Man slaan vrou……..

Ek was besig om ‘n preek voor te berei oor, onder andere die onaanvaarbare hoë geweldsvlakke in ons land, toe ek op ‘n berig in die Beeld afkom.

Volgens hierdie berig is 17,000 mense in Gauteng ondervra oor of dit geregverdig is vir ‘n man om sy vrou te slaan, en in watter gevalle.  Die uitslae was, om die minste te sê, skokkend; nie soseer in die geval van die mans wat wel glo dat dit geregverdig is om ‘n vrou te slaan nie, want ongelukkig is daar nog mans wat wel glo dat hy die reg daartoe het om sy vrou te slaan.  Sulke tendense onder mans word gewoonlik toegeskryf aan ‘n patriargale samelewing of gesins-samestelling.  Inderdaad loop dit seker hand-aan-hand met ‘n patriargale sienswyse, maar mans wat regtig nog glo dat hy die reg daartoe het om sy vrou te slaan is nie net argaïes nie, dis gewoon barbaars.  Ek wonder egter of die ou Jode, wat in ‘n erg patriargale sisteem geleef het, hulle vroue geslaan het?  Of Dawid?  Of Abraham, Isak en Jakob?  Of selfs Adam?  Ons sal nooit weet nie, maar dis asof ‘n mens dit nie kan indink nie.

Maar terug by die uitslae… wat my geskok het, meer as die mans wat instemmend geantwoord het, is die getal vroue wat instemmend geantwoord het.  Sekerlik is hierdie opname nie vreeslik wetenskaplik gefundeerd nie en kan ‘n mens dalk die statistiese waarde daarvan  ignoreer, maar net die blote feit dat daar selfs één vrou was wat instemmend geantwoord het, is skokkend.  Mevrou, jy hoef nie, mag nie en verdien nie om geslaan te word nie; maak nie saak wat jy gedoen het nie!  Ek weet te min van die psigologie agter vroue wat geweld teenoor hulle toelaat, maar ek vermoed dat dit een van die redes is waarom vroue dit nie net toelaat nie, maar selfs instemmend daarin glo.

Hier is die uitslae:

Uitslae

Uitslae

Nou ja, snaaks in ‘n sekere sin, maar regtig tragies dat mans so swak opgevoed is!

O wag, dan is daar vroue wat hulle mans slaan (lees gerus hierdie berig).

Mag daar minder geweld in 2013 wees!

###

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s