Hoekom tweet dominees? Or anyone for that matter

Die pas afgelope Sinode sitting van die NG kerk, en die ongelooflike rol wat twitter gespeel het tydens dié sitting, het my weer laat wonder oor die rol van twitter in die kerk en vir dominees.  Die Sinode se voortuderende tweets oor besluite, oor gebeure tydens die sinode was ‘n wonderlike medium om ons gewone lidmate intyds ingelig te hou.   Dit kan ‘n soortgelyke rol speel in ‘n gemeente se kommunikasie strategie!

Nie almal is ewe opgewonde oor social media nie.  Dit is so dat ek ‘n tegnologie-freak is.  En meer nog, social media en social networking is vir my ‘n heerlike manier om op hoogte te bly van mense se doen en late.  Dikwels kan ‘n mens eintlik meer “in”-lees as wat die persoon self sê, veral as jy so bietjie ingelig is oor waar daardie persoon in sy/haar lewe is; of watter krisisse hulle dalk deurgaan.

Terwyl ek lees en soek oor my eie M-skripsie oor social media, kom ek af op Mirte Martinus se M-skripsie, Twitterende Dominees, en vind dit nogal insiggewend, veral die redes waarom dominees tweet.  Dit is wel vanuit ‘n Nederlandse konteks geskryf, maar ek reken dat dit heel maklik van toepassing sou wees op ons.

Mirte Martinus skryf dat, uit haar ondersoek blyk dit dat dominees (di) glo Twitter kan inderdaad ‘n positiewe bydrae lewer in die bediening.  Die vernaamste redes, volgens haar, is:

  1. Sigbaarheid – Dominees wat tweet gee sigbaarheid van hulself en die bediening en stel in ‘n sekere sin die gemeente bekend aan die werksaamhede; die “elke-dag-se-bedrywighede” van die dominee.  Dit maak die ds deursigtig en open ‘n skrefie op die private en openbare lewe van die ds.
  2. Deursigtigheid – die “spoed” van social media kommunikasie maak natuurlik sekere gebeure baie meer relevant; real-time.  Kyk net hoe vinnig lidmate geweet het van sinode besluite en selfs daaroor kon saam praat.  Martinus vertel hoe dominees tweets gebruik om lidmate te laat saam-praat oor sondag se preek.  Ek het veral een tweet ingerressant gevind: “Bezig met 1 Kor 1:18-31 voor Zondag: Christus als onze wijsheid. Wat maakt dat anders dan zoeken naar wijsheid of verlangen naar wonderen?” (p40)  Dink net die heerlike gesprek wat rondom hierdie tweet tussen leraar en gemeente kan ontwikkel!  Douma sê in die koerant, Twallelujah dat hy dikwels lidmate se tweets gebruik as ‘n gespreks-aanknopingspunt. 
  3. Sosiale kapitaal – Martinus wys daarop hoe respondente vertel hoe hulle kontakte uitbrei, selfs buite gemeenteverband en dat dit ‘n medium is om te netwerk met kollegas.  Sosiale kapitaal word uitgebrei deurdat dominees in kontak kom met gemeentelede sowel as met ander buite gemeenteverband, selfs buite geloofsverband.  Dit bied dus ‘n forum vir gesprek, al is dit soms sommer net “chat”.
  4. Uibreiding van kontak – soos met Facebook (FB), bied social media ‘n wonderlike geleentheid vir mense om nie net ou vriende te herontedek nie, maar om ook kontak uit te brei.  FB en Twitter maak dit eenvoudig makliker om kontak te maak met mense wat andersins nooit moontlik sou wees nie.  Nadat ek Rick Warren begin volg het, het daar ‘n verskeidenheid teoloë my begin volg; sommiges van wie ek al gehoor het en sommige totaal vreemd.  Martinus skryf dat twitter ‘n geleentheid bied vir dominees om selfs buite kerk- en geloofsverband kontakte op te bou; iets wat eintlik baie nuttig kan wees aangesien dit dominees die geleentheid bied om ‘n kykie te kry op die “wêreld” waarin hulle lidmate leef.  Martinus noem dit die “grensoverschrijdende karakter” (p45) van twitter.  Internet bied ‘n goeie geleentheid vir die gelowiges, ongelowiges, rand-kerlikes en al sulkes bymekaar en in gesprek met mekaar te bring.
  5. Dominee as mikro “celebrity”– Hierdie rede het ek leuk interressant gevind!  ‘n Twitterende dominee gaan uit die aard van die saak deur sy/haar gemeente gevolg word.  Dit bring noodgedwonge ‘n mate van “verantwoordelikheid” oor wat getweet word.  ‘n Dominee moet dus bedag daarop wees om byv. nie sekere konfidensialiteit te verklap nie; of om te krities oor die kerk of gemeente te wees nie; of ten minste nie op so ‘n manier dat dit tot nadeel sal strek van die wat jou tweets lees nie.  En natuurlik kan jy nie oor jou pastorale gesprekke tweet nie.  Ek lees byv. die ander dag ‘n ds se tweet waar hy ‘n kras woord gebruik het, en iemand, vermoedelik ‘n lidmaat, se reaksie daarop!  Dit kan nogal embarraserend word…  As jy anoniem wil tweet wat “jy wil“, skep dan liewer nog ‘n twitter rekening waar jy kan tweet wat jy wil, maar ‘n dominee sal deeglik bewus daarvan moet bly dat hy ‘n verantwoordelikheid het om so te tweet dat dit “die hoorders ten goede” sal wees.  Martinus wys egter daarop dat daar groot meningsverskil tussen dominees bestaan oor presies wat jy “mag” tweet.  Vir sommige is dit juis ‘n manier om vir die lidmate te wys “hoe menslik-kwesbaar” jy as ds is en hoe jy ook saam worstel met God in die wêreld.  Ander voel minder gemaklik om sulke persoonlike worstelings te deel om sodoende die “amp” en status te bewaar.  Ek het veral hierdie ds se opmerking geniet: “Ik kan niet alles zomaar zeggen, dat zou ik ook niet zomaar doen.  Ik sta soms heel kritisch in de kerk.  Dat is gewoon zo….Maar ik wil, ik moet me ook niet heel kritisch over de kerk uitlaten op Twitter. Dat lezen gemeenteleden ook,…Dus je moet ook een beetje loyaal zijn, naar de mensen, over de volle breedte van de gemeente.“(p50).

Twitter is nog nie so gewild in Suid-Afrika soos byv. FB nie.  In Nederland was daar ‘n dominee wat 95 gemeentes gesoek het om hom te help om elkeen 1 stelling van Luther op hervormingsondag te tweet.  Sodoende deel hulle aan ‘n nuwe manier van ‘n profetiese stem.  Martinus se skripsie het die aandag gevestig (ten minste vir my) hoe bedrywig Nederlandse predikante en gemeentes op Twitter is.  In Nederland is verskeie simposia al oor die onderwerp gehou en dominees is al meer oortuig dat die kerk op die Internet moet wees/kom.  Dit sou lekker wees as dit by ons ook so kon uitbrei.  Ds Jos Douma van die Fonteinkerk in Haarlem word aangehaal in die koerant artikel, Twallelujah: “Ik gebruik het internet echt als een verlenging van mijn predikantschap.  Mijn blogs en tweets richt ik vooral opmensen die zich al verbonden voelen met de kerk, maar nog op zoek zijn naar extra bezinning en inspiratie.”

Ek sou nogal wou sien dat twitter ook gebruik sou kon word tydens ‘n erediens.  Dit sou goedskiks gebruik kon word om gebedsversoeke te tweet wat in-tyds (real time) op ‘n skerm vertoon kan word.  Dit sou ook goed gebruik kon word tydens lofprysing, of selfs enkele opmerkings oor ‘n preek.  So kan social media gebruik word om ‘n preek nie te laat “eindig” wanneer die kerk uit is nie, maar ‘n voortdurende gesprek word en bly tussen lidmaat en dominee.

Natuurlik sou dit baie handig gebruik kon word om gemeente aktieiteite te adverteer.  Wanneer dit by kommunikasie kom, is “more better”; nie almal lees die “tradisionele” media nie; so hoe meer gebruik word, hoe meer lidmate sal bereik kan word.

Natuurlik sal nie almal ewe opgewonde oor twitterende dominees en gemeentes wees nie, en ja, daar is ook nadele daaraan verbonde, maar ek vind dit tog ‘n handige medium en platform om inligting te deel, gesprek te skep en sigbaarheid van die ds en die gemeente te bevorder.

***
Verwysings:
  1. Martinus, M. (2011). Twitterende Dominees.  M Skripsie
  2. Harmke Heuver  (@harmkeh).
  3. Eric van den Berg oor Harmke Heuver en die 95 stellings
  4. Irene de Pous van Trouw.nl
  5. Jos Douma, Twitter is voor mij een platform
  6. Social Missie
  7. Twitter
  8. Artikel in die Volkskrant deur Evelien Flink, Nederland – Thwallelujah :-)

3 responses to “Hoekom tweet dominees? Or anyone for that matter

  1. Eks nou geen wysgeleerde nie, net lief vir ons Pa🙂
    Wil jou sommer laar weet, Mirte Martinez is ‘n vriendin van my en dis vir haar amazing dat haar navorsing so ver soos Afrika invloed het! Syt sommer ‘n FB boodskap gemaak daarvan.🙂

    Like

    • nice! ons teologie is mos maar baie na aan die nederlanders – baie van ons doesente het daar geswot en baie van ons boeke was nederlandse teoloe.

      Ek het haar skripsie leuk🙂 gevind …

      stuur groete

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s