering nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s