Xingwana en Calvinistiese Afrikaner Mans

Lulu Xingwana

Lulu Xingwana

Ek is dalk ‘n bietjie laat, maar ek wou nog iets sê oor hierdie belaglike uitspraak van Min. Lulu Xingwana waarin sy gesê het dat Calvinistiese Afrikaner mans groot gemaak word dat hulle vroue en kinders hul besittings is waarmee hulle dan na willekeur mag handel; dit na aanleiding van Oscar Pistorius wat sy nuwe “liefde” dood geskiet het.  Duidelik het sy, met hierdie “juweeltjie”, haarself nie net bewys dat sy glad nie in staat is om haar portefeulje te maak werk nie, wat nog om die regte van vroue en kinders te verbeter, maar het sy haar self óók bewys as ‘n diepgewortelde rassis; daarby nog uiters oningelig oor Calvinisme en/of Afrikaners se houding oor vroue en oblivious oor (haar eie) swart mans se houding oor vroue.  Vier maal skuldig….

Kom ek begin by die laaste aanklag: ek haat dit om enigsens nog in SA te verwys na kleur, maar aangesien Xingwana begin het, moet ek ongelukkig voortgaan daarmee.  Dis ironies dat Xingwana so oblivious is vir swart mense se houding en siening oor vroue.  Ek werk saam met baie swart kollegas, (trouens ek is die enigste witte hier rond), en hoewel ek my nie as ‘n kenner oor hulle kulturele agtergrond gaan uitgee nie, kan ek met gemak sê dat hulle ‘n baie meer chauvinistiese siening oor vroue het as wat Calvinistiese-Afrikaner mans ooit kan droom om te hê.  Dan praat ons nie eers oor die absolute gemak waarmee hulle buite-egtelike seks as normale praktyk goed praat en doen nie.  Soos hulle dit noem; “sharpening the knive outside”  Daarby kan ek nie onthou, weereens, ek haat dit om kleur te gebruik, maar kan ek nie onthou of ek al óóit gehoor het van ‘n Calvinistiese-Afrikaner man wat babas, 2-jarige dogters en 80+ jarige oumas verkrag nie.  Praat van disrespek vir vroue…..!  So Lulu, word wakker uit jou slaap en begin by daardie kulturele tradisies en gebruike wat inderdaad vroue as hul eiendom beskou en wat géén respek het vir vroue nie, geen respek het vir lewe nie, geen respek het vir die bekamping van VIGS nie en wat dink maagdelike seks sal hulle genees.

Dan oor Calvinistiese Afrikaner mans.  Inderdaad het ons voorouers nie die waarde aan vroue gegee wat hulle toekom nie, maar dit was nie noodwendig Calvinisties of Afrikanerskap nie.  Trouens, vroue het in die Bybelse tye ook nie die waarde gehad wat hulle toekom nie, en Calvyn was toe nog nie eers ‘n gedagte nie.  Was dit nie Zarathustra wat gesê het nie: “barefoot pregnant and chained to the stove“.  Dit was ook beslis nie God se oorspronklike bedoeling nie.  Van die eerste bladsy van die Bybel lees ek dat God man en vrou vir mekaar gegee het as maats, as hulp, mede-mens om mekaar aan te vul en saam ‘n eenheid te vorm, as pas-maats nadat Adam onder al die diere nie ‘n “maat” kon kry nie.  Maar a.g.v. die sondigheid het ‘n chauvinisme vroeg reeds in Israel se geskiedenis begin posvat wat tot en met die 19de eeu voortgeduur het.  Dit is jammer, maar beslis nie Calvinisties-Afrikanerskap nie.

Ek is ‘n Gereformeerde Afrikaner (nie dat ek lief is vir sulke etikette nie).  As Calvinistiese-Afrikaner, laat ek sê hoe ék vroue en kinders sien, miskien sal Lulu dan besef dat sy totaal oningelig is en eintlik nog in die vorige eeu leef toe mans nog sulke idees oor vroue gehad het.

Ek is getroud en my vrou is my gelyke; nie eenders nie (jy hoef nie baie slim te wees om te besef dat mans en vroue inderdaad baie verskillend is en ook ‘n baie besondere en eiesoortige rol vertolk in die samelewing, en as ouers ens.; selfs van God word ‘n onderskeid getref van Sy manlike en vroulike eienskappe), nie eenders nie maar gelyk!  God gee eweveel waarde aan elkeen van ons en ek het die opdrag om my vrou só lief te hê soos wat Jesus Sy kerk liefgehad het (Eff 5:25 ev.).  Hy het sy lewe daarvoor gegee (nie haar lewe geneem nie!).  Verder is kinders ‘n absolute geskenk en klein “wonderwerkie” wat in liefde gebore word.  In ons huis word hulle, na die beste van ons vermoëns en ten spyte van ons eie gebreke, in liefde gekoester, beskerm en opgevoed om ‘n verantwoordelike en gebalansseerde volwassene te wees.  Ek het geen reg tot mishandeling van enige van die twee groepe nie.  Ek het nog nooit my vrou geslaan nie en kan my nie indink dat iemand so laag kan daal nie.  So is ek groot gemaak as Calvinistiese Afrikaner, so het my pa geleef en so maak ek my kinders groot.

Toegegee, sy het onvoorwaardelik om verskoning gevra.  Dit lyk vir my egter asofy sy egter inderdaad glo dat Calvinistiese-Afrikaners Calvinisme en/of Afrikanerskap gebruik as “kulturele en religieuse” redes.  Sy sê: “…and that some tend to use cultural and religious beliefs to justify gender inequality and abuse”.

Ek sidder as ek dink hoe lank dit gaan neem vir ‘n geslag mans om te verander as die agbare minister se departement nie hulle werk doen nie, en as die agbare minister geen begrip het vir die probleem nie.

###

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s