anc implode

Tim du Plessis skryf ‘n baie goeie kommentaar in die Beeld van 22/09/2011

Ek was deel van ‘n gesprek tussen ANC lede van ‘n “branch” en was verras om te hoor hoe hulle onder mekaar verskil in verskeie beleidsrigtings van die ANC; trouens nie net beleidsrigtings nie maar selfs in die manier hoe die “demokrasie” binne die ANC hanteer word.  Een van hulle noem dit selfs “selective democracy” aangesien hy van mening was dat die “branch” aangesê word om demokraties te kies tussen dié wat deur die “branch” voorgestoot word, en nie soseer van onder af as verteenwoordigers (representatives of the people) verkies word nie. 

Ek stem saam met Tim as hy skryf:

…Mantashe skram weg van die ware rede vir die inploffing omdat dit die pynlike waarheid behels dat die ANC die argitek is van sy eie ellende.

Grofste versuim: die huidige en vorige leiers se onvermoë/onwilligheid om die ANC te omvorm van ’n bevrydingsbeweging met ’n Koue Oorlogse ingesteldheid tot ’n moderne politieke party wat ’n komplekse land doeltreffend kan regeer.

Want in ’n moderne party is daar hoogstens “vleuels”; nie “faksies” (Mantashe se woord) wat in die nag konkel en knoei nie.

In ’n moderne party is verdienste en harde werk die roete na die boonste sporte. Nie velkleur, etnisiteit en baantjies vir boeties nie.

Bevrydingsbewegings is gemarineer in ’n kultuur van “die wêreld skuld my, want ek is of was verdruk”. En daarom mag ek die reëls breek en buig soos dit my pas…

Die ANC het die vermoë om ons land suksesvol te regeer; maar hulle sal inderdaad hulle huis in orde moet kry.  Die “struggle” is verby!!!!

One response to “anc implode

  1. Ek kan nie dink daar is ‘n pad uit vir hulle nie. Die probleem is dat die ‘common denominator’ nie ‘n politieke ideaal is nie, maar korrupsie. Dit is wat die AC saambind. Ek dink dit het so sleg geraak dat as iemand ontslaan moet word (Siceka se tronk vliegtuig, Nkabinde en Cele se bedrog, Manto steel van mense onder narkose, Travelgate, Malema, Zuma, Schaik etc, etc, etc) daar niemand oor is om die byl vas te hou nie. Almal is by iets korrups betrek, en ek dink hulle weet onder mekaar van van nog baie meer korrupsie.
    Ek dink die introspeksie van Gwede kom van ‘n besef dat die 2/3 meerderheid weg is vir altyd, maar ‘n intense besef dat hulle ‘n groot kans staan om die volgende verkiesing te verloor. As Malema gaan gaan 10% van die stem saam met hom na die PAC? toe. As hy bly is die ANC ‘n rassistiese swart nationalistiese party en sy pluralisme kwyt. Ons gaan dieselfde pad as ZANU en die MDC en die ANC moet kies of hy ‘n plattelandse ZANU of ‘n stedilke middelklas MDC wil wees. Hy kan nie altwee wees nie.
    Die kleurling stem in die Wes Kaap wat geskuif het gaan uitbrei na die Noord Kaap waar hulle dit ook gaan verloor. Gauteng is op ‘n mespunt. Die ANC gaan dan nog meer steun verloor as die duisende ‘Cadre Deployments’ ontslaan gaan word en vra vir ander werk. Hulle moet split tussen ‘n ‘MDC’ onder Mothlanthe en ‘n ‘Zanu’ onder ‘n nationalis. As hulle verloor gaan helfte tronk toe vir die wapenskandaal EN moet die ANC die honderde miljoene terugbetaal en dit sal hulle bankrot laat. ‘n Verlore verkiesing in enige provinsie is vir hulle ‘n ramp, maar die nationale verkiesing is die einde.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s