Alles werk ten goede mee….

 “Alles werk ten goede mee vir die wat Hy liefhet”…. Dis so ‘n oor-bekende, cliché dat ons soms nie die geweldige belofte daarin raak lees nie.

Romeine 8:28 is ‘n kragtige belofte van God; “all-inclusive, all-powerful, and always available“.  Hierdie belofte is van die kragtigste beloftes van God.  Hierdie belofte is só almagtig soos God self!  Dit is só liefdevol soos God se liefde in en deur Jesus Christus (Joh 3:16).  Die belofte doen wat God kan doen.  Hierdie belofte kan enige seer aanraak en herstel.  Dis nie gebasseer op positiewe denke nie; dis gegrondves in ‘n lewende God.  Dis nie iets om na te strewe nie, dis ‘n waarborg.  Dis ook nie wensdenkery nie, maar God se liefdevolle ingrype elke dag in jou lewe! Dis so belangrik vir God, dat Hy bereid is om berge te versit daarvoor. 

Kan hy?  Kan Hy hierdie onbeperkte belofte gestand doen?  Hy kan, maar glo jy dit?  Wat jy glo oor God en Sy almag, Sy liefde – dit is saamgevat in hierdie belofte.  Wat jy met hierdie belofte maak, hang af van wat jy glo.  M.a.w, glo jy dat God inderdaad berge kan versit as dit tot jou beswil is.  Glo jy dat God inderdaad jou voordeel en seën soek omdat Hy vir jou oneindig lief is.  As jy dit nie raaksien nie, word dan nou eers stil oor wat jy glo oor God, want hierdie belofte is gekoppel aan wat jy oor God glo.  Wat jy glo, gaan die realiteit van hierdie belofte in jou lewe bepaal.

Dink so daaroor; wat as jy weet dat alles ten goede sou meewerk, ongeag die probleem of seer waarvoor jy te staan kom?  Wat as dit regtig so is?  Wat as dit regtig werk?  Wat as dit regtig so is dat daar geen probleem, geen situasie is, geen mag of krag is wat nie deur hierdie belofte gedek word nie?  Wat as die Here jou nou ‘n vaste en sekere waarborg gee dat Hy inderdaad alles tot jou beswil sal laat uitwerk?  Wel, Hy het – Rom 8:28 staan in jou Bybel, behalwe as jou Bybel nie hierdie vers het nie.  So seker as wat hiedie woorde wel in jou Bybel tussen Rom 8:27 en 29 staan, so seker sal God alles ten goede vir jou laat uitwerk.  Hoekom?  Want Hy het jou lief!  So lief dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het tot ‘n volkome versoening vir jou sonde!  So lief dat Hy verder beloof dat geen krag, of engele, of bose gees of enigiets jou kan skei van die liefde van God nie – die liefde wat Hy vir jou het deur Jesus Christus!  Hierdie belofte is nie ‘n geykte uitdrukking nie.  Dis die ware Geesvervulde belofte van ‘n lewende Almagtige, Alomteenwoordige Skepper (en Herskepper) God.  Hy hou jou kop bo water?  Wat as hierdie belofte nou waar sou wees voor watter issue jy ook al voor staan?  Sou dit ‘n verskil in jou lewe, jou gedagtes, jou gevoel gemaak het? Glod dit dan en hou daaraan vas.

Wat is alles? ALLES!; klein probleempies, groot issues, ja selfs die dood van ‘n geliefde!  Daar is niks wat kan gebeur in hierdie lewe; niks wat voor jou gegooi kan word, waaroor God nie beskikkingsmag het nie.  Daar is niks wat buite Sy wil en beheer plaasvind nie.  Die duiwel is oorwin!  God word nie onkant gevang deur wie of wat ook al wat jou lewe probeer omver gooi nie!  Alles!  Alles werk ten goede mee….

Toegegee, ons sien dit nie noodwendig dadelik die “ten goede” raak nie; selfs nie eers noodwendig ‘n paar maande of ‘n paar jare later raak nie.  En jy mag dalk jare lank selfs verskil met God oor presies wat “is ten goede” volgens jou.  Maar dit neem geensins weg dat die Almagtige, Skeppergod actually presies weet wat is tot jou beswil en dit, met of sonder jou goedkeuring tot uitvoering bring!  En of jy dit glo of aanvaar of nie, dit bly ‘n ongelooflike belofte en troos….en uiteindelik ‘n geloofsbelydenis!   Ten goede beteken egter nie dat God gaan laat gebeur wat jy reken “ten goede” is nie; ten goede is nie ‘n towerstaffie, of iets waarmee jy God kan manipuleer nie.  Ten goede is ‘n geloofsbelydenis – dat ek God genoeg vertrou dat wat ookal hieruit sal voortvloei, tot my beswil sal wees!  Dis ‘n belofte om binne-in die seer, vas te hou aan ‘n Skeppergod wat in beheer is!

Vir die wat Hy liefhet: dis jy, jy wat nou hier lees.  Dis selfs vir dié wat self nog nie vir God erken of lief het nie.  Dis die ongelooflike van God, Hy roep, Hy soek ons op, Hy kan nie wag dat ons moet terugkeer na die Vaderhuis om saam fees te vier nie.  Soms dink ons dat ons so ver weggedryf het, dat ons onmoontlik nie in hierdie “groep” ingereken word nie.  Jy word!   God se liefde is onbeperkend.  God IS liefde!

In watter krisis jy nou staan, of sommer net ‘n hartseer het oor iets of iemand, dalk ‘n lewensbedreigende issue…. Glo God as Hy sê alles sal goed uitwerk!  Hou vas aan hierdie belofte!  Lees saam met hierdie belofte die res van Rom 8….:35-38 “Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.

2 responses to “Alles werk ten goede mee….

  1. Pingback: God se wil? « ekke dink

  2. Pingback: AS DIT MOEILIK WORD | DORINGKROON

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s