Kerk nie meer missioner nie …?

Ek luister vanoggend na ‘n praatjie waar Prof J van Bruggen van Nederland praat oor sy siening dat die kerk gebuk gaan onder die virus van ‘n minderwaardigheidsgevoel.  Sy gevolgtrekking is verder dat die kerk ook eintlik nêrens die opdrag gekry het om missionêr te wees nie, nie as kerk/gemeente nie, maar christene wel.

In sy praatjie noem hy, en ek haal aan vanaf Jos Douma se bespreking van Van Bruggen se artikel in “Nader Bekeken“, wat oor dieselfde onderwerp handel:

“veel kerken en christenen hebben vandaag last van minderwaardigheidsgevoelens die de vreugde in het kerk zijn overschaduwen; dat is de schuld van de claim dat kerken missionair behoren te zijn; deze idee van missionair gemeente-zijn is een virus dat kerken ziek maakt.”

Van Bruggen, soos ek hom verstaan, is van opinie dat die kerk aan ‘n minderwaardigheidsgevoel ly omdat die kerk te hoë ideale aan homself stel.  En omdat ‘n kerk/gemeente dan nie aan al die ideale altyd voldoen nie, of dalk nie lus is om daaraan te voldoen nie, word die jaar sommer met ‘n moegheid begin en gaan dit selfs oor in ‘n skuldgevoel.

Vir van Bruggen is een van die redes hiervoor, die aanspraak of druk wat op ‘n gemeente geplaas word om mssionêr te wees.  Ek lei af dat hy min of meer dieselfde bedoel as wat ek al in ons kringe ook gehoor het.  Dikwels by kerk-sensus, hoor ‘n mens dat die kerk slegs gegroei het as gevolg van geboorte-groei….en dat dit dan natuurlik tekenend is van die probleem in die kerk.  Sommiges sal dan so vêr gaan as om te sê: as die kerk net groei a.g.v. geboortes, het die kerk geen reg om te bestaan nie.  Die implikasies is dan dat die kerk homself nie kerk kan noem as hul nie missionêr is nie.  As die kerk nie groei nie, of net groei in geboorte getalle, het die kerk geen bestaansreg meer nie.  Soos ek van Bruggen verstaan (ek kom agter ek lees Nederlands beter as luister🙂 ), is dit presies sy waarneming; vandaar die virus wat die kerk se vreugde steel.

Van Bruggen wys daarop dat daar nêrens in die NT of briewe van Paulus ‘n direkte opdrag tot missionêre gemeente-wees is nie.  Wel dat gelowiges opgebou, vertroos en versterk moet word, dat gelowiges moet opkom en staan vir die naam van die Here (Opb 3).  Na kerkplanting het die amp en taak van apostolaat grootliks geëindig.  Van Bruggen sê dat ‘n gemeente veel meer vir hom bestaansreg het indien hulle voorbidding doen vir die wêreld en die verlorenheid rondom hulle, en dat hul lewe sal getuig van hul wese en sal getuig van Jesus Christus.  Deur gebruik te maak van die metafoor van die lig in die wêreld, sê hy: Wanneer gelowiges “suinig is op die lig wat God in hulle aangesteek het”,  en bedag daarop sal wees dat hierdie lig uitgeblaas kan word deur al die boosheid rondom jou, dan kan God ook lig bring vir ander.  Ek haal weer van Bruggen aan, soos weergegee deur Jos Douma; aan die hand van die gemeente van Filadelfia in Opb 3:

“Het Nieuwe Testament staat vol brieven met persoonlijke opdrachten, maar niet “om de buren of de stad te bekeren. Er is wel een opdracht om zich niet te schamen voor het evangelie en om te allen tijde bereid te zijn tot verantwoording.”  … 

We lezen wel dat onze Heiland zich zal schamen wanneer wij ons voor Hem geschaamd hebben en niet durfden uit te komen voor zijn Naam. Het is aan ons als christenen om in de eenentwintigste eeuw vrijmoedig voor de dag te komen als burgers van een rijk dat in de hemelen is. Het is aan onze Here om dat al of niet te gebruiken (misschien zonder da wij het weten) bij zijn werk om anderen te trekken. ” 

Jos Douma is self nog onseker of hy daarmee ten volle saam stem (lees gerus sy 4 blogs hieroor).  Ek kan nogal “method” in van Bruggen se “madness” sien.  Natuurlik het ‘n christen die taak om te getuig en mense dissipels te maak (Mat 28), maar is dit nog altyd ‘n gemeente se roeping?  Is die gemeente se roeping dan nie eerder die opbou van gelowiges sodat hulle die missionêre taak kan voltooi nie (Eff 4).  Ek onthou hoe ek, vroeg in my bediening, altyd gesê het dat ek my roeping nie noodwendig op die sendingveld sien nie, maar in die gemeente…en dan het ek altyd Eff 4:12-16 aangehaal wat vir my presies die doel en bestaan van gemeente-wees weergegee het: om gelowiges toe te rus vir hulle dienswerk!  In die woorde van van Bruggen dan, nie die gemeente se missionêre taak nie, maar christene s’n. 

As jy selfs die OT wil nader trek…. God roep Israel as uitverkore volk om geen ander rede as dat hulle tot ‘n seën vir ander moet wees nie; dat die omringende volk in hulle leer en lewe, die enige en ware God sal ontdek.  Ek vind ook selfs nie in die OT dat God Israel ooit aangepor het om die omringende volke te “storm” met hul “godsdiens” nie; wel dat hulle moes die ware God se verbondsverhouding moes “voor lééf”!

Ek kan dink dat van Bruggen se siening beslis teenstaanders sal hê; dat dit sekerlik ook nie die laaste word daaroor is nie en goeie reaksie sal ontlont, want in ‘n sin maak hierdie artikel alle missionêre aktiwiteite van ‘n gemeente oorbodig!  Sommige lidmate sal jubel hieroor, ander sal dit die dood van die kerk noem.  

Soos een van ons profs altyd gesê het: “Its not your doing function, but your being function”  Dit lyk my, dit is ook van toepassing op kerk-wees: dis nie wat jy doen nie, dis wie jy IS.
Wat sê julle?

***

Verwysings:

  1. Jos Douma som sy gevoel oor die artikel van van Bruggen hier goed op.
  2. Blog aanhaling:  “Church’s “Great Commission,” sadly the “grave omission” in our agendas”
  3. Blog oor kerk
  4. Christelijk Informatie Platform
  5. Artikel in Reformatorisch Dagblad

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s