om te mag twyfel?

Die Kerkbode rapporteer onlangs dat die GKSA hul ‘n dwarsklap gegee het rondom voortgaande ekumeniese verhoudinge en dat dit nou slegter gaan as ooit tussen die twee kerke.  Blykbaar oor die “gevaar” van dwaalleer wat deur die verhouding met die NGK in die GKSA kan insluip.  Toegegee, dit is ‘n bietjie “far fetched”; ek meen, die GKSA het immers genoeg “wagters op die mure” wat dit sal kan voorkom….maar tog; tog het ek gevoel: NGK, julle het mos nou daarvoor gevra!  Dis mos nou gewoon die konsekwensie van ‘n twyfelagtige ondersoek-proses tydens die Ferdi Muller-sage; die konsekwensie van uitsprake en boeke wat deur vooraanstaande teoloë van die NGK geskryf word waaroor die kerk as liggaam dood stil is; te veel vreemde stemme uit die kerk.  Te veel mense het gewonder oor die geldigheid van die ondersoek; van “buddies’ wat mede-“buddies” ondersoek, ens.  En ons ken mos maar die ou gesegde: “waar daar ‘n rokie is, is daar mos maar ‘n ou vuurtjie wat broei“.

Saam met hierdie gevoel, kom ek toe af op Mike Smuts se uitstekende resensie van Julian Muller se boek, “Om te mag twyfel”.   Ek moet seker bely, ek het nie die boek gelees nie – ek wil ook nie rêrig nie, en danksy goeie resensie van Mike Smuts hoef ek ook nie.  Ek wil egter, sommer vir my eie verwysing, kortliks kommentaar lewer oor ‘n paar krapperige opmerkings in Julian Muller se boek, soos opgesom deur Mike Smuts.

  1. Hy skryf oor geloofsekerheid dat “die resep van die kerk gevolg” het, maar dat dit nie eintlikv irhom gewerk het nie.  En na sy ontnugtering met die begrip van geloodsekerheid, is hy nou uiteindelik bevry daarvan.  Dis nie ‘n “resep van die kerk” nie; dis die belofte van God in Sy Woord.  As Hy beloof dat “hierdie brief vir ons geskryf is sodat ons kan WEET” (1 Joh 5:13, om maar net 1 te noem), dan is dit kwalik ‘n kerk-reseppie! 
  2. Dis jammer dat hy sy volgende geloof-stasie boeregeloof of Afrikaner Nasionalisme noem want daar stem ek met hom saam.  Dit was nooit Bybelse geloof nie, maar ‘n sisteem wat deur die Nasionale Party gekaap is en met ‘n geestelike sous aan die volk opgedis is.  Ek weet nie wie het “Christelike-Nasionalsime” uitgedink nie, maar dis die grootste strooi wat iemand kon uitdink – daar bestsaan nie so iets nie!
  3. Derdens kla hy oor die “teenstand” wat hy gekry van die pers en ander klagtes wat teen hom ingebring is.  Kla!?  Wat verwag jy as jy nie meer kan glo in die opstanding van Jesus nie.  Moes die kerk gemeenskap en gelowiges stil sit en toekyk, of het hy gedink dat hulle sommer met hom moet saam stem!  So maklik sal dit egter nie wees nie… 
  4. Hy praat van die verhouding tussen geloof en verstand!  Moet geloof altyd verklaar kan word?  Is dit dan nog geloof?   Eintlik impliseer hy dat die wat nog glo, nie eintlik regtig dink oor die goeters nie. 
  5. Hy volg dan in ‘n volgende hoofstuk, weer met ‘n implikasie dat die wat nog tradisioneel glo, nie ‘n misterie oor God kan hê nie; net die wat al “verder gestap het op hierdie pad”.  “I beg to differ“.  Dis juis omdat ek nie alles verstandelik kan uitklaar nie (soos die maagdelike geboorte, of die opstanding), dat God se misterie vir my uitstaan!  En daaroor verwonder ek my!  As ek God volledig kan verklaar, is Hy te klein om my God te wees!
  6. Vervolgens verduidelik Muller sy postteïtiese geloof wat vir my darem baie na aan die panenteïsme lyk wat ons op universiteit geleer het (niks nuuts onder die son nie).  “God is in alles en alles is in God“.

In Mike Smuts se opmerkings sê hy dat fundamentaliste waarskynlik skerp sal  reageer.  Ek is nie ‘n fundamentalis nie; is goed onderleg in teks kritiek tydens my teologiese opleiding…..maar ek hang nie aan J Muller se lippe as hy só oor geloof praat nie.  Ek stem ook nie saam met Smuts dat ons inderdaad van teïsme ontslae moet raak nie – behalwe as ek teïsme verkeerd verstaan.

Ten slotte: Dit raak al meer gewild om die tradisionele geloofsgoedere oorboord te gooi onder die vaandel van: “ons is mos nou al mooi groot, ons is denkers, baie slimmer as enige geslag voor ons….ons kan mos nou nie sulke wolhaar-stories meer glo soos maagdelike geboortes, rooi see, opstandings, ens nie. ”  Dit getuig van uiterste hoogmoed; dat hierdie “denkers” baie verder en dieper dink as enige geslag voor ons; ingesluit die Berkouwers, Barths, Heyns, Jonkers, om maar ‘n paar te noem.  En ironies genoeg, gee hierdie nuwe denkers dikwels voor dat hulle so min weet dat hulle geen absolute waarhede meer wil verkondig nie.  En ook dit is eerder verskuilde hoogmoed, want

Laastens, en ek het dit al baie gesê, maar is geloof nie per se onbewysbaar nie?  M.a.w., as alles bewys kan word, verg dit mos nie geloof nie.  Geloof is juis om te glo in die onsienbare, onbewysbare.  Die grootheid en misterie van God lê juis daarin dat ek kan glo in dinge wat vir die menslike verstand op die “onmoontlike” lê. 

Ek dink nie dis ons werk om mense te oordeel nie, maar ek kies om nie so te glo soos Julian Muller glo nie.  Ek vind ongelooflike vreugde in my verhouding met God die Vader, Seun en Heilige Gees.  Deur verantwoordelike Bybel-interpretasie wat aan ons geleer is, tesame met gewoon verhoudings-ervaring met ‘n awesome God, het ek heeltemal genoeg antwoorde om te bly glo….en genoeg onbeantwoorde vrae om die misterie van God te geniet en te aanbid!

Vrede vir julle!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s