Wanneer is Jesus regtig gebore?

Daar is verskeie weergawes van wanneer Jesus nou regtig gebore is…..maar origens aanvaar meeste mense dat Jesus nie noodwendig 25 Desember gebore is nie.  Sommige (meesal Israel-waarheid aanhangers) meen egter dat 25 Desember nie heeltemaal so ‘n neutrale datum is nie, maar eintlik afkomstig is van ‘n heidense fees en daarom vier diegene nie kersfees saam met die res van die wêreld nie.

Ek gee toe, hoe die wêreld kersfees gekommersialiseer het; en hoe dit misbruik word om ‘n “valse” vrede voor te hou – jy weet, ‘n vrede om vredeswil en nie om Christus-wil nie – irriteer ook die wit rook uit my……maar dit “nullify” nie die feit dat kersfees ‘n “legitimate” fees is nie; ‘n fees om Jesus se geboorte te herdenk.  Want “lets face it“, as dit nie vir Jesus se koms was nie, was ons nog verlore en het ons eenvoudig net asem gehaal.  Want, die LEWE het gekom toe Jesus gekom het (1 Joh 1:2).

So, wanneer is Jesus gebore?  Daar is verskeie moontlikhede

  1. ‘n Regsgeleerde van Amerika het, na deeglike studie, bepaal dat Jesus ongeveer 17 Junie 2 vC gebore is en dat die skaapwagters uit die Ooste die ster gevolg het en dus 6 maande later by Josef en Maria uitgekom het om aan Hom persente te bring – daarom 25 Desember.  Sy berekenings is gebasseer op ‘n verskeidenheid van sterre-verskynsels wat gemaak het dat “die ster van Bethlehem” (moontlik Jupiter) stil gestaan het bokant Bethlehem.  Sien hier vir detail.
  2. ‘n Ander teorie is dat Jesus ongeveer in September of, op die laatste, iewers in Oktober 3 vC gebore is en dat die skaapwagters 15 maande later, op 25 Desember by Hom aangekom het aan om aan Hom geskenke te bring.  Hierdie teorie is gebasseer op 3 belangrike brokkies inligting:
    1: Volgens Josephus, ‘n Joodse historikus, was daar ‘n Joodse fees om die dood van Herodus te vier, ongeveer 24 Januarie 1 vC wat dus beteken dat die Ster van Bethlehem gedurende 2 en 3 vC geskyn het. 
    2: die Joodse fee van Hannukah is gevier op die 25ste dag van die maand Kislev, wat ooreenstem met ons 25 Desember.
    3: En volgens astronomiese gegewens, het die Bethlehem ster die laaste keer verskyn op 25 Desember 2 2vC.Al hierdie feite word ook bevestig met ander gegewens, soos die volkstelling, die vroeë kerk ens.

So waar kom die storie vandaan van die “heidense” fees.  Ek vermoed waarskynlik vna hierdie gegewens…

  1. Die Joodse gees van Hanukkah is die fees van die ligte en is gevier op 25 Desember (25 Kislav).  Tydens hierdie fees het kinders kerse aangesteek en liedjies gesing.  Joodse Christene wat Jesus as die Messias erken het, het Hom erken as die “lig van die wEreld” – korrek ook!. 
  2. Daar was ‘n Roomse fees van Saturnalia wat die geboorte van ‘n “nuwe son” gevier het rondom 25 Desember (met verwysing ook as die Songod).  Romeinse Christene het die dag “oorgeneem” en gevier as die koms van die “Son van geregtigheid”, na aanleiding van Mal 4:2.

So, “no problem” om Jesus se geboorte op 25 Desember te vier nie.  Al kan hoeveel heidense feeste hierna terug herlei word, neem dit nie weg dat ons dit vul met die herdenking van die grootste en wonderlikste geskenk wat God aan elkeen van ons kon gee nie – die Koms van Sy Seun, Jesus Christus.  Sy koms het die LEWE gebring!

Verwysings

  1. Why celebrate
  2. Star of Bethlehem
  3. How Christmas works
  4. When was Jesus born?
  5. Hierdie site is ‘n uitstekende verduideliking van die Joodse kalender, feeste, maande en jare.!  Moeite werd om te gaan lees.

7 responses to “Wanneer is Jesus regtig gebore?

  1. http://www.hebrew4christians.com/Articles/Christmas/christmas.html
    Net eergister het ‘n skaakspeler op sy blog [op die skaaksiste] ook hieroor geskryf. Die algemene reaksie is wat jy ook hier sê- soos op hierdie link ook. Ek dink die belangrikste is dat ons moet besef waarom hy gesterf het – dit is wat Hy eerder wil hê ons moet gedenk en onthou – dat Hy vir ons sondes gesterf het en dat ons daardeur ‘vry’ is. Die Katolieke het 25 Desember ‘gekaap’ vir die herdenking – wat eintlik die herdenking van die songod is. – sien die link. Ek het ja-are terug ‘n huisgenoot-artikel gelees [nou ja, ons almal ken ‘huisgenoot’ – dis soos om ‘readers digest’ te lees as jy ‘n dokter is [hehe] – dat Jesus in April gebore is, ek kan nie onthou wat hul feite was daar rondom nie.

    Like

  2. @nikita: stem saam, maak vir my nie regtig saak wanneer Hy regtig gebore is nie. Datums, “binnelandse sake” en geboorte registrasies was nie regtig groot toe nie🙂. Wat wel NB is, is dat Jesus God se “plan” is vir ons verlossing (Hand 4:12) en dat Hy gekom het, gehoorsaam God se plan kom uitvoer het tot in die diepste lyding, opgestaan en oorwin het….DIT het vir my die LEWE gebring! DIT herdenk ek met Kersfees!

    Wat wel “lekker” is, is dat die skepping en natuur- en sterreverskynsels dit bevestig!

    Like

    • Dis soos jy sê, ons kyk na die natuur en Sy wonderlike Skepping, en ons weet dat Hy dit daar gestel het. Ons het nie ander ‘bewyse’ nodig nie. Ek dink deurdat ons daarna elke dag kan kyk, kan ons nie anders as om elke dag Sy geboorte te herdenk nie – eerder – soos Toortsie sê dat Hy gekom het, maar dis nie DAT Hy gekom het nie, maar WAAROM Hy gekom het. Die ‘waarom’ is vir my belangriker en waarom Hy aan die kruis gesterf het as Sy geboorte – nie dat ek die geboorte as ‘niks’ afmaak nie. Dit kon nie anders gebeur het nie. Daarom moet ons eerder dink ‘waarom’ ons eintlik Kersfees ‘vier’, nie oor Sy geboorte nie, maar die ‘waarom’ daaragter.

      Like

  3. Dankie!! Nie WANNEER nie, maar DAT Hy gekom het!!
    Ek dink in elk geval dat, al kies ons ENIGE ander datum, daar een of ander heidense fees op daardie dag gehou sal wees. So, moet ons nou net omdat die heidene toevallig op ‘n sekere dag fees vier, daarom NIE fees vier nie? Nee wat! Ek vier heerlik fees saam met my familie oor die wonder wat Daardie Dag gebeur het.

    Like

  4. Feit is, Christus IS gebore!

    Daar is soms twis oor presies wanneer Christus gebore sou wees, maar wat maak dit saak, solank ons dit gedenk.
    Ons moet net nie die fout maak om ‘n Kers-fees daarvan te maak nie, maar wel ‘n Christus-fees!
    Die vervolging van Christene is reg oor die wêreld aan die toeneem. Op plekke mag die naam van Jesus Christus nie meer in die openbaar gebruik word nie. In talle grondwette is Sy naam weggelaat.
    Maar, ten minste word die geboorte en sterwe van Christus darem nog in meeste lande erken. Feit is, Hy is gebore!
    Die baba wat bykans 2 000 jaar gelede in ‘n stal in Bethlehem gebore is, was geen gewone baba nie. Hy was die onverganklike God! Wonderwerke was deel van sy lewensbestaan. Sy dood was die grootste wonder ooit.
    Sy geboorte het ‘n koning laat steier. Dit het die wyse manne inspireer om oor ‘n ver afstand te reis. Dit het ongewone verskynsels in die hemele veroorsaak, en die Skrif-geleerdes omgekrap.
    Hy het die nederiges geseën en groot blydskap aan hulle besorg. Hy het gedoen wat Hy gesê het: “Geen mens kan my lewe van my wegneem nie. Ek lê dit vryelik af.”
    En so was dit. Niemand kon Hom doodmaak nie en niemand het Hom doodgemaak nie. Hy het self sy lewe afgelê, soveel so dat toe die Hoofman oor ‘n Honderd dit sien gebeur, het hy hom boeglam geskrik en gesê:
    “Waarlik, dit is die Seun van God!”
    Die baba wat in die krip gebore is en op die kruis gesterf het, was beslis geen gewone man nie.
    Vir die medici is Hy die Groot Geneesheer.
    Vir die botaniër die Roos van Saron.
    Vir die astroloog, die Helder Morester.
    Vir die juwelier, die Pêrel met die Groot Prys.
    Vir die geoloog, die Rots van die Eeue.
    Vir die opvoedkundige, die Lig van verstandelike ontwikkeling.
    Vir die vistermanne, die Visser van Mense,
    Vir die seeman, die Kompas van die Lewe.
    Vir die Bakker, die Brood van die Lewe.
    Vir die dorstige, die Water van Lewe.
    Vir die eensame, die Getroue Vriend.
    Vir die wat gebroke van hart is, die Heler van die Gebroke Harte.

    Hy oorwin Sy vyande deur liefde. Hy was die voete van die man wat Hy weet gaan Hom verraai. Hy eet saam met die skelm belastinggaarder. Hy oornag by die skelm tollenaar. Hy vereer ‘n sondige vrou wat deur die gemeenskap verwerp is.
    Ken ons Hom? Hoekom volg ons dan nie in Sy voetspore nie? Hy het vir ons ‘n wenresep daargestel.
    Onthou: Mens wen nie die silwer nie, jy het die goud verloor!
    Hy is die Alpha en die Omega. Sy geboorte het hoop aan ‘n verlore wêreld gebring. Sy dood het Lewe gebring; Sy opstanding die bewys van die Ewige Lewe.
    Sy Wederkoms gaan reg en geregtigheid laat geskied en die onreg verdelg.
    Nee, Hy was, en is beslis geen gewone man nie. Hy is die Seun van die Lewende God! Ken jy hom? Dis Hy wat die gebroke harte heel:
    Want so sê die Hoë en Verhewene wat in Ewigheid woon – Heilig is Sy naam: Ek woon in die hoogte en in die heilige plek, maar Ek woon ook by die verbryselde en nederige van gees. – (waarom?) Om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes. – Jes. 57:15.
    Ja, hy wil ook jou gees laat herlewe!
    Hoekom dan met die silwer medalje tevrede wees as jy die goue een kan wen? — Sjibbolet

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s