Dit gaan nie goed met die SIEL van SAners nie

Kyk, die ontrafeling van die Oscar Pistorius-storie die afgelope paar dae was waarskynlik vir meeste Suid-Afrikaners (SAners) die moeder van alle skokke; ontnugtering; teleurstelling – noem maar ‘n emosie, dit was daar.  Talle sosiale kommentators, radio peroonlikhede, “talk shows” sê die een na die ander – dis so “disturbing”.  Selfs diegene wat eintlik nie veel aan Oscar as “held” gehad het nie, is omgekrap.  Ek dink talle mense kan nie eers mooi in woorde uitdruk op watter vlak dit hulle omkrap nie; of wat presies dit is wat hulle omkrap nie – dat dit Oscar is, dat dit ‘n sportheld is; dat dit iemand is wat soveel sukses against the odds bereik het, dat dit nog ‘n skietery was, dat dit so ‘n sprankelende meisies was, en nog talle meer moontlikhede.  Letterlike miljoene het al daaroor geskryf, op blogs, “getrend” op sosiale media – ons almal probeer iets te verstaan uit hierdie hele tragiese affêre.

Soul searching

Soul searching

Ek dink persoonlik, het hierdie storie die siel van SAners ontbloot; ‘n siel wat siek is, wat geen fondament meer het nie; wat nie meer weet wat is ordentlike, gemeenskapswaardes, sosiale norme nie.  Kyk hoe gaan ons tekere met helde “veradgoding” wat in ‘n oomblik omdraai in veroordeling – soos om te vrot in die tronk-tipe.  Kyk hoe dink ons oor geweld – die oplossing selfs vir struwelinge ( sê my, wat gaan deur jou brein wanneer jy “fight” met iemand en selfs net ‘n wapen in jou hand neem……).  Kyk hoe siek is die waarde van geld – dat ‘n 26-jarige sportman R8+ miljoen verdien in borgskappe, met McClarens rond ry terwyl daar 60-jariges is wat “die sout van die aarde” is, ‘n eerlike harde werk gedoen het en finansieël afhanklik is van die staat.  En ek wil nou nie kapitalisme aanspreek nie, maar “something is horribly wrong somewhere”.  Maar wag, die eintlike rede vir hierdie blog is om Nilea Swanepoel se blog(?), of ope brief aan die nasie hier te plaas.  Dit is so ‘n goeie stuk, en gaan dit (hopelik met haar toestemming) volledig hier plaas want dis iets waarna ek in die toekoms weer wil terug verwys; weer wil lees wanneer ek my waardes vergeet.  Ek het dit op “Praat Afrikaans” se FB blad gelees.

Ek kan nie regtig verstaan hoekom die Oscar Pistorius saak my so vreeslik erg ontstel nie; maar dit doen.

As ek eerlik met myself moet wees, besef ek dat dis nie regtig iets spesifiek waarop ek my vinger kan druk nie, maar eerder ‘n kombinasie van ‘n paar fasette van die hele gebeurtenis wat daartoe bydra.

Eerstens ontstel die manier wat die algemene publiek die nuus hanteer het. Binne ‘n paar uur het mense uiters onsmaaklike grappe uitgedink en rondgestuur via twitter, facebook ens. ‘n Vals Nando’s advertensie wat lui “We don’t shoot our chicks. We just flame grill them” het binne ‘n paar uur soos ‘n veldbrand oor die internet verprei.

Grappe soos “Oscar het seker vanoggend met die verkeerde been uit die bed geklim” is tussen mede-kollegas gedeel en oor geskerts.
Regtig? Een mens is doodgeskiet, en die ander een se lewe is vir altyd verwoes. So ‘n reaksie dui op ons nasie se onvermoë om empatie te toon, en (veel erger), dat ons ‘n mens se lewe minag tot in die sterkste graad.

Geen wonder dat mense word vermoor en verkrag op ‘n uurlikse basis nie, dit blyk dat selfs die gemiddelde mens op straat se emosies afgestomp is, en hul persepsie van wat sosiaal aanvaarbaar is heeltemal verwronge is.
Net om dit duidelik te maak; dit is NIE aanvaarbaar om te spot oor ‘n onskuldige mens, wat haar lewe verloor het in ‘n absolute tragedie nie.

Tweedens staan ek in verstomme verbasing oor hoe dis-lojaal en wankelbaar ons nasie is, duidelik uitgebeeld deur die feit dat meeste mense sonder twyfel vir Oscar aangeval het toe hul die nuus hoor. Afgesien van die feit dat daar nog geen beslissing oor die saak geopenbaar is deur die hof nie. Om die waarheid te sê, meeste van die informasie in die koerant-berigte is tot dusver nog net bespiegelings, aangesien geen verdere informasie deur die polisie mag gegee word voor die saak afgehandel is nie.

‘n Paar maande gelede het omtrent elkeen van ons ewe bree-bors voor ons skerms gesit om te kyk hoe Oscar hardloop in die Paralimpiese-Spele. Die klug wat lui “Proudly South-African” het vir ‘n oomblik ‘n glinster gekry, amper asof daar ‘n brokkie waarheid daarin kan skuil.

Tog is dieselfde sport-held verdoem deur meeste, die oomblik toe die nuus breek oor Reeva Steenkamp se dood. Dis vreemd, dit wil amper voorkom asof die mense daarna uitsien dat hy moet skuldig wees. Asof die geure van die tragedie net nog meer soetsappig gaan wees as ons held, in elke sin van die woord, geval het.
Een van die opskrifte van die talle artikels wat tot op hede die lig gesien het, lui “Golden boy loses his shine”.
Hoekom is dit nodig om lekker te kry uit iemand anders se intense hartseer en pyn en vernedering? Selfs al is die man skuldig, wat sê dit van JOU dat jy so vreeslik baie genot put uit ‘n ander se hartbreek?

Derdens; kan ek net my kop sak in moedeloosheid oor die rassisme- en geloof beskuldigings wat weereens rond gegooi word, sonder om enige ander mens se gevoelens in ag te neem.

As mens na die opmerkings gaan kyk op die berigte wat op die internet gepubliseer is, kan jy amper die swart, metaal-geur van absolute haat tussen die mense ruik. Talle swart mans het geskryf dat hul wens dat Oscar word oor en oor verkrag in die tronk, en dat hy ‘n lang en stadige dood sal ly.

Is dit waarop dit neerkom? Kom ons sorteer die probleempie gou uit deur vir Pistorius oor en oor te verkrag (regtig?), en hom dan te martel tot die dood sy enigste redding kan wees. Hierdie siek manier van redeneer sê nogal baie oor hoekom Suid-Afrikaanse tronke as een van die gevaarlikste ter wêreld bekend staan.

Dit is NIE normaal of reg om te hoop dat ‘n man herhaaldelik verkrag sal word indien jy hom verdink van ‘n misdaad nie. Dit is net nog ‘n teken dat die mense in Suid-Afrika se manier van dink absoluut afgestomp en verwronge is deur jaloesie en haat en vrees.

Daar is nog ‘n skrywer wat ‘n hele artikel daaraan toegewy het om Christenskap (aangesien Pistorius ‘n uitgesproke Christen is), en die algehele konsep van geloof af te breek. Wat het Pistorius se geloof nou eintlik met die prys van eiers uit te waai?

Het hy homself op enige stadium probeer veronskuldig op gronde van sy geloof-oortuiging? Nee. Het die Kerk al ooit probeer uitmaak asof dit fisies onmoonlik is vir ‘n mens wat in God glo, om sonde te pleeg? Nee.

Ek is jammer, maar in hierdie geval is Pistorius se kerkverband absoluut irrelevant. As dit jou wyse van redenasie is, kon jy net sowel Oscar se sterreteken geteiken het. HOEKOM is daar so ‘n oorweldigende haat tussen die verskillende gelowe èn ook mense wat meen dat hul glad nie glo nie?

Hoekom kan ons mekaar nie eens genoeg respekteer deur neutraal te bly oor dinge wat jou nie persoonlik aangaan nie?

So jy glo nie in God nie? Ek doen. Maar ek gaan jou nie oordeel nie, want jou geloof-oortuiging dra absoluut geen mening in my lewe nie. Hoekom koester die atheiste byvoorbeeld so ‘n oorweldigende haat vir geloof? As jy nie daarin glo nie, hoekom gee jy om? Ek glo nie in Budha nie, maar ek respekteer my mede-mens genoeg om hom nie aan te val as hy ‘n Budhis is nie. Weereens, dit het niks met my te doen nie.

Laastens; is ek die enigste mens wat so hard hoop dat Oscar onskuldig is? Ek weet dis naief, en ek weet dat meeste van die ‘bewyse’ dui tot dusver daarop dat hy vir Reeva koelbloedig vermoor het. Maar dit breek my hart.

Oscar is ses en twintig jaar oud, sy lewe het voor het voor hom gelê soos ‘n glinsterende reënboog vol sukses en trots. Vandag sit hy in die tronk, met NIKS. Hy gaan homself vanaand aan die slaap huil, in angs vir wat more op hom wag en op die verlies van ‘n stukkie van sy siel.

Reeva se ouers huil hulself vanaand aan die slaap, want hul gaan hul dogter more finaal groet. Twee pragtige, glansryke mense se lewens is verwoes. Een se lewe geëindig in ‘n koue sekonde van anti-klimaks. Die ander een se lewe uitmekaar geskeur, sonder enige hoop om aan vas te hou, skuldig of nie.

“We don’t shoot our chicks. We just flame grill them.”

Dit maak my siel koud.

Reeva se pa, Barry Steenkamp het Sondag aan The Mail koerant gesê dat alhoewel die familie sukkel om sy dogter se dood te aanvaar, is daar geen haat in hul harte nie.

Hy het van Pistorius gesê :”Hy gaan nou deur dinge waarvan ons nie eens kan weet nie. Ons vra die Here elke dag om ons te help om ‘n rede te vind dat so iets met Reeva moes gebeur. Sy was die pragtigste, sagte mesie in die wêreld.”

Ek het een van my “super-hero’s” laas Donderdag (ironies) op Valentynsdag verloor..

Die volgende sê ek met die diepste respek, en as dit as melodramaties voorkom, is dit net as gevolg van my onvermoë om myself helder genoeg in woorde uit te druk:

Oom Barry, as oom se hart nog vry is van haat, na als wat gebeur het, dan salueer ek vir oom. En dan kan ek myself ten minste daarby berus, dat as Reeva groot gemaak is met so ‘n tipe liefde, is sy nou in ‘n beter plek. Ek wens uit my hart uit dat die res van ons land kan by oom kom kers opsteek.

Geskryf deur Nilea Swanepoel.

Terloops, gaan kyk gerus na die bekgevegte van die koements – wys jou weereens waar ons “siel” is!  Ek weet waar ons antwoord lê – by God – maar dít gaan weer ‘n volgende woord-geveg afgee want talle sal weer sê dít is juis waarom ons is waar ons is.  Elkeen moet maar vir hom/haarself uitmaak; maar dat ons “hand in eie boesem” meot steek, is redelik duidelik!

###

image from http://devology.files.wordpress.com/2010/05/ss21.jpg

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s