Kort opsomming van Belhar

‘n Afgetrede leraar van die VGK, Ds Chris Erasmus het hierdie opsomming van die Belydenis van Belhar opgestel.  Ek plaas, soos dit gepubliseer is op die Belydenis van Belhar se webwerf.

1.  DIE KERK IS GOD SE KERK.

  • Ons glo in die Drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees.
  • God roep self mense om deel te wees van sy kerk, Hy beskerm en versorg sy kerk van die begin van die wêreld af tot die einde toe.    

2.  GOD SE KERK IS EEN ( ALMAL WAT IN GOD GLO, HOORT SAAM)

  • Ons word almal deur dieselfde God gered in Christus Jesus, daarom is ons almal wat glo mekaar se broers en susters.
  • Ons glo dat God ons as Christene die opdrag gee om een te wees, om saam te staan, saam te werk en Hom saam te dien. Ons moet hierdie eenheid en samewerking onder gelowiges najaag en soek. Ons moet mekaar liefhê en liefde aan mekaar bewys.
  • Ons glo dat ʼn opregte geloof in Jesus Christus die enigste voorwaarde vir lidmaatskap van sy kerk is.
  • Daar mag nie geskeidenheid, haat, vyandskap of verdeeldheid onder gelowiges wees nie. Alle gelowiges behoort God en mekaar in een kerk te dien. Daarom glo ons dat dit verkeerd is dat gelowiges wat dieselfde glo, in aparte kerke is.

3.  GOD SE KERK IS ‘N VREDEMAKER ( ‘N VERSOENER )

  • Jesus Christus het die saak tussen God en mens kom regmaak. Die kerk moet aangaan om hierdie versoening tussen God en mens te verkondig.
  • Christus het gekom om die dinge wat onvrede tussen mense veroorsaak, (om dit wat maak dat ons as mense nie met mekaar in vrede kan saamleef nie) te oorwin. Christus oorwin dinge soos onversoendheid, haat, bitterheid en vyandskap. (Christus bring versoening).
  • God het die boodskap van versoening aan ons toevertrou. Daarom glo ons dat God ons, as Sy Kerk, roep om vredemakers tussen mense te wees.
  • Daarom moet ons die dinge wat mense van mekaar af weghou as sonde sien en dit beveg. Die kerk moet dinge wat skeiding bring teenstaan en versoening bewerk.
  • Daarom verwerp ons kerk die leer wat dit goed praat dat mense op grond van ras of kleur gedwing word om apart te leef en aparte kerke te wees.

4.  GOD SE KERK SOEK GEREGTIGHEID ( EN BRING HOOP VIR DIE WAT VERONTREG WORD )

  • God wil dat daar reg moet geskied en dat daar ware vrede onder mense moet kom.
  • Ons glo dat God nie tevrede is as mense onregverdig behandel word nie. God sien die saak van die verontregte raak en Hy staan by hulle.
  • God roep ons as kerk om Hom hierin te volg. Ons moet opkom vir die saak van mense wat arm is, wat ly, wat in nood verkeer en onregverdig behandel word.
  • Die kerk moet getuig en stry teen enige vorm van ongeregtigheid.

5.  GOD VERWAG GEHOORSAAMHEID VAN SY KERK.

  • Ons glo dat God van ons verwag om Hom in hierdie dinge te gehoorsaam, al sou menslike owerhede en wette daarteen wees en al sou dit meebring dat ons gestraf word en moet ly.

AAN DIE ENIGE GOD, VADER, SEUN EN HEILIGE GEES, KOM TOE EER
EN HEERLIKHEID TOT IN EWIGHEID.

Verwysings:

One response to “Kort opsomming van Belhar

  1. Pingback: Belhar onbybels? Ds se argument dra nie water nie…. | ekke dink

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s