SAners se Bestuursvermoë

Ek lees vanoggend kouevuur se blog “Die pad terug en die GP-blond“.  Dit het my sommer geïnspireer om ook my frustrasie te lug oor die flippen bestuursvermoëns van te veel SAners.

Ek bewonder kouevuur se geduld en moed om soveel moeite te doen om die boodskap (wat ons natuurlik nie eers seker is, het grond gevat nie) by die blonde bestuurder oor te bring.  Ek het op ‘n stadium ons plaaslike verkeersmanne se sel nrs op my sel gehad en het gereeld geskakel as ek so ‘n stupid bestuurder kry wat roekeloos is, ander se lewens in gevaar stel en gewoon ongeskik bestuur; met gemengde sukses. 

So rukkie gelede is daar weer so ‘n swart Dodge wat soos ‘n glibberige slang tussen die kleinste van gaatjies in oor-en-weer wikkel, dat ek omtrent myself wil oorgee aan “road rage“, iets wat ek eintlik glad nie aan ly nie.  Groot was my verbasing toe einste saam met my in ons parkeer garage inry.  Nie heeltemal onverwags nie, ry hy toe ook oor die “curb” van die “booms” se sement-staanplekke.  Net daar en dan besluit ek om uit te klim en te gaan kyk wie dit is.  Was dit omtrent vreemd om te sien dat dit die “nederigste” van al my kollegas was (nou twyfel ek oor die erns en opregtheid van sy “nederigheid”).  Glad nie opgesmuk, arrogant of selfs normaalweg ongeskik nie.  Maar vertel ek hom darem daar hoe onbedagsaam sy bestuurstyl is!  “Sorry bru, sorry”….net om hom ‘n paar dae later weer so te sien ry :-(.

Wat my laat wonder het:  wat/wie maak onbedagsame, roekelose bestuurders?  Die nuwe bestuurders leer dan K53 en moet ‘n 1001 dinge nagaan voor en tydens hul bestuur?  Goeters wat selfs aan die belaglike grens…. (as ek soveel keer my nek moet rondswaai voor ek wegtrek, veroorsaak ek sweerlik ‘n ketting botsing van astronomiese afmetings).  So, is dit hoe hulle geleer bestuur het, of lê dit in hulle persoonlikheid?

  1. Ek dink nie die rede is dat lisensies “gekoop” word nie, al weet ons dit is so.  Daar is eenvoudig te veel swak onbedagsame bestuurders daarvoor.
  2. Ek dink inderdaad daar is iets in ‘n mens se persoonlikheid.  Onbedagsaamheid teenoor ander, arrogansie teenoor ander, of selfs die lewe, dink eenvoudig dat sekere reëls stupid is en nie van toepassing is op “my” nie.  Ek ken iemand baie goed wat ook die linker skouer gebruik om verby te steek…..en daar is nogal tekens van bogenoemde by hom/haar.
  3. Iemand het op ‘n keer gesê hulle wonder of sommige SAners se swak bestuursvermoeë nie te doen het met die feit dat sommiges uit ‘n kultuur en omgewing gekom het waar daar bitter min karre was en die “paaie” meestal deur mense gebruik is.  Wonder?, maar as ek sien hoe rooi ligte eenvoudig nie rooi genoeg is vir meeste voetgangers wat ‘n kruising wil oorsteek nie, steek daar dalk tog iets daarin?

Ek wil ook nog ‘n stuiwer in ‘n ander armbeurs gooi…..die spoed waarmee sommige bestuurders ry, is verbysterend.  Geen wonder daar is soveel ongelukke nie.  Die “margin of error” teen 160 is eenvoudig net soveel kleiner as teen 120.  Maar om almal nou te “straf” en ons weer (wie kan 90 en toe weer 100 van die olie-sanksies tyd onthou) teen 100 te laat ry, gaan beslis nie dié bestuurders laat 100 ry nie!  Hulle gaan steeds 160 ry; dis net ons wat reëls actually volg, wat gefrustreerd 100 gaan ry, of ook oortreders gaan word (soos ek wat heel gemaklik met 120 is 🙂 ). 

Verder vermoed ek dat te veel bestuurders vinnig wil ry waar hulle nie vinnig moet / kan ry nie (reën, nou pad) en nie weet wat om te doen indien daar wel ‘n glips kom nie.  Ek onthou hoe my pa my ‘n stywe kop klap gegee het toe ek op ‘n dag, op ‘n nou pad met ‘n trok, met my linkerwiel op die stuk grond gegaan het en uit skrik, die trok teruggeruk het op die pad.  Dit kon sooo maklik ‘n ongeluk veroorsaak het.  Hy het altyd gesê: moenie pluk nie, kom net stadig maar ferm terug op die teer!  My seun het onlangs ‘n “defensive driver training” kursus gedoen en hoop om dit op te volg met die “advanced” kursus.  Miskien moet dit verpligtend word…

So, waar lê die antwoord vir onbedagsame, roekelose bestuurders?  En hoe gemaak om die padongelukke te verminder, want daar is darem net te veel veranderlikes (voetgangers, spoed, drank, ervaring, slaap ens) vir ‘n simplistiese oplossing, soos om die spoed te verminder?

&&&

5 responses to “SAners se Bestuursvermoë

  1. Hierdie foto van jou spreek boekdele. Ek het op ‘n stadium van my lewe lekker gejaag. Tot eendag toe ‘n gedagte sommer uit nêrens by my opgekom het – “Wat gaan jy doen as jy in ‘n gevaarlike posisie land op hierdie (220km/h) spoed? Jy het nie ‘n clue nie!” Dit was die laaste dag dat ek gejaag het. Want ek het besef ek het nie die nodige kennis en vernuf om teen ‘n hoë spoed die regte besluit en meegaande aksie uit te voer nie.
    Miskien moet jaagduiwels ‘community service’ doen en ongeluk slagoffers verpleeg, of in die ‘lykshuise’ gaan werk waar ongelukslagoffers mooigemaak moet word vir begrafnisse. Miskien moet hulle ook familie van ongelukslagoffers besoek en ‘n dag saam met hulle deurbring sodat hulle die smart kan beleef?
    Miskien as hulle kan ‘sien’ wat hulle aksies veroorsaak, sal hulle twee keer begin dink.

    Like

  2. Op die foto van die oranje Discovery 3 is die hopie metaal langsaan die Audi 4 wat blykbaar teen 160 km/h op ‘n nat pad op die N2 beheer verloor het en voor die Disco in gegly het. Nodeloos om te sê; die Audi bestuurder is opslag dood…….die Disco gesin van 4 was in die hospitaal met breuke.

    Like

  3. Ek dink daar moet verkeersreserviste wees, net soos polisie reserviste. Gewone mense wat elke dag padgebruikers is, maar wat die reg het om roekelose bestuurders af te trek en te beboet. Nou jaag almal en ry net stadiger en ordentlik as hulle ‘n verkeersmotor sien. Dan sal niemand weet of die ou agter of voor jou nie dalk ‘n reservis is nie. Mens kan ‘n kenteken kaartjie by jou dra om aan die ander bestuurder te toon dat jy “valid” is.

    Like

Lewer kommentaar