Sportmanne, geld en “endorsements”

Endorsements

Bad choice of words….

Ek weet eintlik nie presies hoe ek dit moet stel nie, maar ek het ‘n groeiende probleem met die uitermate hoë “salarisse” (endorsements) wat sportmanne verdien.  Ek het ook nie in Ekonomie ge’major’ dat ek regtig met gesag kaan praat nie, maar die hele ding van advertensies en endorsements is besig om te krap, veral in die lig van die hele Oscar Pistorius sage.

Is die lewe nie bedoel dat jy klein begin en jouself op werk oor jare nie.  Die lewe gaan mos oor siklusse: jy’s in gr 1 ‘n junior en in gr 7 ‘n senior; net om die volgende jaar in gr 8 weer ‘n junior te wees, in gr 12 ‘n senior ens.  So is jy ‘n junior by jou eerste werk en werk jy daarna weer om ‘n senior te word.   Hierdie  reël geld sekerlik ook op salaris / finansieële gebied.  Maar met die belaglike salarisse en endorsements wat sportmanne kry, is hulle op 26 multi miljoeners.  Oscar Pistorius verdien blykbaar om en by $4 milj per jaar.  Dis so baie geld vir ‘n jong en ongetroude man dat hy ‘n R 4 milj se McClaren sportmotor kan koop.  So is daar ander sportmanne wat dieselfde pad loop.

Is dit gesond?  Dra dit nie by tot ‘n gevoel van onaantasbaarheid nie.  Hulle kan hulleself uit enige situasie “koop”.

Nou is daar gewoonlik 2 argumente wat hierdie krapperigheid beantwoord:

  1. Hulle werk net 10 jaar of so, so hulle sport geld moet vir ‘n lewe hou.  Daar is twee probleme met hierdie argument,.  Eerstens, moet hulle dan juis die geld belê in eiendom en/of besighede in plaas van McClarens en ander sportmotors koop; of om hulle geld uit te lewe met luukshede.  Tweedens, word meeste sportmanne na hul loopbane as kommentators of in administrasie/afrigting betrek, a.g.v. hulle suksesse.  Sou dit dan nie meer sinvol gewees het om die groot inkomste vir hulle op trust te sit wat elke 10 jr uitbetaal nie.  Teen die tempo waarteen die sportmanne hulle geld uitleef, gaan daar in elk geval nie meer veel oor wees op 50 of 60 nie
  2. ‘n Ander argument is dat hulle hard werk en dit verdien.  Verdienstelikheid is ‘n moeilike argument, want ek ken BAIE mense wat ewe hard werk, wat selfs hoogs gekwalifiseerd is, maar wat eenvoudig nie so baie verdien nie.

Ek het hierdie week net skielik gedink:  As alcdie geld wat aan sportsterre (Emmenis, Bolt, Pistorius, ens) betaal word, gekwantifiseer word, sal ons sweerlik Afrika se armoede byna kan uitwis.  En is dit reg dat enkeles só veel moet verdien.  Is dit gesond?  Is dit billik teenoor hulleself en ander?

Hierdie “issue” sou sekerlik ook kapitalisme vs sosialisme op die tafel plaas.  Daar loop ‘n ding op die internet rond (kettingbrief) wat vertel hoe studente sosialisme wil bevorder.  Die dosent wou die punt duidelik by hulle uitbring en verduidelik toe dat hulle die volgende paar toetse so sal hanteer.  Eerste toets kry almal gemiddeld B.  Die wat niks geswot het nie is in hulle skik met die reëling, terwyl die wat hard geswot het so bietjie ingedoen gevoel het.  Die volgende toets toe swot die “A” studente minder en die nie-swotters weer niks.  Toe val die gemiddelde na D.  Die wat geswot het voel toe ingedoen en die ander voel hulle word nou benadeel deurdat die swotters nou nie meer so hard swot nie.  Die laaste toets val die gemiddelde na ‘n F en die prof het sy punt gemaak.  As daar nie meer ‘n aansporing is vir sommige om harder te werk nie, gaan niemand dit doen nie.

Dis inderdaad so, en waarskynlik is kapitalisme nog steeds die beste van die opsies, maar dis beslis nie die beste nie.  Kapitalisme het ook sy issues!  Vra vir enigiemand wat in kleinhandel is: die “bottom line” het die geneigdheid om werknemers se lewe te verswelg….net vir die winsgrens.  En selfs die kliënt se behoeftes staan nie meer voorop nie.  Dit wat die hoogste winsgrens het, is wat tel.  ‘n Apteek het ‘n gewilde reeks gesondheidsproduk gestaak omdat die winsgrens daarop te laag was.

Ek wonder hoe het dit in die Bybelse tyd gewerk; of wat was God se bedoeling presies?  Hoekom sou Paulus die volgende raad aan die Korinte gee?

Ek bedoel nie dat julle gebrek moet ly om ander te kan help nie; maar sodat daar ewewig sal wees, moet julle wat nou oorvloed het, dié help wat gebrek ly. Dan, as hulle weer oorvloed het en julle gebrek ly, kan hulle julle weer help. So kom daar ewewig. Daar staan ook geskrywe:

“Dié met baie, het nie te veel gehad nie, en dié met ‘n bietjie, nie te min nie.”

2 Kor 8:13-15

###

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s