Phablets al meer gewild

huaweimate10Ek moet sê, die eerste keer toe ek iemand sien ‘n “tablet” antwoord, het ek omtrent gedink dis baie snaaks; eintlik ironies as jy dink aan die bakstene waarmee ons in die eerste paar jare van selfone gepraat het.  Kan iemand nog daardie Nokia bakstene onthou; ek kan nie eers onthou of dit 1010 of 3010 of wat was nie.  Nietemin, hierdie foon-tablet, of soos dit nou gedoop is, Phablets, blyk toe nie ‘n verbygaande “fad” te wees nie.  Die eerste Galaxy Note II het 10 milj eenhede verkoop en sy opvolger, die Galaxy Note II 5 milj in die eerste 3 maande.

So, waar’s Apple?  Dit lyk asof Apple hierdie bus gemis het want die opgegradeerde iPhone 5 is toe nie so “wow” soos almal gedink het nie; behalwe natuurlik vir status.  Maar wat my die meeste geinterresseer het, was die feit dat, blykbaar volgens navorsing (waarskynlik in Amerika), spandeer mense al minder tyd aan selfoon gesprekke.  Die meeste tyd op ons “devices” word spandeer aan web browsing, dan social media, dan musiek en slegs vierde as oproepe.  En daarby kan jy ook nog byvoeg hoe iPads/tablets gebruik word as kameras.  ipadsDit verduidelik waarom Samsung se phablets so gewild is.  Om maar net 10% van die tyd wat ons op ons “devices” werk, “stupid” te lyk, is OK as ek die res van die 90% uber cool kan internet, notas maak, FB en nog meer.

Apple het onlangs die mini iPad uitgebring.  Ek vermoed dit gaan nie lank wees nie, dan gaan daardie mini iPad kan oproepe maak – phablet, of dalk iPhab.

###

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s