kleur kleur kleur! wanneer gaan ons mense sien?

El gaan nou nie ‘n lang blog plaas nie; somme rmaar net my frustrasie lug oor ons ou landjie te veel KLEUR sien; en te min mense….aan alle kante.

Ek verwys na 2 nuus items die afgelope paar dae:

  1. die DA studente organisasie se advertensie veldtog om reaksie uit te lok en ‘n gesprek aan die gang te sit.  Wel, dit het hulle inderdaad reg gekry.  Die kommentaar op SA United van sommige het gewissel van goed, tot skokkend, tot stupid.  Ek het geweet rassisme is nog “alive and well”, maar ek het darem gehoop meeste mense hou dit liewer vir hulleself.  Maar wag, ek dwaal af. … Attie Nel het hier ook oor die foto geblog.
  2. Die UP se veeartseny wat mense in groepe deel (ons weet watter groepe) en dan die top studente in elke groep keur vir die graad….nodeloos om te sê, die ligter pigmentologiese groep het seker net 1 of 2 plekke en die donkerder groepe die res.

My frustrasie met beide die nuus items is dat ons in alles nog hopeloos te veel rondom ras en kleur funksioneer.  Hoekom kan hulle (Veeartseny nou) nie eenvoudig die top 20 studente keur nie.  Of is ons bang dat daar geen donkerder studente in daardie groep sal wees nie (is dit nie rassisties om dit net selfs te dink nie?).  Miskien sou dit inderdaad waar gewees het ‘n paar jaar gelede, maar dis wonderlik om elke jaar met prysuitdelings te sien dat al meer donkerder studente top “achievers” word….so ons kan nie meer daardie aanname maak dat die top 20 byv. meestal ligter studente sal wees nie.  

Hoekom was die foto opspraakwekkend?  Sou dit dieselfde reaksie uitgelok het as dit ‘n Griek en ‘n Boere-meisie was (want ultimately is dit maar dieselfde kultuur-skok); of ‘n Rus en ens. ….you get my point. 

Hoekom kan ons nie maar net mense wees wat lief is vir ons land en die land se probleme saam wil oplos nie.  Die wat nie hier wou wees nie, is reeds weg.  Die wat nog hunker om weg te wees, het nie geld om te gaan nie en sal seker maar vrede daarmee moet maak.  Maar ek glo dat meeste ligter mense wat oorgebly het, WIL HIER WEES en WIL van ons land help ‘n sukses maak.

So, kom ons bid dan maar daarvoor – dat kleur sal begin verdwyn en dat ons net mense sal raaksien!  Mense met Godgegewe potensiaal!  Noem my idealisties, naief, whatever!  Ek sal bly glo om die beste in elkeen te probeer sien! 

Daarsy, ek voel beter.

2 responses to “kleur kleur kleur! wanneer gaan ons mense sien?

  1. maar dis wonderlik om elke jaar met prysuitdelings te sien dat al meer donkerder studente top “achievers” word….
    Een uit elke ses matrieks wat verlede jaar wiskunde geskryf het, het minder as 10% behaal en ’n derde wat fisiese wetenskappe geskryf het, het minder as 30% gekry.
    http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/Nog-skokke-oor-matriekuitslae-20120127

    DIT is hoe die punte aangepas word. EK WEET. En kleur sal altyd ‘n faktor wees.

    Like

  2. natuurlik sal daar altyd die swak presteerders wees! Maar jy vergeet seker (gerieflikheidshalwe) dat wit studente ook swak presteerders is en kan wees. Jou stukkie stats neem nie weg dat daar almeer top presteerders in skole is nie, en dit is opsigself wonderlik vir toekomstige geslagte!

    Nee, kleur hoef nie altyd ‘n faktor te wees nie – dis ons wat in ons “minds” dit altyd ‘n faktor wil hou!, vir watter sinistêre redes ookal! En DIS my probleem….diep gewortelde rassisme en meerderwaardigheid – dit terwyl ALLES genade is.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s