“Parenting” in die Sosial Media-wereld….

Ek het nog altyd geweet lande en kulture verskil.  Ek meen, ons is anders as die Grieke, of Jode of Engelse…..ja, daai “tipies Joodse” manier van besigheid doen is mos nou net eie aan Jode.  En Indiërs….daar is darem maar net een groep mense wat so kan “cook”… So, ja, ons verskil maar ek het wragties nie besef dat ons SO verskil van die Amerikaners nie; dat ons, myns insiens, op 2 verskillende planete woon.

Ek sê dit omdat ek eenvoudig stom geslaan is oor sommige kommentare wat Tommy Jordan gekry het op sy “parenting” video aan sy dogter.  Kortliks het hy wêreldwye bekendheid die afgelope week verwerf oor die volgende verloop van gebeure:
Sy dogter, ‘n tipies 15/16 jarige dogter, miskien ‘n bietjie meer rebels as ander, het op FB ‘n boodskap geplaas waarin sy plek-plek in “Frans” haar ouers se manier van ouerskap sleg sê (haar volledige FB post is in hierdie berig).  Sy het gebruik gemaak van die nuutste FB sekuriteit opsies en gekies om die post nié sigbaar te maak aan haar familie nie.  Ongelukkig het sy vergeet dat daar ook ‘n FB blad vir hulle hondjie is, vir die pret daarvan, en dat sy haar familie uitgeblok het, maar die hondjie was nie lid van die “familie-lys” nie.  Dus, haar pa het toe volle toegang gekry tot die inkrimenerende FB posting, deur die hond se FB blad (LOL).  Dit het hom laat besluit tot hierdie YouTube video.  Ek moet sê, ek sou self woes teleurgesteld gewees het as een van my kinders dit van ons sou gesê het en daarom het ek volle begrip vir sy reaksie.  En om die waarheid te sê, dink ek hy het dit uitstekend hanteer.  Dat sy haar les sou leer (en blykbaar wel geleer het), is duidelik.

Wat my na my “pen” laat gryp het, is die Amerikaners se kommentaar.  As daar nog water oor is tussen Afrika en Noord Amerika, gaan hy dit alles nodig hê om die “sleg sê” mee af te was.  Hy is behoorlik afgemaak as die swakste voorbeeld van ouerskap, van gewelddadigheid, van kleinlikheid, van kinderagtigheid en vele meer.  Ja, tipies Amerikaans, is hy ook aangegee by die plaaslike polisie sowel as Social Services.  Mooi vir die polisie wat die saak ondersoek het en hom uiteindelik geluk gewens het met goeie ouerskap!  En blykbaar is Social Services ook heel tevrede met die stabiliteit in die gesin!  Dankie tog daarvoor!  Maar uit die reaksie (wag, daar was darem ook positiewes waaroor ‘n mens dankbaar is), is ek nog meer bekommerd oor Amerikaners en hul opvoedingsbeginsels en daarom my konklusie – ons leef nie op dieselfde planeet nie!  Ek gee toe, ons sal nie almal dit noodwendig só hanteer het nie – ek sou byv. nie die laptop stukkend geskiet het nie want my hart sou later weer sag geword het en die straf opgehef het, en my dogter, soos ek haar ken, sou verseker eerder ‘n pak slae verkies het….dan’s dit verby!  – maar wag, ek dwaal af, om Tommy Jordan so sleg te sê; te sê dat sy dogter haar nou gaan wend tot “stripping, prostitution“….really?!?  Dis darem net …. crazy!?

Terloops en ter afsluiting; dis eintlik amazing wat sosiale media in die nuwe wêreldorde waarin ons leef, kan reg kry.  Hierdie pa het gedink hy pos die boodskap aan dieselfde 500 FB vriende….min het hy geweet dat dit nou die wêreld wyd lê (17 miljone views?).  Soos hy self sê, hierdie “onskuldige” manier van dissipline gaan waarskynlik homself, sy gesin en sy dogter se lewe vir ewig verander.  Wat my ook bring by die punt wat hy, Tommy Jordan, self maak….en wat ek gereeld aan my kinders sê.  DINK wat jy op FB plaas.  Ja dis “jou FB, jou lewe, jou profiel, jou gevoelens” ens, maar daar kan konsekwensies wees aan wat jy sê, en kan selfs jou toekomstige werksmoontlikhede beinvloed – sommige werkgewers is al so progressief en gebruik FB om hul toekomstige werknemers se “profiel” te bepaal.  Wat jy post kan verrykende gevolge hê…so DINK. 

En laastens, wat my veral beindruk van hierdie pa is die feit dat hy die versoeking weerstaan om “geld” uit die petalje te maak (miljoene ander, soos ek hulle ken, sou verseker geld hieruit gemaak het!).  Hy is geld aangebied vir die storie, en is genooi vir verskeie “talk shows”….Hy het dit als afgewys omdat hy nie dink dit sou reg wees om “geld” uit die oefening te maak nie en, en ek het nogal hiervan gehou, omdat hy oortuig is dat die media dinge verkeerd gaan publiseer.  Daarom antwoord hy alle navrae op sosiale media sodat niks buite konteks aangehaal of gerapporteer kan word nie.  As jy sou getwyfel het aan die karakter van hierdie ou….daar is karakter!

Die oorspronklike video is hier…..

Tommy Jordan se reaksie op die “storm” is op sy FB blad hier….
Koerant berig met ekstra kommentaar.

One response to ““Parenting” in die Sosial Media-wereld….

  1. I dont blame Tommy Jordan for his actions, clearly he stated that all his previous methods of punishment failed, so in order for him to get the message across clear and hard, I agree to what he has done. Now she will have to face her family and friends and she wont have access to the internet, thus mabe she will have more time to spend on her chores.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s