My M-skripsie Ervaring

Ek het pas my M-skripsie afgehandel.  Wel, kom ons sê eerder….dit is nou soo naby, ek ruik al die papier waarop die graad gedruk is….  !

Nou kan ek net sê, dit was die moeilikste ding wat ek nog in my lewe gedoen het.  Wag, dit was ook die slegste ervaring wat ek nog ooit gehad het.  Wat veronderstel was om ‘n lekker ervaring te wees, het weens onnodige dinge uitgedraai as ‘n nagmerrie.  Dis hoekom ek hierdie wenke skryf; hopelik kan dit ander help om nie ‘n nagmerrie te hê nie. 

Sal ek ‘n D-doen…. nee beslis nie; ten minste nie meer nie!  O ja, en dit was my 2de M so ek het actually gedink die keer sal dit “makliker” wees!?!  Baie beslis nie.  Terloops, wonder of die vorige een makliker gevoel het omdat dit in die vorige paradigma (of dan die oorgangs-paradigma) van modernisme-post-modernisme was en die tema ook meer my lyn was (geesteswetenskappe)?

Hoe dit ookal sy, kom ek los ‘n paar gedagtes vir wie ookal baat hierby kan vind…

  1. Maak seker dat jy ‘n “probleem” het.  Soos Hofstee sê, no problem, no dissertation (p85).  Sy punt is, navorsing gaan daaroor dat ons ‘n fenomeen in die wêreld rondom ons wil verklaar/regstel.  So, daar moet ‘n probleem wees waarop ons antwoorde wil soek; of ‘n teorie het hoe dit beter kan wees.  Jou probleem en navorsingsvraag is crucial.  Jy identifiseer ‘n probleem; neem ‘n standpunt in daaroor; en ondersoek. 
  2. Maak seker dat jou navorsingsvoorstel deeglik is.  Hoe deegliker, hoe makliker die actual skryf.  Jou navorsingsvoorstel kan ook ‘n groot deel van hfstk 1 wees…
  3. Kies jou supervisor DEEGLIK.  En as julle nie oor die weg kom nie, verander VROEG!  Moenie deur worstel nie; jy gaan meeste van die worstel werk doen!  Maak seker jou supervisor verstaan jou en jou navorsing.  Dis nie ‘n one-way verhouding nie!  Oorweeg selfs om ‘n kontrak op te stel (ok, nou nie so ernstig soos prokureurs nie), maar ‘n duidelike ooreenkoms waarby albei partye hulle verbind tot byv. ‘n timeframe, gereelde besoeke ens.  Sien ook die bronne hieronder.  Hofstee en Mouton wy ‘n hulle hfstk aan jy en jou supervisor!
  4. Kies jou tema / onderwerp DEEGLIK!  Moenie settle vir ‘n 2de of 3de keuse net omdat die supervisor of universiteit nie “gereed” is vir jou onderwerp nie!  Dis JOU skripsie, en as jy nie doen wat jy beslis wil doen nie, gaan die eerste opdraende jou spoed woes breek!
  5. Afstandsonderrig….?  Ek wil nie so ver gaan as om te sê dis ‘n mite nie, maar as jy vêr van die universiteit is, maak jou reg vir BAIE verlof en BAIE ry en BAIE bronne-frustrasie.  Jy moet jou supervisor gereeld sien!  Jy moet gereeld toegang tot die biblioteek kry. Ja, internet en e-resources is BAIE lekker, maar daar is die gevalle waar die bron of nie elektronies beskikbaar is nie, of dit ‘n boek is wat jy móét uitneem! 
  6. Ek wil amper sê: as dit moontlik is, skryf ‘n draft van jou “bevinding” hoofstuk, veral as dit kwalitatiewe studie is, eerste.  As jy weet wat jy in jou bevinding wil of nie wil bereik nie; ‘n duidelike prentjie daarvan het, skryf jy al jou ander hoofstukke na daardie goue eindpunt toe.  Ook jou bronne en literatuurstudie word dan gefokus op daardie punt waarheen jy die leser wil neem…..
  7. Metodologie….. Aan die een kant, probeer so veel as moontlik uitvind van die metodologieë, die metodes van ondersoek ens.  Maar aan die ander kant, moenie worry as jy nie aan die begin kop of stert verstaan van die metodologieë, kwalitatiewe vs kwantitatiewe, triangulation, case studies, paradigm differences, mixed methods ens nie.  Dit sal kom, maar dit sal beslis help as jy dit goed onder die knie kan hê voor jy begin….dis waar ‘n deeglike navorsingsvoorstel help!
  8. As jy hou van filosofeer, of probleem-oplossings voorstelle, oorweeg kwalitatiewe navorsing.  Kwalitatiewe navorsing behels baie persoonlike dinkwerk (en uit-dink werk) nadat jy die literatuurstudie induktief bestudeer het.  Dis challenging, maar bevredigend.  Kwantitatiewe navorsing bewys jy (of nie) deur getalle – vandaar kwantitatiewe (vraelyste, onderhoude ens).  Maar soos ons almal weet, met statistiek kan jy enigiets bewys.  Kyk nou maar net die misdaadstatistiek wat sekere vrae oor plaasmoorde nié gevra het nie, en dus nie ‘n deeglike beeld gee van die moord-syfers nie.  Dink goed hieroor na!
  9. Ek het in engels klas gegee, en werk in ‘n engelse omgewing, maar het dit steeds moeilik gevind om in Engels te skryf (miskien was ek maar net goed uit oefening uit met engelse lees- en dinkwerk…).  As jy tyd het, en/of iemand wat jou hiermee kan help teen ‘n billike prys, oorweeg dit selfs om in Afrikaans te skryf en dan te vertaal (jy kan dit self ook vertaal).  Persoonlik het ek net gevoel; as die “kraan oop is en die gedagtes vloei”, wil ek nie nog gebriek word deur die regte engelse woorde te soek nie.  Ek het inderdaad vinniger gevorder wat ek in Afr geskryf het en dan later vertaal het.  Just a thought…
  10. Moenie uitstel nie!  “Why state the obvious”?  Want dit gebeur!  Moenie dink daar’s nog baie tyd oor nie.  Onthou dat inhandigingsdatum beteken nie regtig dat jy nog kan skryf tot die dag voor die datum nie.  Daar is maklik ‘n maand tot 2 se admin wat BUITE jou beheer is, wat afgehandel moet word; soos supervisor se finale goedkeuring, redigering, eksterne eksaminator, tegniese versorging, bind ens.  Ek sou sover gaan om te sê: as die inhandigingsdatum 30 Nov is, mik vir 30 Sep.  Gee jou 2 maande vir die hierdie admin.  Op die meeste ‘n maand!
  11. Familie!  As jy getroud is en ook kinders, maak seker dat hulle ten volle agter jou staan en ondersteun.  En moet vir geen oomblik dink “dis nie so erg” nie…dis selfs erger as wat jy dink want hulle vergeet soms dat jy “in ‘n ander wêreld” is (in jou kop) en eis dan aandag waarvoor jy nie kans sien, lus het of tyd het nie.  Dan is daar ook nog die gebeurlikhede wat nie jy of jou gesin gevra het nie, wat jou aandag gaan verg (soos ‘n geyser wat breek/lek, of so iets….) wanneer jy op spoed is voor inhandiging.  Dis 2 of 3 jaar waarin jy geen huis-werkies wil/gaan doen nie, spykers gaan kap nie, swembad gaan regmaak nie ens.  Afhangende van jou persoonlikheid mag jy selfs jou aftyd alleen wil wees om net weg te wil kom van die studies….. 
  12. Jou werk:  As hulle jou ondersteun is dit wonderlik, maar onthou; die werk gee jou nie 2 jaar “sabbatical” nie.  Al gee hulle toestemming en ondersteuning (terloops, hulle vergeet dit ook sommer gou), moet die werk voortgaan – kwartaal verslae, management, admin, reporting … wat ook al jou verantwoordelikhede is, gaan voort en moet afgehandel word.   Dit beteken dus dat jy meeste van jou skryf werk by die huis gaan doen; saterdae?…….lees dus weer punt 11! 
  13. Maak seker dat jy weet HOEKOM jy dit doen!  As jy dit doen vir beter beroeps-geleentheid, bevrediging, bevordering – wonderlik.  As jy dit doen sommer net omdat jy verveeld geraak het….. dink weer!  Vra jou gesin eerder wat jy kan doen wat jou verveeldheid sal wegneem behalwe swot!  As jy dit doen vir erkenning …. bespreek dit ook duidelik met jou gesin.  As jy dit doen vir psigologiese redes – dink 2x weer.  Maak seker jy weet hoekom jy dit wil doen!  Dit (die rede) vorm deel van die motivering wanneer jy moeg (lees siek-en-sat) raak!  En as jy ADHD geneigd is, lees al bogenoemde punte weer want dit maak alles dubbel moeiliker!  ADHD sukkel om interne motivering te ontwikkel en te behou, sukkel met “future planning” ens.  Weet hoekom jy dit doen!
  14. Tools: As jy Bill Gates se woordverwerker gebruik…. jy kan NIE sonder die “Bibliography & Citing styles” werk nie.  Dit maak die proses van “recording your resources and citing” net duisend-maal makliker.  As jy ‘n bron lees; sleutel die verwysing in Word se resource management in en siedaar – dis op jou Bibliografie aan die einde. En as jy wil aanhaal – voeg die regte styl/manier sommer net daar in vanaf die menu “insert citation”.   Download die desktop weergawe van Mendeley (of ander soortgelyke tools).  Dit is ‘n wonderlike tool om ‘n “plaaslike klein biblioteek en bron verwysing” op te bou.  Ook uitstekende teks soek-funksie (baie beter as Windows s’n). 

    Word Styles

    Word Citation & Resources

  15. Significance…. As jy besig is met ‘n M, ontspan.  Jou navorsing gaan waarskynlik nie die hoofopskrifte haal van plaaslike nuusblaaie nie.  Nie dat jy nie alles moet insit en jou beste moet lewer nie; maar moenie onder die wanindruk verkeer dat jou navrosing ground-breaking world-changing is nie.  En ja, soms is die enkeles wel!  Die rede hoekom ek sê ontspan is sodat jy nie alles in die proses moet opgee nie; en uiteindelik net ‘n punt en ‘n graad kry.  Jy’t nog ‘n lewe ook, en waarskynlik familie en geliefdes ook!  Daar word duisende navorsings gedoen en net soveel boeke geskryf…enkeles van hulle “haal die voorblaaie”.  Maar dit beteken nie jou navorsing is ‘n “waste” nie.  Kry net die regte perspektief.

OK, ek klink dalk baie negatief!  Laat ek dit sê: ek het die kennis wat ek opgedoen het baie geniet en is seker daarvan dat dit my ook in my beroep gaan help (dit het ook al).  Eksterne dinge wat nie met navorsing of my studie in geheel te doen gehad het nie, het dit ondraaglik gemaak.  As jy dit kan uitskakel (dis deel van die dinge wat hierbo genoem is), kan dit ‘n opwindende reis wees.  En natuurlik, as daai pampier in jou hand is, is dit alles die moeite werd.  Uiteindelik gaan dit oor meer as die pampier…..dit gaan oor deurdruk en “succeed”!

Handige verwysings

  • Hofstee, E (2009)  Constructing a good dissertation.
  • Maree, K (ed) (2007) First steps in Research
  • Mouton, J (2009) How to succeed in your Master’s & Doctoral Studies

10 responses to “My M-skripsie Ervaring

  1. Om navorsingskonsepte in engels te lees is ‘n nagmerrie. Is daar enige verstaanbare afrikaanse handboeke? Dalk boeke veral vir Psigologie rigting? Ek doen my sielkunde honneurs nou, navorsingsmetodologie is vir my ‘n nagmerrie en die “engelse” handboek is grieks!!! Help asb?

    Like

  2. Hallo, ja dis ‘n nagmerrie, maar wat vir my gehelp het was om eers ‘n bietjie verder te gaan met die literatuur oorsig (elke artikel beskryf hulle metodologie, lees dit solank, dit laat die prentjie naderhand duideliker word), en toe daaroor te dink.

    Daar is ongelukkig nie veel boeke in Afrikaans nie – ek het jare gelede J Mouton se boek gesien, Basiese Begrippe: metodologie van die Geesteswetenskappe.

    Ek het eers baie later agtergekom die groot onderskeid is tussen kwalitatiewe en kwantitatiewe. Kwalitatiewe doen jy nie empiriese navorsing nie, m.a.w. daars geen vraelyste nie….jy ondersoek die literatuur en vanuit die literatuur, maak jy jou afleidings.

    Kwantitatiewe navorsing is dan empiriese navorsing – vraelyste. Jy kom tot jou bevinding om x aantal mense so se (kwantiteit). Die nuutste is dat indien jy kies vir kwantitatiewe navorsing, jy ‘n mengsel doen…m.a.w., kwantitatief met kwalitatief daarmee saam – dis wat hulle triangular noem.

    Ek het gekies vir kwalitatiewe vir beide my M’s.

    Hoop dit help so bietjie.

    Like

    • Sjoe, ja nou voel ek bietjie beter. Ekt navorsingsmetodologie as ‘n vak en ons moet die verskille ken tussen al die statistiese metodes, ek skryf vanmiddag. Hehehe:) Dink die toets kan nou maar kom! Wat my deurmekaar gemaak het is die verskille bv tussen n t-toets en meervoudige variasia analise en al daardie ander metodes. Het nou darem besef dat sekeres net gebruik kan word as dit wat nagevors word sekere kenmerke bevat. Byvoorbeeld t-toets is net bruikbaar waar 2 veranderlikes gebruik word en word gewoonlik gebruik om verskille aan te dui. Ek wil graag my meestersgraad doen, dan wil ek ‘n goeie afrikaanse navorsingsboek koop want om al hierdie dinge in engels te moes leer, was vir my bietjie rof:) Dis vir my baie interessant as iemand ‘n kwalitatiewe navorsings ontwerp verkies, meeste mense kies kwantitatief omdat hulle kultuur neig na bewyse van dinge wat as absolute waarheid beskou kan word. Waar kwalitatief mos ook meer subjektief van aard is. Ek het gedink om dalk n kwalitatiewe navorsingsontwerp vir my M te gebruik en dan op ‘n aspek wat ek interessant vind in my kwalitatiewe navorsing later in te ‘zoom’ en dit gebruik om ‘n opvolg kwantitatiewe navorsing stuk op te doen vir my D. Ek neem aan jy het teologie studeer?

      Like

  3. Jip, persoonlik hou ek ook meer van kwalitatiewe as kwantitatiewe – jy kan enigeiets “bewys” met statistiek. Ja, ek het ‘n M in Teologie en is tans besig met ‘n M in IT; uit hierdie oefening het ek ook geleer dat ek meer hou van geesteswetenskappe as van eksakte wetenskap (en dit sluit aan by kwalitatiewe…).

    Absolute waarhede!?! Dis my favorite topic, want van die 1980’s tot nou het ons wereld (en navorsings-wetenskap) van “absolute waarhede, absolute objektiwiteit” begin skuif na relatiewe waarhede en relatiewe objektiwiteit. Deesdae, en dis my probleem met kwantitatiewe navrosing, kan ‘n hipotese (m.i.) net waar wees hoe kleiner die kring getrek word waar dit getoets word, want in enige ander situasie mag dit dalk nie meer waar wees nie. Ons is eenvoudig nie mee rhomogene mense nie…. maar wag, nou praat ek te veel.

    Like

    • Wow dit is so waar. Dit laat my dink aan ‘n ander vak wat ek ook nou gaan skryf- ekosistemiese psigologie. Wat dit basies behels, is kubernetiese perspektief- die veronderstelling dat daar geen waarheid is nie, alles wat mens ervaar en dink is slegs ‘n weerspieeling van homself en sy eie verwysingsraamwerk (Kubernetika II). In die sielkunde beteken dit dat mense nie gediagnoseer mag word nie, want patologie bestaan ook nie meer nie. Daar is geen probleme in die wereld nie. ‘n Probleem is slegs ‘n probleem indien die klient na iets verwys as ‘n probleem en dan is dit ook n self geskepte verskynsel. Die mens skep sy eie wereld, daar is nie ‘n eksterne waarheid “daar buite” nie. Ek dink so n persepsie verminder moraliteit ook na zero. Die implikasies daarvan is baie groot- indien ‘n kindermolsteerder dan dink hy is maar net ‘lief’ vir kinders, dan is daar niks fout met sy gedrag nie want hy sien nie hoe sy gedrag ‘n probleem is nie. Ek kan verstaan hoe daar verskillende waarhede is (want elke mens het sy eie subjektiewe waarheid), maar vir Kubernetika II om te veronderstel daar is geen waarheid ‘daar buite’ nie is om dinge net te ver te vat. Ek dink byvoorbeeld: indien jy ‘n glas water op jou mors, word jy nat. Jy kan dit “droog” noem as jy wil, maar dit bly dieselfde ding. As mense nie ‘n gesamentlike gedeelde objektiewe wereld ook het komplementer tot hul subjektiewe werelde nie, sou geen taal en begrip van kommunikasie moontlik gewees het nie? Ek self sal nooit ‘n suiwer kubernistiese benadering volg in my praktyk eendag nie. Gelukkig is daar goed soos etiese riglyne, indien daar gedink kan word dat ‘n klient homself of ander skade kan aanrig, moet dit gerapporteer word.

      Like

  4. Ek sukkel my *** af om hierdie vervloekte m te voltooi – ek haat elke oomblik daarvan….. Sal dit nooit-ooit weer aanpak in my lewe nie. Al hierdie frustrasies, trane en afskeping van my man en seuns ……is dit glad nie die moeite werd nie…..nie vir ‘n ou stukkie papier nie. Wens ek het Minette se raad gelees voor ek die strooi aangepak het…….

    Like

    • Ekt my honns toe voltooi:) Was die moeite werd. Het toe ‘n onderskeiding verwerf vir die ekosistemies wat ek so verpes het! Haha. Ek het dit bietjie misinterpreteer, dit is eintlik ‘n baie nice vak gewees. En vir navorsingsmetodologie het ek 73% uitgeskryf. Ek begin 28 Jan met my meestersgraad in sielkunde, het toe iewers tog plek gekry in ‘n M-program. Ek dink al die bloed sweet en trane is alles die moeite werd! Mens moet net perspektief hou!!!

      Like

      • Hallo crazycow🙂 Wonder hoe dit gaan met die M in Sielkunde. Glo dit of nie, maar ek oorweeg my 3de M, ook in sielkunde. EIntlik worry ek nie oor die M nie, ek wil maar net mense help – en daarvoor moet ek ‘n M hê. Maar dié keer is ek gewapen🙂

        Sterkte met joune! Laat weet tog hoe dit grgaan het….

        Like

  5. Dankie vir hierdie – al kom ek meer as ‘n jaar later hierop af. Ek gaan my M hierdie jaar aanpak, en is so bang. Ek het nie n onderwerp ingedagte nie, net n veld. Ek sien (nog nie) ‘n probleem in nie, ek verstaan nie ander skripsies wat ek lees nie – die taalgebruik is soms so hoogdrawend- en nugter weet ek kan nie so skryf nie.
    So, ek dink ek is pretty much geskroef nog voor ek begin het. 🙂

    Like

    • Hi Jo ! Begin ook hierdi jaar met my M in Praktiese Teologie: Pastorale Sorg. Same ow! Maar ek is verseker jou jy is bnie geskroef.. Raak rustig weet verseker hier kom ‘n interesante jaar. Di Dia Lama se Di Skepper sal jou nie ‘n appeltjie stuur as jy nie die tande het daarvoor. _). Sterkte

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s