T&Cs Apply

Terme en voorwaardes!?!  Dis darem maar die lekkerste woorde vir enige besigheid om homself te “cover“.  terms and conditions

Ek koop ‘n kar wat ‘n “tracking device” in het.  Die diensverskaffer bel my om die eienaarskap van die toestel oor te plaas na my.  Ewe vriendelik gaan ons deur die kontrak.  Ek hoor dat dit darem nie ‘n arm en ‘n been gaan kos nie.  Toe dit by die Terme en Voorwaardes kom, word dit so een na die ander afgerammel en ek moet my goedkeuring daartoe gee deur JA of NEE te sê; en onthou, hierdie oproep word opgeneem vir sekuriteitsredes (nonsens man, om jou op jou instemming te wys as jy oor ‘n maand kla oor iets).  Elk geval, so kom die dame by die jaarlikse eskalasie van 10% en skielik irriteer iets hier binne-in my want sien, my salaris gaan nie jaarliks met 10% op nie én ons moes net gister ‘n verwoestende 81c /lt petrol verhoging verduur.  En ek weet, nou gaan elke ander besigheid in die land ook hul pryse verhoog, wat net weer ons geld verminder want ek wed jou, ons salaris gaan hierdie jaar wéér nie met 10% verhoog nie!  So, die diensverskaffer word 10% (want ek aanvaar dit geld vir al hulle kliente) ryker elke jaar en dit grief my skielik.  Ek wonder of hulle ‘n 10% verhoging aan hulle werkgewers gee?

Dis toe dat ek toe sommer moeilik raak – dame, ‘n kontrak is ‘n “mutual agreement“.  Dit beteken dat ek en jy oor die terme moet gesels en saam stem.  Ek is bereid om 5% te betaal, maar nie 10% nie.  Nodeloos om te sê, daar was so paar oomblikke stilte, toe sê die dame ewe vriendelik dat dit die terme is.  Maar as dit dan die terme is, hoekom hou jy dan nie maar net ‘n geweer teen my kop en sê teken nie, want dan het ek mos geen insae of sê oor hierdie terme en voorwaardes nie.  Of as ek het, dan moet ons dit kan bespreek en wysig!

Nou ja, haar bestuurder bel my toe terug en verduidelik dat dit ongelukkig is hoe dit is: “take it or leave it“.  Ek los dit toe maar…..

prentjie gekry by http://www.financial-spread-betting.com

###

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s