Die Woord van God

Ek lees vanoggend die Bybel op my Smart Phone (Slim Foon) terwyl ek nog snoesig in die bed lê, en net voor ek af sit, vang my oog iets op die onder-ent van die skerm.

Who are the other 16 in your life?”  Ek is van nature lekker nuuskierig en volg toe die link.  Dit blyk toe dat YouVersion, ‘n Bybel Application agtergekom het die hoeveelheid gebruikers en downloads op hulle sisteme vs die hoeveelheid Slim Fone wat al wêreldwyd verkoop is, is 1:17.  Dus, 1 uit elke 17 mense het die Bybel (YouVersion) op hulle foon.  Dis natuurlik wonderlik! – die Bybel “at your fingertips” (vingertippe is net nie dieselfde nie né). 

Wat die ouens by YouVersion toe vra is: wat van die ander 16?  Wat van ‘n inisiatief om die ander 16 wat JY ken, bekend te stel aan die Bybel op jou Slim Foon, Desktop, iPad of derglike “device’.  Sodoende kan meer mense die Bybel “at their fingertips” hê. 

Wel, die Bybel is en was nog altyd vir my belangrik omdat dit die verhaal is van God se pad met die mens; dis die verhaal waarin Jesus God as Vader aan ons kom bekend stel het.  Die Bybel is primêr die bron waardeur ons God leer ken (daar is ander maniere ook).  Hosea sê nie verniet: “My volk gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis” (4:6) nie.

So, as jy ‘n Slim Foon, Tablet, iPad, rekenaar of sommer net Internet toegang het, skep ‘n rekening by YouVersion en begin ‘n “Bible Reading Plan” – daar is sekerlik een vir elke smaak; 1 jaar Bybels, Chronologiese lees, die gewilde E100 plan, leer Liefde plan, Huwelik plan ens.  ‘n Bybel leesplan gee vir jou elke dag ‘n gedeelte om te lees, kan jou herinner, laat ruimte vir notas wat jy selfs met ander gebruikers kan deel.  Lekker manier om gereeld met die Here se Woord besig te wees en selfs daarvoor herinner te word. O, het ek gesê dat al 3 Afrikaanse vertalings beskikbaar is?…tesame met honderde ander, soos die ou Staten Vertalen, verskillende vergelykdende Engelse veralings, Sotho, Tswana, Swahili ens.

Wie weet, as ons meer weet, leef ons dalk meer bedagsaam, liefdevol, genadig, konsidirerend, geduldig en al daai mooi goed vir 2012.

Kom ek help sommer…
Jy kan die program hier download, of jou rekening hier skep (sign-up)
Vertel / deel dit met iemand via epos, twitter, facebook.

Groete vir oulaas 2011 (iemand sê die ander dag, hy is nog nie eers gewoond om 2011 te skryf nie, nou’s dit al 2012).

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s