soveel hoofde soveel monde… oor ketters, panenteiste, agnostici en wat nog nie alles nie

Gister was een van daai FB dae…..jy weet mos, daardie dae wat jy een ding lees, wat lei na die volgende, en die volgende….en tussendeur heelwat interressante ontdekkings gemaak.  En uitendelik het ek tot die volgende gevolgtrekking gekom!

Maar wag, voor ek my gevolgtrekking gee: Ek het vandag gelees en geluister van die “emergent kerk“.  Ek het al van hulle gehoor, maar vandag eers regtig besef dis eintlik maar die nuwe versamelnaam vir die paneteïstiese sienings van so baie teoloë!  Dis waar Julian Muller en genote hulself in tuis vind.  Want die “emergent” kerk sê dat hulle eintlik niks “kan” sê nie.  Hulle vermy enige dogmatiese stellings en geloofsverklarings wnt dit skep net grense vir jou denke.  Byv., hulle glo nie dat daar ‘n hemel en/of hel is nie; dat Jesus aan die kruis gesterf het om te betaal vir ons sondes nie; dat die Bybel die gesagvolle geinspireerde Woord van God is nie; geestelike ervaring en gevoelens verkry “Goddelike” status.  Die emergent kerk “klink” soo mooi – ek herinner myself aan Prof Heyns wat altyd gesê het, die duiwel is die na-aper van God.  Hy laat klink teologiese waarhede sooo naby aan die waarheid, dat baie mense dit verwar as die waarheid. 

Volgende luister ek na ‘n preek van Joel Osteen, blykbaar tans die grootste kerk in Amerika (kyk die ouditorium in hierdie video clip :-0).  Nou, ek en my vrou is nogal versigtig vir sy hiper positiewe boeke (sê “JA” vir die lewe) – nie dat optimisme en positiewe denke verkeerd is nie, maar dat daar so ‘n fyn lyn is tussen positiewe denke, optimisme en “new age” wat sê dat jy eintlik alreeds alles in jou het om te ontwikkel, tot jy uiteindelik “self God” word.  Behalwe dat hy vir my, op persoonlike vlak, lekker “fake” voorkom, kom ek vervolgens af op ‘n video clip van John McArthur wat, nou ja, miskien sou ek nie so ver gaan nie, maar Joel Osteen ‘n ketter noem!

En terwyl ek so na Joel Osteen se goed luister, besef ek dat dit dan presies is wat Rennaisance gemeente verkondig.  Ek onthou Abel Pienaar van die streek sinodesitting iewers in 2003/2004, maar was veral verras hoe vêr hy op hierdie panenteistiese pad gestap het na sy bedanking as predikant (gee hom darem dit toe; dat hy die oortuiging gehad het om te bedank).  Soos hy self sê, hy volg nou nie net vir Jesus nie, maar ook Budha, die Dalai Lama, Ghandi en vele ander want hulle het God se rigtingaanwysings gesnap.  Nog van sy uitsprake is dat hy ook nie meer glo in die hemel of hel, in die Bybel as Woord van God nie.  Trouens, hy gaan heelwat verder as enige van Julian Muller (dink ek), of emergent kerk leier.  Hy sê dat hy ‘n gnostici gelowige is wat glo dat GOd binne jou ontdek en geleef moet word.  Ek haal aan uit ‘n gesprek

Hierin (Evangelie van Tomas) word ‘n Koninkryk van God verkondig wat al in hierdie wêreld bereik kan word. En dat God nie iewers daar buite is nie maar binne en rondom ons. En dat ons een kan word met God….

Op die Rennaissance gemeente se blad staan dat hulle op reis is van homo sapiens na homo christos.  Die 2 manne van Rennaisance gemeente se preke, was nogal insiggewend.  Gert J van Rensburg s’n was nog “luisterbaar”, maar jinne, wat Abel Pienaar regtig in glo, weet ek nie…,  in elk geval, klink dit my, nie veel meer van Jesus en die Bybel nie. 

Saam met hierdie klompie video’s en webwerwe vandag, lees ek toe ook ‘n klompie postings en koements op die Kerkbode se FB blad.  Een ou maak toe die opmerking dat die NG Kerk nou, soos die RKK geword het – gewone lidmate kan nie meer die Bybel lees en verstaan nie.  Net dominees kan, en volgens hom is dit presies waar die probleem lê.  Ek stem natuurlik glad nie daarmee saam nie!  Trouens, dis deel van my gevolgtrekking ….

OK, nou my gevolgtrekking! 

  1. Lidmate, LEES JOU BYBEL.  Een van die profete het gesê: my volk gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis (Hos 4:6 OAB maar die nuwe vertaling werk ook!).  Juis omdat dominees die Bybel deesdae soms so vreemd kan verklaar, is dit noodsaaklik dat mense self by die Bybel, nie dagboeke nie, die Bybel moet uitkom en self die waarheid lees en bestudeer.  God belowe dan dat Hy Sy Gees sal gee om ons te help om die Woord te lees en te verstaan.  Lees asb die Bybel en bid en vertrou die Here om self Sy Woord aan jou te verklaar.  Daar is ook talle hulpmiddels, op die internet, in boeke en programme beskikbaar as hulpmiddels om die waarheid te ondersoek!  Een voorbeeld van sosiale media en die “oop” wêreld is dat jy jou interpretasie (en ander s’n) kan toets.
  2. My tweede gevolgtrekking is:  moenie heeltemal net op jou kerk/gemeente/ds staat maak om geestelik te groei en vir jou die waarheid te verkondig nie.  Ek vermoed dat die kleiner kring, en veral die gesin, ‘n al groter rol gaan speel in die vorming van geloof.  Die doop belofte sê dit einltik al lankal – daarom glo ek dat ouers ‘n al groter rol gaan moet speel om geloof en geloofstradisies oor te dra aan hulle kinders.  Ouers kan eenvoudig nie meer staat maak op die gemeente of kerk of ds nie.

Met dit gesê moet ek een ding bysê: daar is by my geen twyfel dat die skuif van modernisme na post-modernisme ‘n geweldige rol speel in hierdie nuwe denke rondom ou teologiese waarhede.  En hoewel ek ten volle glo dat ons post-modernisme nie kan ontken of vermy nie, beteken dit nie dat ons post- teïsties hoef te wees nie.  Dit is inderdaad moeiliker om absolute waarhede te verkondig, maar daar is tog waarhede in die Bybel waarin jy absoluut moet vashou om jou geloof te behou!  Trouens, geloof is om te glo in die dinge wat jy nie sien (wetenskaplike navorsing) nie….anders is dit nie glo nie.  Ons kan dus eintlik sê, Abel glo nie want hy “sien” alles in wetenskaplike navorsing en logiese denke.

Sommige doemprofete sal nou sekerlik in sak en as wil sit oor hierdie nuwe wêreldorde.  Ek dink dis ‘n goeie ding dat ‘n verskeidenheid sieninge, selfs dwalinge, vryelik hoorbaar verkondig word want dit dwing elkeen van ons om terug te keer na die Bybel en weer te begin DINK!  Ons het vir te lank staat gemaak op ander se denkprosesse.  En natuurlik verbreed ‘n verskeidenheid van sienings ook ons eie sienings en help dit ons om dit te kan verdedig.  En as ons begin dink, dan moet ons aanvaar dat daar mense gaan uitpop wat anders gaan dink as ons (Abel het ook begin om vir homself te dink) – en dis OK.  Laat God oordeel as daar geoordeel moet word.  Maak seker jy weet wie en wat jy glo!

Ander relevante blogs:

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s