egte spiritualiteit

Jos Douma lewer kommentaar op sy nuutste blog, oor ‘n stelling wat James Kennedy sou gemaak het, naamlik dat hy (Kennedy) op soek is na ‘n kerk wat hom askese kan leer; terugtrekking in ‘n soort van ‘n kloosterdom.

Ek lei af dat Kennedy daarmee bedoel dat hy ‘n behoefte het om stil te word.  Om dit te bereik is sy voorstel dat kerke soos kloosters moet word om daardie ruimte aan lidamte te bied.  Jos Douma som dit so op:

“Het is eerder een soort noodkreet: ‘Kerk, help me om een duurzame spiritualiteit te beoefenen! Geef me praktische en uitvoerbare spirituele praktijken die ik in mijn dagelijkse leven kan toepassen om mijn leven elk moment te leven met de Heer.’ Misschien wordt het tijd dat kerken eerlijk onder ogen gaan zien dat het gebedsleven en het bijbellezen van velen is weggeërodeerd en dat er niet echt iets voor in de plaats is gekomen.”

Ek stem saam met Jos Douma, dat ek nie dink dít is die oplossing nie.  Onttrekking uit die wêreld is nie vir my die oplossing nie.  Ons is weliswaar in die wêreld, nie van nie…maar beslis in.  Hoe kan ons ons roeping uitleef as ons almal in ‘n klooster sit en ons geloof beleef.  Hoe kan ons die sout van die aarde wees, almal saam in ‘n klooster.  Hoe kan ons veranderend inwerk op die mense rondom ons in die werkplek, as ons nie daar ons geloof wil of kan uitleef nie.

Ek verstaan self as gelowige in die sekulêre werkplek beslis die behoefte – die behoefte aan egte “wêreld-spiritualiteit”, aan ondersteuning, aan stil word, aan tyd om regtig met die Here in gebed en Bybellees om te gaan….maar ek kan kwalik sien dat dit bereik word in onttrekking aan hierdie wêreld.  Miskien verstaan ek Kennedy verkeerd…  Wat ek beslis hoor!, is die gebrek aan kerke/gemeentes om lidmate behoorlik toe te rus vir lewe in die sekulêre wêreld.  Ek mis dit persoonlik; ‘n eg Bybelse teaching en ondersteuning aan lidmate oor die lewe in die werkplek.  Ondersteuning en begrip, pastoraat aan lidmate wat daagliks die versoeking, aanvalle, “swakheid van die vlees” in die werkplek moet verduur.  Onlangs is ‘n jong man wat uit ‘n goeie huis en opvoeding uit kom, vir 15 jr gevonnis vir diefstal…….het hy dalk ware versorging nodig gehad om die worstlings, versoekings van “scams” in die wêreld te kan teestaan?  Ek weet nie, maar ek hoor daardie behoefte van mense: egte pastoraat oor die lewe in die werkplek; riglyne vir egte spiritualiteit, van lewe Coram Deo….  Ter wille van regverdigheid; sê ek ook nie dat daar niks van is nie, maar ek dink daar is inderdaad ruimte vir groei.

Wonder ook maar net…

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s