Belhar Belydenis 2

Die Belhar belydenis sal vir die volgende paar maande baie relevant wees, veral soos wat gemeentes en lidmate daaroor sal wil weet, gesprekke daaroor gaan plaasvind en ander daaroor beswaar gaan maak.  Ek sien dat dit ook al meer relevant raak in ander Gereformeerde kerke oor die wêreld; die Nederlanders is met Belhar besig, die Amerikaners, die Kanadese.

Die 3 hoekstene van die Belhar Belydenis is eenheid, versoening en geregtigheid.  Ek dink nie dit is moeilik om die eis na eenheid in die Bybel terug te vind nie.  Paulus se gebruik van die liggaam is veral gemik, m.i., om die eenheid te beklemtoon.  Al is ons verskillend, vorm almal die een liggaam van Christus.  Ons verskille word nie opgehef nie, inteendeel, dis juis ind ie verskille waar die liggaam as één liggaam tot sy volle reg kom.  Eenheid is nie eendersheid nie.  En om dit alles te kroon, bid Jesus in Joh 17 dat die dissipels één sal wees….sodat die wêreld sal glo.  Daar’s dus ‘n baie duidelike band tussen eenheid en die geloofwaardigheid van die kerk se getuienis!

Versoening is ewe belangrik in die lig van die “bediening van versoening” wat aan die kerk toevertrou is.  Indien versoening plaasgevind het tussen God en die mens (vertikaal) is dit sekerlik net normaal dat versoening ook horisontaal moet plaasvind tussen mens en mens.  Dit is ook wat die Bybel verkondig – nou is dit nie meer ons vroeëre status (Jood, Griek, slaaf, vryman) wat die mede-verhoudinge bepaal nie, maar die nuwe status in Christus.  In Christus is daar ‘n nuwe mensheid, nuwe verbonde, nuwe verhoudings.  Daarom dat Paulus sê dat slaaf, of vry, Jood of Griek, ons het almal nou deel aan die nuwe volk van God, saamgebind in één liggaam.  Versoening is vir die kerk van wesenlike belang en is net so belangrik soos eenheid ten opsitgte van die geloofwaardigheid van die evangelie.

En laastens is geregtigheid ook belangrik vir die kerk!  Dieselfde geld as vir versoening – die geregtigheid wat bewerkstellig is tussen God en mens deur Jesus se werk (vertikaal), moet ook ‘n effek hê op horisontale verhoudings.  Dit is die kerk se taak om die konsekwensies van die evangelie t.o.v. reg en geregtigheid deur te voer.  Die hele Bybel is vol van God se “saak” ten opsigte van onreg.  Ook hier is die Belhar Belydenis getrou aan die Bybelse boodskap.  1 Joh 3:18 is duidelik dat dit ‘n konsekwensie vna die liefde is; dat dit die kerk se werk is, saam met dissipelmaking en die uitbreiding van die Koninkryk, om ook geregtigheid te laat seëvier.

Soos ek in my vorige blog ook aangewys het, dink ek dat meeste van die besware teen Belhar eerder oor die politieke agtergrond gerig is, as teen die belydenis as sodanig.  Hier is van die besware teen Belhar as belydenis:

  • John W Cooper is van mening dat daar ‘n te groot “las” op Belhar geplaas word omd it ‘n belydenis te noem.  Met ‘n belydenis sê die kerk: “Só verstaan ons die Bybel”.  Dit gaan dus oor die gereformeerde identiteit en hy is nie seker dat Belhar verhef moet word tot op daardie vlak nie.  Sou dit eerder wou sien as ‘n sterk verklaring deur die kerk, soos die Barmen verklaring tydens Nazi-Duitsland.
  • ‘n Verdere beswaar is dat dit nie nodig is om ‘n 4de belydenisskrif te aanvaar nie.  Die huidige drie (NGB, DL, HK) is voldoende.  Hierop stem ek saam met talle ander dat dit wel nodig is vir die gereformeerde kerke om hierdie belydenis te aanvaar; nie net oor die inhoud nie, maar ook oor die konteks.  Al drie die vorige belydenisse het in ‘n konteks ontstaan waarin die kerk (die Bybel) iets oor moes sê.  Die Bybel het iets te sê oor die konteks van die ou Suid-Afrika en daardie stem moet (moes) gehoor word.  Verder is dit vreemd dat Gereformeerde kerke wat sterk staan in die reformasie, en wat getuig dat reformasie nie ‘n eenmalige gebeurtenis is nie, na 400 jaar nog nie dit nodig gevind het om weer “iets te sê” waar die wesenlike van die evangelie aangetas word nie (soos die regverdiging van apartheid en die gedwonge skeiding van geloofsgenote).  Dit is eweneens, m.i., dat die kerk moet wys dat sy inderdaad reformerend op weg is, en hier is ‘n ideale geleentheid om te reformeer en ons identiteit te vestig.  Daarmee saam gesê, moet ‘n belydenis ook nie ligtelik opgeneem word nie, en die NGSK het destyds, deur die begeleidende brief, dit duidelik gestel dat dit nie ‘n ligtelike saak is nie, maar dat hulle wel onder die oortuiging gekom het dat die evangelie op die spel is!  En daaroor kan, moet ‘n kerk haar belydenis uitspreek!
  • Ander meen dat Belhar nie op dieselfde “standaard” is as ‘n belydenisskrif nie.  In hierdie verband word die lengte voorgehou, die taal, en die feit dat die evangelie (koms, sterwe en opstanding van Jesus) in sy kern nie in Belhar voorkom nie.  Hierteenoor sou ek wou antwoord dat lengte tog sekerlik nie bepalend kan wees of  ‘n belydenis “kwalifiseer” as ‘n belydenis nie.  Ek waardeer dit eintlik dat dit so kort is en meen dat, juis a.g.v. die kortheid van Belhar, dit baie meer bekend is as die elle-lange Dordtse Leerreëls wat dalk heelwat minder gelees word, dalk juis daaroor.  Ook die taal en die feit dat die evangelie nie in Belhar eksplisiet voorkom nie, kan sekerlik nie die status van ‘n belydenisskrif voorskryf nie.  En om die waarheid te sê, die evangelie kom definitief voor in Belhar – dalk nie so direk soos in HK nie, maar dis net so “die evangelie”, soos in HK.  Trouens, ‘n mens sou selfs kon sê dat die evangelie net so “verskans” is in DL as in Belhar.
  • Laastens word ook gesê dat Belhar te “ambiguous” is; soos byv. die ooreenkomste met bevrydingsteologie.  Ook hier sou ‘n mens kon sê dat, indien hierdie as kwalifikasie vir ‘n belydenisskrif sou moes dien, HK en DL kwalik hierdie toets geslaag het.  Die teksverwysings in HK laat dikwels veel te wense oor; nie net in die feit dat dit nie altyd goeie verwysing is nie, maar veral dat die teks verwysings uit konteks aangehaal is.  Ook DL is “ambiguous” en is die bron van talle gelowiges se beswaar oor hoe die wederkoms en uitverkiesing daarin verduidelik word.  Daar is in sinodesittings al melding gemaak van die moontlikheid om sekere artikels in die belydenisskrifte te herformuleer.  As dit so duidelik was, sou die behoefte sekerlik nie bestaan het nie.  Die gesag van ‘n belydenisskrif is tog nooit op dieselfde vlak as die Bybel self nie, maar afgeleide gesag en berus meer op die inhoud as op die spesifieke (en beslis kontekstuele) bewoording. 

Toegegee, Belhar is nie volmaak nie (kan ‘n mens ooit ‘n volmaakte geskrif opstel?); maar so is DL en HK ook nie!  Maar dis nie die punt nie…..dit gaan oor ‘n belydenis van ‘n kerk in ‘n tyd wat ‘n kettery wou aanspreek en die geloofwaardigheid van die evangelie wesenlik aangetas het!

Verwysings:

  1. Webwerf van Belydenis van Belhar
  2. Opsomming van Belhar
  3. Artikel deur Danie Mouton

***

4 responses to “Belhar Belydenis 2

  1. Beantwoord Belhar die’ volgende drie: En van Gad het hy gese: Geseend is Hy wat vir Gad ruimte maak; want daar was die deel van ‘n veldheer bewaar; Gad – daarvandaan waar die Herder, die Steen van Israel, is. Deut.33:20-21 & Gen.49:19 & 24. Spreuke:30:4 Jes.65:1. Weet ons waar ons die’ nasie kan vind, want sekerlik sal hierdie nasie of individie ons na God lei.

    Like

  2. Pingback: Belhar onbybels? Ds se argument dra nie water nie…. | ekke dink

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s