Rugby World Cup Woes…

Ek moet vandag baie dink……maar dog toe ek sal eers my verstand ‘n bietjie los kry met ‘n paar opmerkings wat in my kop rond dwaal oor die Rugby World Cup exit van die Springobkke.  Ek is mos, daarom dink ek…..of dink ek, daarom is ek :-)….of blog ek, daarom is ek….whatever!  Hoe het ons daai game verloor?

#RWC2011:  Is dit net ek of vat ek besonders lank om oor Sondag se verloor te kom (ek kan my net indink hoe die# Bokke self moet voel!).  Ek dink hoekom ek so sukkel om oor dit te kom, is….

  • ek het regtig gedink ons is omtrent die enigste span wat die AB’s weer kan laat choke (met Wallis ‘n sterk 2de plek).  Die Wallabie is glad nie “daar” vir my nie en verdien nie ‘n semi-finaal plek nie.  En Sondag se “game” het dit glashelder bewys.  Die “magicians” (Quade & Beale) het getas na die bal, mis gegooi, letterlik gescramble (waarop Fourie amper ‘n drie gaan druk het), die statistiek het dit gewys ens.  So, hoe het dit gebeur dat ons verloor het?
  • Natuurlik het ou Dice Lawrence ‘n groot hand daarin gehad, maar soos Garth Wright ook uitgewys het, na beide kant toe het hy ‘n patetiese game gehad.  Trouens, ek stem saam dat hy nooit weer enige rugby game behoort te blaas nie!  Maar behalwe vir Dicy, het die bokke nie hul kant gebring nie
  • Ek is ook nie seker dat die “pool draws” ‘n positiewe bydrae gelewer het nie.  In tennis, verbeel ek my word die name so geloot dat, as alles volgens plan verloop, nr 1 en nr 2 in die eindstryd meeding.  Dis mos waarna mense wil kyk.  Soos die loot tans uitgewerk het (ten spyte van Ierland se wen oor Australië), speel die 3 beste spanne mekaar uit voor die Finaal!  Wie ookal in die onderste loot in die finaal kom, kan maar solank hulle naam op die beker grafeer.  Ek dink nie enige van die Noordelike halfrond se spanne (huidiglik), is beter as die Springbokke of selfs die Wallabies nie….en een van hulle gaan in die finaal speel.  Hopelik saldit Wallis wees, want ek dink hulle is op die oomblik die naaste aan die 3 top spanne (All Blacks, Springbokke, Wallabies).
  • Ek het in 2009/2010 al daaroor gekla dat dit vir my as leek lyk asof die Springbokke nie van plan kan verander op die veld nie.  Nevermind op die veld, nie eens as game plan tydens voorbereiding nie.  Ons het ‘n goeie wen rekord gehad in 2009 en het die Drie-nasies gewen; het die All Blacks skoon oorhoops gehad.  In 2010 speel hulle ons van die veld af….hoekom?  Hulle het ons game plan gelees, planne gemaak met teen-aanval en siedaar.  En so kon ons vir 2 jaar nie daardie wen plan van 2009 verander nie.  Nie as volledige wedstryd plan nie, en nie in ‘n game wanneer ons besef dit werk nie.  En so kon ons ook nie Sondag in die kwarteind die wedstrydplan verander nie!  Stop die plan wat julle uitgedink het, en gee vir Morné om te skop.  Met die “replay” het ek omtrent 3 bykomende geleenthede gesien waar Morné diep gaan staan het vir ‘n skepskop, “ready and waiting“…..but no!, storm met die voorspelers net om die bal onregmatiglik af te staan aan Pocock!  Wie moes daai “call” gemaak het?  John Smith?  Victor Mattfield? Fourie du Preez? Divvy?  Ek weet nie, maar niemand het of kon nie!  Frans Steyn het Sondag in die Rapport so ligweg daarna verwys…..die bokke word nie toegelaat  om met “flair” te speel nie.
  • Spankeuses:  ek dink nie dit sou uiteindelik so groot  verskil gemaak het nie omdat ons nr 1 en nr 2 in elke posisie sooo naby aan mekaar is.  Maar, toe die span wat op die veld was, nie die plan kon laat werk nie, moes Divvy weereens plan verander het en ‘n paar radikale skuiwe gemaak het: ek sou toe Gio op vleuel gebring het (Habana sukkel al lankal), Hougaard op skrumskakel (Fourie het in my oE gesukkel), James Butch op senter (Jean ook nie meer wat hy was nie, Frans het dit vir ons gewys), en sodoende kyk waar kom ons….. En natuurlik Bismarck.  Ek sou ook vir Beast op die bank gesit het i.p.v. CJ.
  • Ons het die kuns verloor om drieë te druk – dis mos waaroor rugby eintlik gaan.  Ek het gedurende hierdie World Cup my swart kollegas tou wys gemaak oor die reëls en die game!  Hulle het dit nogal geniet, maar in die verduidelikings besef: dis lekker om punte met straf- en skepskoppe te kry, maar dit gaan uiteindelik oor drieë….en wanneer laas het ons drieë gedruk soos byv. die All Blacks (en Namibië tel nie).  Kyk maar na Habana se drieë droogte; vergelyk All Blacks se drieë vir vs Springbokke s’n.  Net in die geskiedenis van die Drie-nasies (15 jr) het AB’s 1933 punte vir teenoor SA se 1441 vir.  Bonus punte, wat gedeeltelik drieë wil bevorder:  AB’s 32, Springbokke 24.   Dis tragies!
So, ek dink die rede hoekom ons uit die RWC is, is “bad management“.  My stuiwer….  Maar ondersteun sal ons altyd!  Die Springbokke bly steeds ‘n awesome span!
Viva amabokko amabokko
Viva bafana bafana
Viva Suid-Afrika!
Amandla

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s